ANC-raadslid kry lewenslank vir moord op man

Magdaleen Titus. (Foto: Facebook)

Die hooggeregshof in Oudtshoorn in die Wes-Kaap het Donderdag ʼn voormalige ANC-raadslid en ʼn gehuurde moordenaar elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Dit nadat sy haar man in haar teenwoordigeheid wreed laat vermoor het.

Magdaleen Titus en Justice Mooi moet nou lewenslank agter tralies sit vir die moord op Preston Titus in 2017. Sy en Preston het saam kinders gehad, maar Magdaleee het blykbaar ook ʼn geheime verhouding met haar drywer gehad. Dié het haar aan Mooi voorgestel.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NGV) het die hof gehoor dat Magdaleen die moord fyn beplan het en hom laat vermoor het terwyl die egpaar se dogter in ʼn ander kamer lê en slaap het.

Luidens ʼn verklaring deur die NGV het sy en haar kêrel, wat ook haar drywer was, in November 2017 ʼn kerkbyeenkoms in Port Elizabeth bygewoon. Hier het haar kêrel haar aan Mooi voorgestel. Sy het Mooi later tydens ʼn private gesprek gevra om haar man te vermoor.

Magdaleen het met Mooi afgespreek dat hy en sy medepligtige, net bekend as Vusi, haar man op 30 November sou vermoor. Die twee moordenaars is toe op dié dag na die Titusse se huis in Oudtshoorn, maar kon nie die plan deurvoer nie, aangesien twee vriende by Preston gekuier het. Magdaleen was ongelukkig met dié toedrag van sake en die twee het onderneem om dit die aand van 1 Desember te doen.

Op dié betrokke middag het die twee moordenaars saam met Magdaleen se drywer by hul huis opgedaag onder die voorwendsel dat hulle twee pastore is wat Magdaleen kom besoek het. Die moord het egter nie dié middag plaasgevind nie, aangesien Magdaleen eers vir haar dogter Amorey slaappille wou ingee. Sy het die moordenaars later laat weet dat die tyd reg is vir hulle om te kom. Sy het die deur vir hulle oopgemaak en ook ʼn sak met elektroniese toestelle en kontant vir hulle gegee om te vat, sodat dit na ʼn rooftog lyk.

Preston is verskeie kere met ʼn mes gesteek, met ʼn hamer aangerand en met pepersproei in die gesig gespuit. Magdaleen was by tydens die aanval, Amorey het geslaap en die egpaar se oudste dogter, Penelope, was by ʼn sosiale funksie.

Toe Penelope terugkom die aand het Magdaleen gemaak of sy die eerste keer op Preston se liggaam afkom en histeries gegil. Sy was histeries totdat die polisie daar aankom. In die volgende paar dae het sy, haar drywer en die moordenaars onverpoos gewerk om van al die bewyse ontslae te raak. Die vier is egter op 3 Desember in hegtenis geneem. Die ander twee is vrygespreek, maar Mooi en Magdaleen is in November 2019 aan moord skuldig bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SomeOne ·

en so geskied geregtigheid, of jy kry jou straf op aarde of, jy moet verantwoording doen aan Hom wat jou gemaak het

Michael ·

Lewenslank is hoe lank in SA se oorvol tronke met in ag geneem die politieke konektasies?

Vriendelike Frikkie ·

Daar is nie baie duidelikheid daaroor nie, maar as jy al die veranderlikes in ag neem kan dit so min soos ‘n paar maande wees. Goed soos ANC lidmaadskap, velkleur, politieke konneksies, hoeveelheid omkoopgeld beskikbaar ens. maak ‘n groot verskil aan die kosep van “lewenslank”.

Cherokee ·

Maroela Redaksie skryf hulle moet nou lewenslank agter tralies sit.

Pieter J ·

Iemand wat so koelbloedig moor behoort eintlik alle sogenaamde menseregte te verbeur.

Jaco ·

As sy swart was, was die vonnis ligter. Die swart-beheerde ANC gebruik net mense van ander rasse om ‘n skyn van nie-rassigheid te skep.
Ek weet van baie gevalle waar kleurlinge en Indiërs werk soek en dan moet hoor “sorry no job for you because you are not black enough”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.