ANC-raadslid in sop oor sy glo partytjie hou

‘n Skermskoot uit die video.

Die ANC het opgetree teen een van sy raadslede in Limpopo nadat sy glo ʼn partytjie tydens die afsonderingstydperk gehou het.

ʼn Video doen die ronde wat wys hoe die raadslid van die Makhado-munisipaliteit in Louis Trichardt langs ʼn tafel vol drank dans terwyl haar vriende toekyk. Die partytjie is glo op 12 April gehou om die raadslid se verjaardag te vier.

Anderson Mudunungu, sekretaris van die ANC in die Vhembe-streek, het gesê die party het met skok en afgryse van die raadslid se beweerde optrede verneem. “Die politieke bestuurspan van die munisipaliteit het met die betrokke raadslid vergader en haar van hul besluit ingelig.”

Volgens Mudunungu is daar besluit dat die raadslid haarself onmiddellik moet onttrek aan die munisipaliteit se aktiwiteite totdat die saak in ʼn hof beslis is. “Daar sal ʼn maand se salaris van die raadslid weggevat word en die ANC sal intussen ʼn ander raadslid aanstel om in haar plek waar te neem.”

Die aangeleentheid sal ook na die etiekkomitee verwys word en die raadslid is versoek om ʼn openbare verskoning via die elektroniese- en gedrukte media sowel as op sosiale media uit te reik.

Die betrokke raadslid is ook ʼn lid van Brand South Africa se raad van trustees. Dié agentskap wat deur die regering befonds word en ten doel het om die land se beeld te bevorder, se trustees word deur die president aangewys vir ʼn termyn van drie jaar.

Brand South Africa het intussen in ʼn verklaring gesê hy sal sy eie interne ondersoek na die voorval doen. “Dit is belangrik om te noem dat die raad in solidariteit staan met pres. Cyril Ramaphosa se beroep vir die afdwing van die afsonderingstydperk se regulasies. Ons veroordeel enige aksies wat strydig is met die voorgeskrewe regulasies,” het Thandi Tobias, voorsitter van die raad van trustees, gesê.

Die DA in Limpopo het intussen strafregtelike klagte teen die raadslid aanhangig gemaak.

Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, het gesê die video wat glo wys hoe die raadslid partytjie hou, is ook aan die polisie oorhandig toe die klag aanhangig gemaak is.

“Niemand is bo die wet verhewe nie. Die regulasies vir die afsonderingstydperk het ten doel om lewens te red en moet ernstig opgeneem word.

“In ʼn tyd waarin duisende gewone burgers al in hegtenis geneem is weens oortreding van die regulasies, is dit die plig van openbare ampsdraers om ʼn voorbeeld te stel,” het Smalle gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ek sal daarvan hou om te sien hoe die “beeld van Suid Afrika” aan die buiteland oorgedra word. Hoop die wat partytjie bygewoon het word ook aangekla.

Leon ·

Deur dit te verberg kan sy later onskuldig bevind word en niks met haar gebeur nie.

Mike ·

As dit n blanke was , sou die Naam en gesig op alle media gewees het.

Michael ·

Dis net Suid Afrika né. Niks sal met hul gebeur nie want dis n anc raadslid . Die saak sou wel anders gewees het as dit iemand van die DA of VF Plus gewees het , dan sou anc behoorlik bok gespring het en getoyroy het sodat die skuldige moes skuldig bevind geword het. Ek glo die anc raadslid wat hul so verskuil sal heel waarskynlik n klap op die hand kry en gevra word of die party darm lekker was.

Ockert ·

Nee Michael, die berig begin met ‘Die anc het opgetree…’. Die ANC keur dit nie goed nie, het ‘met skok en afgryse verneem’, die persoon verloor reeds ‘n maand se salaris, hofsake, verhore en eise om verskonings volg, ens. Thandi Tobias sê ‘Ons veroordeel enige aksies wat strydig is met die voorgeskrewe regulasies. Die DA het strafregtelike klagte teen die persoon aanhangig gemaak.

Strandloper ·

Dit is duidelik n stupidity contest so eie aan die anc.

