ANC sal 50-50-rassekwotas in hof moet verdedig

Die minister van water en sanitasie, Lindiwe Sisulu (Argieffoto: GCIS)

Solidariteit sê hy sal nie skroom om die hof te nader, sou dit blyk dat Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, se planne vir ʼn 50/50-verhouding van swart en wit leerders neerslag vind in wetgewing nie.

Die organisasie is hewig gekant teen die voorgestelde 50-50-rassekwotas in skole. Maroela Media het vroeër berig dié voorstel sal ʼn besprekingspunt wees by die ANC se nasionale beleidskonferensie wat vandag by Nasrec afgeskop het.

Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van die Solidariteit Onderwysernetwerk, sê nou dit is bitterlik jammer dat die ANC se obsessie met ras en rasse-agenda sy pad nou selfs na skole toe vind.

“Niemand is meer obsessief met ras as die ANC nie, wat ironies is omdat die ANC meen hulle streef na ʼn nierassige samelewing.”

Solidariteit glo Sisulu, voorsitter van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) se subkomitee oor maatskaplike transformasie, se idee is in wese absurd omdat dit daarop toegespits is om een entiteit se agenda te bevorder. Dít terwyl die gehalte van onderwys geen werklike aandag geniet nie.

(Argieffoto: ANA)

“Verder is Suid-Afrika se onderwyskrisis juis ʼn simptoom van ʼn onbevoegde regering wat sy wankelrige agenda en problematiese besluite agter die sluier van transformasie probeer versteek.”

Botha sê voorts dit is kommerwekkend dat die regering probeer om Suid-Afrika se bevolking te beheer. “Dit is een ding om aan ʼn volwassene voor te skryf, maar dit is iets heeltemal anders as ʼn regering kinders as pionne probeer gebruik. Dit is totaal onaanvaarbaar.”

Solidariteit sê die land se onderwyskrisis lê nie by kwotagebaseerde skole en rasbehepte klaskamers nie. “Die verantwoordelikheid vir die krisis moet voor die deur gelê word van ʼn regering wat versuim om sy mandaat ingevolge die Suid-Afrikaanse Skolewet uit te voer.

“Hierdie regering probeer nie eens om te doen wat hy vir ons kinders behoort te doen nie, en om hierdie rasgebaseerde idee as synde die skuld van rassigheid te probeer smous en dan die probleem wat deur sy eie toedoen ontstaan het, te probeer regstel deur meer rassigheid en beheer in te stel is verregaande.

“Daar is nie plek vir sulke verregaande uitlatings in ons skole nie, en indien dit wel neerslag vind in wetgewing sal ons hof toe gaan om te verseker ons kinders se reg op gehalte-onderwys word gehandhaaf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Groen Ghoen ·

Laat ons vir hulle heeltemal uit die regeringsbanke uitroer, Rudi! Hierdie regering voeg geen waarde toe tot die vooruitgang van die samelewing nie. Al wat hulle doen is om onmin te saai en almal terug te sleep na die “Donker Afrika.”

Andrew ·

Nie genoeg wittes in elk geval vir daai reel nie. Volgende gaan die amerikaaners nog met die idee kom alle wit mense moet of eleenlopend bly(as hulle nie “identify” nie) of jy mag net kinders hê oor die kleur spektrum.

Groen-oog ·

Sys van toerisme …. sy moet konsentreer op toerisme en als wat dit behels maar nee sy kom hannahanna met skool dinge. Laat sy haar plan van 50 – 50 in toerisme toeppas

George ·

Begin by die government, maak dit 50/50, lead by example sisulu, begin sommer by jou department. Maar maak asb so 5% spasie vir ons bruines ook, al kom die totaal uit op 105% , jy kan dit maak werk.

Martin ·

Hierdie is uiteruid rasse gedrewe Sisulu strooi, pleks dat ons regering die aandag op hulself vestig en hul onvermoë om ‘n land te regeer.

louis ·

Wat is die goed so ras mal, hulle haat mos ons wittes nou waarom wil hulle hulself so opdring teen ons wittes

Dawie ·

As die skole se ras kwotas aangepas moet word, moet hulle die samestelling van die ANC se uitvoerende raad ook verteenwoordigend maak. Nie eers te praat van blank nie, maar ook die ander rasse in ons reënboog land

Kees ·

Net jammer dat dit ons eie belasting geld is wat gebruik sal word om die saak te probeer verdedig… Eintlik n absurditeit as jy my vra

Riaan ·

Wat het die minister van water en sanitasie met skole uit te waai in die eerste plek. Moet sy nie eerder van die hiasinte in die Hartbeespoort dam probeer ontslae raak nie

Marianna ·

En as daar nie 50% wittes in die skool is nie? En net 10%. Is dit dan oukei om 90% swart te wees?

gatgogga ·

Tien swart leerlinge vir elke wit leerling. So, wanneer alle wit leerlinge in skole opgeneem is, dan is 9 uit 10 swart leerlinge vrygeskeld van skoolverpligtinge. Sal hulle nie gelukkig wees nie! In stede van halfdag, kan hulle heeldag op straat wees.

louis ·

Help nie n persoon lewer die waarheid nie, die post word nie opgesit nie

SomeOne ·

as sy dan van water en sanitasie is, hoekom spits sy nie haar toe om water en sanitasie by swart skole beter te kry nie

Groen-oog ·

Jy gaan wen as jy jou 50 -50 persentasie in die regering begin en dan uitbrei na ander instansies toe. Try dit eers dan sal dit mos nou Regverdig wees. Of hoe?????

Frank John ·

Hulle soek iemand wat die betaalings te doen terwyl hul bak-hand staan om te ontvang want hul wil alles verniet hê. Het dit altyd verniet gekry en wil dit steeds verniet hê.

Elizabeth ·

ñ Vrou met ñ blik brein en geen visi of missie. Naas Lesufi is sy die volgende rassis wat niks op hul eie kan bereik. Kyk na jul onderwysstelsel, die onderwysers, toestand van jul skole. Geen kind kan selftrots kweek onder wat die ANC regering hulle bied nie. Inteendeel, hulle beledig die leerders met ñ 30% slaagsyfer omdat hulle self gefaal het in 26 jaar.

Jr ·

Julle moenie vergeet. HIERDIE SLIM WISKUNDE JUFFROU WAS IN ELKE PORTFOLIO WAT DAAR WAS NOU EN HET NIE EEN LAAT WERK NIE. GOOGLE DIT – NIE EEN, NADA NIKS NUL OF SOOS ONS SE – EFF ALL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.