ANC reageer ná Zuma bedank; vra steun vir Ramaphosa

Pres. Jacob Zuma spreek die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) toe (9 November 2017). Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die ANC het Woensdagaand om middernag in sy reaksie op pres. Jacob Zuma se bedanking gesê hy wil steeds sy “uitstaande bydrae” en “lojaliteit” aan die regerende party prys ná die party die moeilike besluit moes neem om hom ʼn ultimatum te gee om óf te bedank óf herroep te word.

Zuma het Woensdagaand, 14 Februarie 2018, omstreeks 23:00 bedank tydens ʼn regstreekse uitsending uit die Uniegebou in Pretoria. Dit volg nadat die ANC gesê het ʼn mosie van wantroue sal Zuma Donderdag in die parlement in die gesig staar indien hy nié vrywillig bedank nie.

Hy het in sy toespraak gesê hy bly vir altyd baie verskuldig aan die ANC en dat ʼn leier nie “langer aan bewind moet bly as wat die mense bepaal hy moet dien nie”.

“Pres. Zuma bly ʼn gedissiplineerde lid van die ANC. Ter uitvoering van die besluit van die ANC se nasionale uitvoerende komitee om hom te herroep, het pres. Zuma sy verbintenis aan die party se beginsels, praktyke en karakter bevestig,” lui die verklaring van die ANC.

“Hoewel dit ʼn einde bring aan sy ampstermyn as president van Suid-Afrika, hoop en glo ons dat Zuma sal voortgaan om saam met die ANC te werk, terwyl die regerende party besig is met fundamentele organisatoriese vernuwing en ook alle Suid-Afrikaners wil verenig agter ʼn gedeelde visie van transformasie en ekonomiese herstel.”

Luidens die verklaring sal Zuma altyd in die party respek afdwing omdat hy onder meer “ʼn sleutelrol gespeel het in die vreedsame onderhandelinge van die  oorgang van apartheid na ʼn demokrasie” en een van die laaste ANC-hoës is wat na aan Oliver Tambo gewerk het – die langste leier van die regerende party (1967 – 1991).

“Hoewel ons as ʼn party Zuma se foute erken, laat hy tog sy nalatenskap agter in baie belangrike terreine van die party. Daarmee verwys ons onder meer na die konseptualisering en lewering van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NGD) en ʼn langtermynplan vir die land se algemene welvaart – ʼn eerste vir ons land. Pres. Zuma se passie vir landelike ontwikkeling het die totstandkoming van ʼn ministerie tot gevolg gehad om die ANC se planne van grond- en landbouhervorming verder te bevorder.

“Suid-Afrika se groot antiretroviraleprogram, wat die grootste en omvattendste in die wêreld bly, en die aanvanklike stappe om die Nasionale Gesondheidsversekering (NHI) uit te brei om ʼn billike gesondheidstelsel te skep, is gedurende sy ampstermyn onderneem. Hierdie pogings het beduidend bygedra tot ʼn toename in die lewensverwagting van Suid-Afrikaners,” lui die verklaring.

Die party het Zuma ook geloof vir sy “beduidende sukses in die onderwys” met die uitbreiding van toegang tot basiese en hoër onderwys vir die armste van die armes; “jaar-tot-jaar-styging van die matriekslaagsyfer” en die “progressiewe instelling van gratis hoër onderwys vir die armes en werkersklas”.

“Die ANC bedank pres. Zuma vir die afgelope nege jaar wat hy die land in hierdie hoedanigheid gedien het en veral vir die bydrae wat hy gemaak het tot die verbetering van die lewe van gewone Suid-Afrikaners. Hoewel ons Zuma se bedanking aanvaar, herhaal ons dat ons besluit om ʼn herroeping op te lê eers geneem is ná uitgebreide besprekings oor die uitwerking wat só ʼn herroeping op die land, die ANC en die funksionering van die regering sal hê.”

Volgens die ANC bied dié besluit van die party en Zuma se bedanking sekerheid in ʼn “tyd wat talle ekonomiese en maatskaplike uitdagings die land in die gesig staar” en daar “dringende en besliste reaksie nodig is”.

