ANC reageer oor misdaadstatistiek

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Die ANC het reageer op die jongste misdaadstatisitiek wat polisieminister Bheki Cele Dinsdag bekend gemaak het.

Die misdaadstatistieke wat minister Bheki Cele vandag in die parlement bekend gemaak het, skets ʼn kommerwekkende prentjie van ʼn toename in kontakmisdaad in ons land, het Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, in ʼn verklaring gesê.

“Alhoewel ons waardering het vir die SAPD se voortgesette pogings om misdaad te bekamp, is die toename in die moordkoers (6.9%) ʼn saak van ernstige kommer. Dit beteken ʼn skokkende getal van 57 persone wat daagliks vermoor word. Die verslag dui aan vuurwapens (41%) en messe (31%) word grootliks gebruik om moord te pleeg. Dit eis strenger regulasie van die aanskaffing van vuurwapens en ander gevaarlike instrumente. Ons moet ook ons stryd teen die besit van onwettige vuurwapens in ons land verskerp.”

Mthembu het gesê geslagsgebaseerde geweld is ook kommerwekkend aan die toeneem. “Die statistiek wys ʼn kommerwekkende toename van 8.2% in sake van seksuele aanranding en 0.5% in sake van verkragting. Ons moet dus alternatiewe polisiëringsmaatreëls instel wat betref sake van seksuele aanranding. Ons verwelkom die minister se voorneme om ʼn afsonderlike eenheid op die been te bring om dié sake te hanteer.”

Mthembu het benadruk provinsies met die hoogste bevolkings in die land, soos Gauteng, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap bly steeds die onveiligste. “Terwyl die bevolkingsgetalle in dié provinsie toeneem, daal die polisie-tot-bevolkingskoers. Ons verwelkom die minister se besluit om die opleiding van nuwe polisiebeamptes te verhoog om dié uitdaging aan te spreek.”

Mthembu het bygevoeg die party verwelkom die afname in misdade soos algemene roof (5%) en aanranding met die doel om ernstig te beseer (1.9%). Roof met verswarende omstandighede het met 1.8% gedaal.

“Misdaad wat bespeur is as gevolg van polisieoptrede het met 11.3% toegeneem. Ons loof die mans en vroue in blou vir hierdie positiewe vordering wat gemaak is.”

Mthembu het gesê die stryd teen misdaad eis optrede deur alle Suid-Afrikaners. “Die rol van gemeenskappe kan nie genoeg benadruk word nie, want daar word dikwels met gesteelde en gekaapte goedere handel gedryf in ons gemeenskappe. As gemeenskappe moet ons seker maak misdade word aangemeld en dat die nodige bystand gelewer word aan die SAPD sodat hulle hul werk kan doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

B ·

Die ‘afname’ van sekere misdade is heel moontlik die gevolg van die toename in meer ernstige misdade, want duidelik weerspieël die statistieke dat gewelddadigheid toeneem. (Maw die kurwe het aangeskuif.)

Mens kan eers sê daar is ‘n afname as die ernstige misdade ook afneem.

Pieter ·

Dit is nie die wettige wapens wat gebruik word om te moor nie, dit is wapens wat deur die anc ingesmokkel was.

Dereck Le Roux ·

Dit sal polities onkorrek wees as ‘n mens sou se dat misdaad buite beheer is, die polisie het geen werkbare operasionele misdaadbestrydings plan op nasionale vlak nie en dat die politieke wil om misdaad te bestry en te bekamp nie bestaan nie vanwaar die klem meer gele word op die krimineel se konstitisionele regte en die menseregte van die krimineel as die konstitusionele regte en die menseregte van die slagoffers.

Ondersteunet ·

Sterker beheer oor vuurwapen nonsens. Dis die onwettige wapens wat n problem skep.

Antiestabliesment ·

Geagte Mnr Cele

Kan jy vir ons uitwys hoeveel van daardie geweldsmisdade met vuurwapens, gepleeg was met wettige wapens?

Andre ·

Strenger regulering vir die aanskaffing van vuurwapens ? Hulle kan nie eens die huidige gemors rondom vuurwapenlisensies beheer nie. Die hoofrede vir aanskaffing van vuurwapens is om jou lewe en die van ander onder bedreiging te beskerm. Dit is duidelik dat die SAP dit nie kan doen nie dan wil die ANC regering dit nog verder onmoontlik maak vir n persoon om hom of haarself te beskerm. Dit terwyl die nalatenskap van die ANC, die AK 47 nog oral in die land misbruik word. Hulle blaf teen die verkeerde boom.

Stripes ·

Die een vermeld dat SA ‘n “oorlogzone” is en die ander sê nee, dit is nie so sleg nie, eintlik is dit baie goed. Hulle sal nooit erken hoeveel misdade gepleeg is deur eienaars met geregistreerde wapens en hoeveel met onwettige wapens nie. Die rede daarvoor is dat dit met onwettige wapens gedoen word. Dit kan egter nie bekend gemaak word nie want wat gaan hulle dan gebruik om van geregistreerde wapens ontslae te raak? Statistiek is nie betroubaar nie. Word al die onderskeie misdade aangemeld? Rapporteer al die SAPD stasis alle misdaad of word van die weerhou om die stasie/area/streek/provinsie beter te laat voorkom as die een langsaan. Satistiek kan gemanupileer word om te vertoon wat jy graag wil bewys. Ek, persoonlik, het geen geloof in SA se misdaad statistiek nie

marous ·

Mag nie meer stryk ysters of panne of kook olie of tou of kabel binders of bande of petrol of grawe of pikke of kleefband of bakstene of eetgerei , koop of verkoop of besit nie ….nael knippers is almal verplig om daagliks te dra en te gebruik .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.