ANC-raadslid vas oor gewapende roof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Wyksraadslid van die ANC van Middelburg in Mpumalanga sal volgende week saam met haar man in die hof verskyn op aanklag van aanranding en gewapende roof, het die City Press Sondag berig.

“Die egpaar word daarvan beskuldig dat hulle vroulike rylopers, op die snelweg tussen Middelburg en Springs in Gauteng, ʼn rygeleentheid aangebied het en hulle dan met vuurwapens gedreig en beroof het,” het kapt. Khanyisile Zwane, woordvoerder van die polisie, aan die koerant gesê. “Een van die klaagsters het haar ná die voorval in Middelburg gesien en uitgevind sy is ʼn raadslid. Sy het dadelik die polisie genader.”

Die egpaar is twee weke gelede in hegtenis geneem en sal Woensdag in die Springs-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.