ANC-raadslid vas vir verkragting

hof-hamer

Argieffoto.

Die raadslid van die ANC in Mpumalanga wat vroeër vandeesweek vasgetrek is vir die verkragting van ʼn tienermeisie meisie sal uit die party geskors word indien hy skuldig bevind word. Só het die ANC Saterdag in ʼn verklaring gesê.

Sello Matshoga, woordvoerder van die ANC in die Nkangala-gebied, het aan African News Agency gesê die raadslid het Vrydag in die Mdutjana-landdroshof in Siyabuswa voorgekom op aanklagte van verkragting. “Hy sal Dinsdag weer in dieselfde hof voorkom waar hy na verwagting sal aansoek doen vir borgtog,” het Matshoga gesê.

“As ons sien dat die staat ʼn sterk saak het, met bewyse vorendag kom en sy borgtogaansoek suksesvol teëstaan, sal ons hom aanraai om te bedank,” het Matshoga gesê.

Volgens Matshoga sal die ANC hom dan skors en aan ʼn interne dissiplinêre verhoor onderwerp. Indien hy skuldig bevind word, sal sy ANC-lidmaatskap ook opgehef word.

Die man was ʼn raadslid in Siyabuswa by die DR JS Moroka-munisipaliteit. Die beweerde verkragting het twee weke gelede plaasgevind. Matshoga het sy verbasing uitgespreek dat die ma van die slagoffer eers twee weke gewag het om die saak aan te meld.

“As sy uitgevind het haar kind is verkrag, hoekom wag sy vir twee weke om die saak aanhangig te maak,” het Matshoga gesê.

“Ons het as die ANC met die beskuldigde gepraat en hy het die verkragting ontken. Ons wil nie die saak vooruitloop nie en sal wag vir die howe en die polisie om hul werk te doen. Ek is nie seker hoe oud die meisie is nie, sy kan tussen 16 en 18 jaar wees,” het Matshoga gesê.

Big. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat ʼn man (44) in hegtenis geneem is vir die verkragting van ʼn 16-jarige.

“Hy sal in aanhouding bly tot hy weer Dinsdag vir sy borgtogaansoek verskyn,” het Hlathi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann ·

Gewoonlik word so persoon onmiddellik geskors tot sy verhoor uitslag, dan afgedank of herstel, afhangende die mens skuldig is aldan nie

Jan ·

Niemand reageer meer as die ANC iets verkeerd doen nie. Wat ‘n skande het die land geword. Sies.

Johann ·

Ek wou dit in die berig hier langsaan gesê het, maar dit is daar onvanpas, so ek sê dit hier, dit is om van te kots,

Vic ·

Wonder of die ANC vroueliga gaan sing en dans by die verhoor?

w ·

Reeds word vraag gevra hukom twee weke gewag voor saak aanhangig gemaak is. Hy wil wee verontskuldig word

charl ·

hy hy regtig skuldig is stel ek voor hulle fire hom en bly agter tralies vir teminste 20jaar .ons kan nie toelaat dat so iemand I twede kaans kry om weer iemand te verkrag nie .as hy dan in die tronk is dan moet hulle vir hom I BYBEL gee om te lees miskien sal hy uit die BYBEL leer van GOD en leer om ander mense lief en met respek te behandel .dan moet hulle vir almal in die tronk dit gee om te lees.ek glo in GOD .as jy ook in GOD glo en jy blaas jou laaste asem uit verlaat jou siel jou lughaam dan gaan jy reguit hemel toe na GOD .

Johanna Botha ·

Wat n groot skande …dis nou mense waarna mens moet opkyk n voorbeeld stel vir ander en moet omgee vir ander …vrot vrot vrot tot op die been …geen wonder SA het sulke groot probleme met sulke mense as voorbeeld

Sophia ·

Hy sal ook seker sê sy het ingestem daartoe en hy het agterna gaan stort…

Stertjie ·

SO VAS SOOS ZUMA WAS? Vandag VAS, more LOS. Neewat hierdie is net ‘n eye blind, daar sal niks van kom nie!

tipies ·

Hy gaan seker die nuwe president van die land word!!!grroooooot grap

tess ·

Ek is nie verbaas nie. Sulke gedrag word eintlik verwag van hulle af.

Theresa ·

Maak nie saak hoe oud sy is nie. Skors hom en sit sy gesig op ‘n plakkaat dat mense sien wie dit is. Hy mag hom nie in so ‘n posisie skuldig maak aan misbruike soos verkragting (‘n erge misdaad) nie. Sou sy jonk wees – nog erger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.