Die ANC het steun gevra vir adj.pres. Cyril Ramaphosa wanneer die regering sal vergader om ʼn nuwe president aan te wys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Fanie ·

Al waarvoor ons vir zuma dankie kan se is dat hy bedank het hy het die land baie skade aangedoen dit is al wat hy reg gekry het al wat hy vir toekoms verdien is die tronk waar hy aangehou word waar hy hoort

JO ·

Ek bied gratis vervoerkoste aan om sy tassies van Tuynhuis na Kgosi Mampuru te neem!!

Jacobus Kotze ·

Ons sal altyd vir Jacob Zuma dankbaar bly dat hy die ANC meer verswak het, as wat enige opposisie party kon doen. Weens sy toedoen blyk die ANC nie meer as onstuitbaar te wees.

Frikkie Geld en huis ·

Nou dat hy bedank het, praat sy party so goed van hom, dat mens eintlik wonder waarom hul hom nou eintlik gevra het om te bedank.

Lynette ·

Fanie, ek stem so saam met jou. Die dinge waarvoor hulle hom bedank is n pot strooi. Hy het niemand se lewe verbeter nie, net sy eie en sy familie en vriende sn. Na hierdie toespraak vertrou ek die ANC nog minder. Hulle kan net eenvoudig nie die waarheid erken nie. Die land is tot rommel vernietig onder hom maar hulle prys hom! Dankie vir niks!!!!!

ontevrede leser ·

hiep-hiep hoera , hiep-hiep hoera, wat van nog ‘n piep, ontslae van een appel, hoeveel gaan daar nog wees?

Piet Pille ·

zuma en frikkie de klerk sal bekend staan as die swakste presidente in SA se geskiedenis vir verskillende redes, een ‘n skurk die ander ‘n verraaier van sy nasie.

Hans ·

Hy het absoluut niks goeds bygedra tot die land nie. Al wat sy bydrae was is wettelooshied en wanorde en die grootse een van almal korupsie, hy het dit onder sy leiding vervolmaak. Ek is geensins jammer vir hom nie en voel hy moet nog steeds die volle gewig van die regreg te gemoet kom en boet vir als wat hy gedoen aan die land en sy burgers en so ook al sy trawante. Hy was en bly n korupte leier en die onder hom het net sy voorbeeld gevolg. Glad nie n goeie leier nie en het ook nog nooit daai einskappe getoon nie.
Die vraag is nou wat is die pad vorentoe? Gaan ons nou kan begin opbou wat hy als afgebreek het of gaan ons nou eers verder in die afgrond gedryf word. Kom ons wees maar eerlik met ons self dat ons almal het tog mar mekaar nodig in die land ongeag jou vel kleur of oortuigings. Nou is dit wag en sien.

Theresa ·

Maar as hy dan so dierbaar is vir die partylede – moet almal dan nie juis uit nie!? Hy was juis nie eerlik nie – so basta met al die heuning om die mond. Glad nie ‘n goeie leier gewees nie – aarde tog, dis pateties om te lees hoe hy so “waardeer” word vir al die swak besluite.
Net ietsie wat dalk reggestel moet word: Oliver Tambo – die langste leier … dit klink of hy minstens 2m in sy kouse gestaan het? :)

Hannelie ·

Wat se nalatenskap laat hy agter? Kyk na die land, hy het meer skade aangerig en sy party dink dis ‘n nalatenskap? Ek kan nie onthou dat hy iets goeds vir die land beteken nie. Ek is net bly hy het besluit om maar self te gaan.

Gesiggie ·

Dankie tog….. well done Zuma…. hoop dit is nou jou laaste glinster oomblik… al moeg vir die opskrifte… en foto’s Zuma dit en Zuma dat?? Vaarwel… laat dit goed gaan… Ek hoop dat daar nou n beter Toekoms vir ons Land sal wees…Kom ons doen die Zuma dans… vir oulaas”’

Frans C ·

Dit is duidelik dat Zuma ‘n verbitterde man is,wat glo die ANC het hom uitverkoop nadat hulle hom in een mosie van wantroue na die ander ondersteun het en toegejuig het, elke keer as die mosie nie slaaag nie.

Eintlik moet die hele ANC bedank en saam met hom die pad vat,want hulle het die man geskep en baie het saam met hom op die soustrein geklim, en tot die land se verval bygedra.

Klomp skeinheilige mense van wie ek niks goed verwag nie.