Burgermeester ·

As ‘interne ondersoek’ ‘n Olimpiese sport was, sou die ANC nie net ‘n goue medalje gewen het nie, maar ook ‘n wereldrekord. Alles word ‘ge-interne ondersoek’. Wat is daar om te ondersoek? Jy hoef nie Kojak te wees om te sien dat die raadslik die inperkingsregulasies oortree het nie, en moet dus soos die res van die bevolking, vervolg word volgens die wet. Ek het dit voorheen gese, en ek se dit weer: Daar is twee stelle reels; een stel vir die ANC raadslede, en een stel vir die res van die landsburgers.

Chris ·

Ek verstaan nie die media in die land nie. Waaroor die bohaai oor die vrou nou paartie hou. Is daar nie ander belangriker nuuswaardighede nie. Los die mense. Laat hulle party en kuier en fuif. Dit is hul reg en niemand sal dit ontneem nie. Sy het die drank en kos gekoop. Sy het hard daarvoor gewerk. Sy sal verantwoording vir haar dade moet doen. Bedaar daar is ander nuus waaroor daar nie berig word nie wat onder die mat ingevee word.

netekalleen ·

Nou weet ons waar gaan al.drank en sigarette heen wat onse polisiemag konfiskeer

johan ·

dis vakansie vir die ANC bestuur, hulle is gelaai met kos & drank.

johan ·

gesigte is “gemodoreer”…wys gesigte, is jul bang vir die waarheid..

Niklaas ·

Sy sal sekerlik nie haar pos verloor nie. Dalks net saggies berispe word. Maar sy moet mos help om voorbeeld te stel? Kastig.

Marthinus Johannes ·

Die vriende wat saam partytjie hou is tien teen een ook munisipale lede – – van hulle– moet saam aangekla en gestraf word. Hulle is juis diegene wat moet sorg dat die reels in hul munisipale gebied toegepas word. Boetes en tjoekie toe vir die ander maatjies soos enige ander lid van die publiek wat reels oortree. Vir die amptenare moet die straf erger wees.

Henk ·

Dit is tipes van hulle… maak één sondebok dat al die ander kan wegkom!

Erik ·

Ek moet ongelukkig ook sê, die DA raadslid wat oorkant my bly ry kort kort. Sy kar is amper die enigste in die straat wat seker 5 of 6 keer per dag verby my ry. En dis definitief nie vir werk nie… Dit maak mens nogal moedeloos, want hier sit ek in huiskluis en suffer, getroue ou burger, maar ander maak net soos hul wil.

antieke antie ·

ek het bure oorkant die pad waar dit ook gebeur….daar is geen inperking van besoekers nie familie kom kuier…kinders ry soos hulle wil ens.. en in die straat loop die uitlanders op en af

Fedup ·

I think my invitation got lost in the mail somewhere. Maybe she used the wrong pigeon. At least she enjoyed her bday. So now i can celebrate mine as well, as there is no rules to be followed, by the looks of things.

Boortor ·

En die volgende dag loop sy rond met n maskertjie en handskoentjies en vertel vir almal wat hulle nie moet doen nie want cele sal hulle toesluit. So gaan ons aan en aan. Sluit haar en haar ” comrades” toe!!!!!

Anel ·

Sy kan partytjie hou maar ander man word vermoor omdat hy drankie, alleen, in sy eie tuin drink!

antieke antie ·

was hy alleen… ek het gedog hy en vriende was saam

Scalla ·

Roep n spade n spade en al het dit ander naam dit sal n spade bly.

SomeOne ·

net ‘n maand se salaris, waarom nie geskors word met GEEN salaris en vat sommer haar GOUE handdruk ook weg

Christo ·

Die ANC lede lees nie Maroela Media nie – hulle weet tien teen eens nie eens van die kommentaar wat hier gelewer word nie

charmaine ·

En dit is net die wat dink hulle is verhewe bo die Wet, ek het nog geen sulke partytjies en plunder gesien wat wit mense doen nie so wys jou net die gehoorsame volkie sit maar tussen 4 mure soos opgevoede landsburgers en RESPEKTEER ons President.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.