ANC-raadslid vas oor moord op uitsmyter

(Argieffoto: SA Polisie)

Die ANC het sy skok te kenne gegee nadat ʼn raadslid van die Victor Khanye-munisipaliteit in Mpumalanga in verband met die dood van ʼn uitsmyter in hegtenis geneem is.

Die polisie het Moses Mofomme en drie ander mans Maandag in hegtenis geneem vir die moord op Knowledge Kushata (28), wat ʼn dag tevore tydens ʼn geveg by Khehla’s Place in Delmas vermoor is. Hulle het reeds in die landdroshof op die dorp verskyn en die saak is tot Maandag vir ʼn borgtogaansoek uitgestel.

Sello Matshoga, die ANC se streekwoordvoerder, sê omdat die raadslid reeds formeel aangekla is, is Mofomme geskors terwyl daar met tugstappe teen hom begin is.

“Die ANC glo in die regstelsel en die oppergesag van die reg en het vertroue in die strafregstelsel. Belangriker nog, die ANC doen ʼn beroep op al sy lede om met wetstoepassingsowerhede saam te werk. Hoewel die beginsel in ʼn demokratiese bestel geld dat jy onskuldig is tot jy skuldig bevind word, glo die ANC die aantygings is geweldig ernstig en moet dus met die nodige aandag hanteer word,” sê Matshoga.

Die ANC sê sy leiers in die beweging én die staatsdiens moet te alle tye onberispelik optree. Hulle het ook ʼn eed afgelê om te dien en die Grondwet te eerbiedig. Daarom moet die ANC sterk standpunt inneem, sou Mofomme skuldig bevind word.

Daily Sun berig die stryery by die kroeg het uitgebreek nadat die verdagtes glo vroeër gedreig het om die uitsmyters te steek en te skiet as hulle nie met hul eie bottels Hennessy, ʼn duur konjak, in die kuierplek toegelaat word nie.

Ná die stryery het Kushata glo in ʼn plas bloed gelê. Dit was glo sy eerste dag by die werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Kobus ·

Onthou julle nog daai bakkie advertensie waar die pa die seuntjie by die skool oplaai en die knapie terugvoer gee oor sy maatjies se gespoggery oor hulle pa’s se bakkies? Toe sy pa vra en wat het jy gese toe antwoord hy mos ‘net gesmile” Ek smile ook, hoekom?
“Die ANC glo in die regstelsel en die oppergesag van die reg en het vertroue in die strafregstelsel. Belangriker nog, die ANC doen ʼn beroep op al sy lede om met wetstoepassingsowerhede saam te werk.
Regtig ? Watter ANC praat hier? Smile ek maar weer

Richard ·

Dieselde ANC wat nog nie EEN mens suksesvol vervolg het vir staatskaping nie. Daar is nog niemand i die tronk nie.

Swerwer ·

Hoe kan die ANC konsuis met skok te kenne gee oor ʼn raadslid van die Victor Khanye-munisipaliteit .
Dit is dan die ANC se lewenswyse om te moor en rasse haat af te dwing en implemteer.
Die ANC sê sy leiers in die beweging én die staatsdiens moet te alle tye onberispelik optree, so wat van Zuma, Hoed en Kopdoek. Dit is maar 3 om op te noem.

Alfred E Neuman ·

Raadslede wat hulle eie bottels conjac by n klub inbring? Ondersoek ook sommer waar hierdie korruptes die geld vandaan kry vir sulke luukshede.

Johann ·

Opvallend hoe die ANC deesdae die hoë morele perdjie opsaal as dit kom by sy comrades se stand van algemene korrupte gedrag. Skielik moet die verkragters en moordenaara en diewe en vergrypers blootgstel en vervolg word?

Pierre ·

Die arme man ek hoop hy was opgeleid om as uitsmyter op te tree, dit is n baie gevaarlike beroep met aggresiewe dronk mense, jy moet streng maar respekvol bly om die tipe voorval te voorkom normaal weg beweeg die uitsmyters in groepe juis vir voorvalle soos die.

minnie muis ·

wannEer word dan die lifestyle oudit gedoen op munisipale werkers ?

Jubba ·

Raadslid gaan vervolging en tronk ontsnap weens mediese redes.

Shakespeare ·

Oorgrote Afrika mentaliteit. As iemand jou pla, maak hom/haar dood.

Jacobus Stephanus ·

En hy is ‘n raadslid, goeie hemel, bewaar ons van hierdie ANC regering ????????????????????????

Fanie ·

Dieselfde party wat ‘n geoordeelde kinderverkragter (pedofiel) back om burgemeester te word. Hulle maar net geskok omdat hulle raadslid gevang is. Duidelik pas nie een van hulle die beginsels toe soos wat hulle volgens die berig voorgee nie.
Die ANC sê sy leiers in die beweging én die staatsdiens moet te alle tye onberispelik optree. Wat se grap is hulle nie.

Winnie ·

Ek het sopas my kalender opgeskeur want hy lieg dit wys 1 April???!!

Christine ·

Swak kaliber mense wat die ANC in poste aanstel. Geen gewete of morele kode nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.