Eish ·

Hierdie lofprysings van die regerende meerderheid oor die staatskaper laat my soos altyd, met n wrang smaak in die mond oor politiek.
Ek kon nog nooit kleinkry hoe n predikant hom tot die nering kan neig nie, buiten miskien indien hy sy gemeente n klomp verdigsels bepreek het om te oefen.
Die politiek is erger as fopnuus wat minstens vermaak.

Arthur ·

Lyk my zuma doen alles soos ‘n dief in die nag. Parlement skommelings, goeie ministers se afdankings en dan sommer sy eie bedanking.

blabla ·

Te danke aan ZUMA is ek nou n miljoener…..ek was n multimiljoener!!!

DapperSkepper ·

Dis nou tyd dat die volgende kader bietjie skep uit die fonteintjie. Al die “spoils” kan nie net na een lid gaan nie. Ramaphosa jy moes vroeër opgetree het dan was die beursie nie jou so leeg nie.

Lucille ·

Moeg gepraat oor Zuma sal nou nuwe nuus moet soek soos ons minister van finansies gaan ons ou hande terug kry?

Josua Keys ·

Almal wys vinger na Zuma, hy het ‘n hele kabinet gehad wat onder hom gedien het en sy besluite goedgekeur en verdedig het so almal van hulle het saam hom die ondergang van die Suid Afrika beteken, Zuma het hulle almal aan die ………. beet, praat hulle dan praat hy en dit gaan die totale ondergang van die ANC verseker en dit wil hulle nie hê nie. Mense moet asb nie met oogklappe oor jul oë berigte lees nie, daar gaan slegs ‘n geringe verskil onder die nuwe regerende kabinet wees en hulle gaan voort ploeter soos altyd, as jy mense eerstens nie kan dissiplineer, behoorlik onderrig , waardes en respek vir mekaar kan leer nie sal hulle altyd plunter, brand, vermoor, demand ens en dit is die tipe kiesers wat die ANC en EFF nog altyd aan die gang gehou het en hulle weet dit. As Ramaphosa ‘n daadwerklike verskil in Suid Afrika wil maak moet hy No1 by die land se veiligheid begin soos die SANW, Lugmag, vloot, Unies en gesondheid sorg, tweedens onmiddellik die land se abreids wette herroep wetgewing aanpas en wegdoen met BEE en al die snert wat daaraan gekoppel is die speelveld gelyk maak vir almal sodat maatskappye ‘n waarborg van goeie vooruitgang kan hê en gekwalifiseerde aanstellings kan maak, dit als genome sal die ekonomie reeds 90% binne 2 jaar herstel en beleggers wat reeds in toue staan om in die land te belê sal dan instroom.

M A ·

“Beduidende sukses met onderwys”… liewe land!! Die slaagpunt wat elke jaar verbeter is omdat standaarde verslap is. Al wat die ANC reggekry het in die tyd wat hulle aan bewind was, is om meer nieblanke kinders op die skoolbanke te kry. Wat hulle daar maak en watter onderrig hulle werklik kry, sal ons liewers nie bespreek nie.

christa ·

Frikkie het hom seker vandag genooi vir koek en tee. Hulle het iets om te fier

christa ·

hulle is mos bekend om alles in die nag te doen. Alle kwaad is nog altyd in die nag gedoen wanneer hulle dink niemand sien hulle nie.

lizl ·

Nou ja …. vraag is nou gaan die paddas begin kook nou ? Dis mos wat Ramaphosa gese het `n paar jaar terug. Ons blankes gaan soos paddas lewendig gekook word, stadig die pot aansit en al hoe warmer maak, en voor ons weet wat aangaan gekook wees…

Max ·

Oom Frikkie se vanoggend op rsg dat hy die regte besluit in 1992 geneem het; anders, se hy, sou die bloed in ons strate gevloei het en SA se infrastruktuur sou ineengestort het. Amper 25 jaar later, oom Frik, en dis presies wat aangaan: die bloed vloei op ons plase en SA se infrastruktuur het ineengestort, om net ‘n paar dingetjies te noem.

Johan. H. ·

Is julle nie bietjie arogant nie? Na dese sal ek nooiet ooiet stem vir enige van hulle nie,,, Julle wat die land opgevoetter het,, skuld ons Big time,, En ek dink nie julle sal dit in n 100 jaar kan regmaak nie ons almal is eintlik armer as wat ons kon wees ons behoort julle almal te dagvaar, Van die skade wat ons gehad het van potholes tot beurtkrag net om 2 te noem,,, Arogansie, Ha Ha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.