ʼn Wyksraadslid van die ANC is laat Maandagaand naby sy huis in Concordia doodgeskiet.
Victor Molosi (50) was die raadslid vir wyk agt, wat Concordia en Joodse Kamp in Knysna insluit.
Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat Molosi omstreeks 22:00 van ʼn beheerliggaamvergadering by Hoërskool Concordia gekom het toe die skieter hom genader het.
Molosi is verskeie kere geskiet.
Hy is in die kop gewond en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy met aankoms dood verklaar is.
Niemand is nog in verband met die skietery in hegtenis geneem nie.
’n Nadoodse ondersoek sal vandeesweek uitgevoer word.
Intussen het Dan Plato, LUR vir gemeenskapsveiligheid, Molosi se dood Dinsdag ten sterkste veroordeel.
“Ek veroordeel hierdie skietery in die sterkste moontlike terme.”
Plato het gesê die polisie se ondersoek sal die gerugte dat die moord polities gemotiveerd was moet bevestig of weerlê.
Plato het ook ’n beroep op die gemeenskap gedoen om enige inligting wat hulle oor die voorval mag hê aan die polisie oor te dra.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Wat help dit om iets ten sterkste te veroordeel?
Meneer die President waarheen is ONS oppad !!!!!!!
Alles is in CHAOS
Meneer JY sal moet ingryp !!!!! Gou asb ???
Mens skakel op TV al minder in op die Afrikaanse nuus, of dan liewer in na enige nuus. Dis maar vlak en die gebeure in plakkerskampe, betogings, staan opgevoedes nie eintlik aan nie. Ook die regering en CR … So ons kyk maar net die weervoorspelling.
Anargie, totale anargie. Verskil ons oor enigiets dan moet die een uitgewis word.
maar daar is dan net “gewone misdaad” in SA…