ANC-raadslid vas vir moord op partylid  

Argieffoto

Die ANC in KwaZulu-Natal het sy skok en hartseer uitgespreek nadat een van die party se raadslede in hegtenis geneem is in verband met die moord op partylid Musawenkosi “Qashana” Mchunu.

Maroela Media het vroeër berig Mchunu is in Mei doodgeskiet toe hy uit sy motor geklim het pas nadat hy by die huis stilgehou het. Mike Mabuyakhulu, sameroeper van die ANC se provinsiale taakspan in die provinsie, het Mchunu se dood as ʼn koelbloedige moord bestempel.

Nomagugu Simelane-Zulu, provinsiale woordvoerder van die ANC, het gesê die party glo in die wet en het vertroue in die strafregstelsel.

“Die ANC doen ʼn beroep op al sy lede om saam met wetstoepassingsagentskappe in dié saak te werk,” het Simelane-Zulu gesê.

Simelane-Zulu het verder gesê hoewel die beginsel van onskuldig totdat skuldig bewys word geld, die ANC dié aantygings in ʼn baie ernstige lig beskou veral in die lig van die politieke moorde in KwaZulu-Natal.

Simelane-Zulu het gesê die party ondersteun wetstoepassers en dat hulle hoopvol is dat die regstelsel sy werk onafhanklik en spoedig sal afhandel. “Deur dié saak vinnig af te handel sal dit die ANC in staat stel om sy interne dissiplinêre proses van stapel te stuur om sodoende ʼn sterk boodskap uit te stuur.”

“Die ANC se leiers het ʼn verantwoordelikheid om die toon aan te gee in die samelewing. Om een van ons raadslede te hê wat geïmpliseer word in ʼn moordsaak is nie net teleurstellend nie, maar noop die ANC ook om fermer te wees oor kwessies van dissipline en persoonlike gedrag van sy lede.”

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die raadslid en twee van sy lyfwagte onderskeidelik Vrydag en Saterdag in hegtenis geneem is en Maandag in die hof verskyn het.

Hulle moet op 20 September weer in die hof verskyn waar hul na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

falconetti ·

die anc moet ook deeglike keuring doen en alles opvolg. almal met kriminele rekords was nie toegesluitvir politieke oortredings nie!

Marie Visser ·

Bring die doodstraf terug – mense wat geregtigheid uitleef, word op strepe vermoor!

Se maar net ·

@Marie, het jy al gedink as doodstraf terug is, hoeveel onskuldige mense gaan dit kry?

jr ·

maar marie visser en mense soos sy dink nie. omdat ander skree vir die doodstraf skree sy saam en wanneer SA die eerste land word waar n blanke doodstraf opgelê word oon n sekere woord gaan marie & kie weer skree “hoekom was doe doodstraf teruggebring

jaco ·

ek sal dit nog verstaan, maar geensins goedkeur nie, as hulle lede van die DA of Inkata vermoor, maar waarom vermoor lede van die ANC dan lede van die ANC? Iets maak nie sin nie.

Judge Dredd ·

Daar het hulle nou die 3rde mag ontmasker – Dit is die ANC self.

marous ·

Skok en hartseer …rympie 1 . Vals en misleidend ….rympie 2 .

Johan ·

Kan nie verstaan nie ,daars niks op Tv Nuus. Maar laat dit nou n wit man was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.