ANC sal afgradering van ambassade in Israel bespreek

Vlag van Israel (Foto: PublicDomainPictures, Pixabay)

Die Israeli-Palestynse konflik sal na verwagting Woensdag in die soeklig kom wanneer die ANC die media sal inlig oor sy internasionale beleidsaanbevelings.

ʼn Afgradering, of moontlike sluiting van die Suid-Afrikaanse ambassade in Israel, wat in Julie voorgestel is, sal bespreek word as deel van die ANC se toekomstige internasionale beleid.

“Die perskonferensie [by Luthuli House] het ten doel om te reflekteer oor die prestasies en tekortkominge in die implementering van die resolusies van die 53ste nasionale konferensie, met sleutelbeleidsvoorstelle voor die 54ste nasionale konferensie,” lui ʼn verklaring deur die ANC.

Die ANC se 54ste nasionale konferensie is geskeduleer vir 16 – 20 Desember.

Groot politieke partye in Palestina, Hamas en die Fatah-geaffilieerde Palestinian Authority, poog om eenheid op grondvlak te implementeer in die Gasa-strook en die Israel-besette Wesbank, maar hulle het eenparig reageer oor die ANC se aanbeveling in Julie. “Hierdie konferensie is ook vir Palestyne belangrik. Dié aanbeveling is die logiese stap van die ANC se ondersteuning vir die boikot en sanksies teen Israel,” het Hamas in ʼn persverklaring gesê.

Hashem Dajani, Palestina se ambassadeur in Suid-Afrika, het ook in Oktober in ʼn artikel in die Daily Maverick sy steun gevoeg tot die voorstel. “Ek verwelkom die aanbeveling van die nasionale beleidskonferensie van die ANC om Suid-Afrika se verteenwoordiging in Israel af te gradeer, en ons sien uit na julle ondersteuning om dié besluit te aanvaar tydens die ANC se algemene konferensie in Desember 2017,” het Dajani geskryf. “Ons glo só stap sal druk plaas op Israel om sy onwettige geweldpleging van Palestynse menseregte te staak, insluitend uitbreiding van nedersettings, en sal ʼn positiewe atmosfeer skep om ʼn politieke proses te begin wat sal lei tot die einde van die Israeli besetting en om die onafhanklike staat van Palestina te vestig.”

Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, het op 29 November, ook in ʼn rubriek in die Daily Maverick, sy steun toegesê aan die afgradering van die ambassade.

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) het egter teenkanting gebied teen die sluiting of afgradering van die ambassade in Israel. “Suid-Afrika het die vermoë om ʼn sleutelrol te speel om Palestyne en Israeli’s na die onderhandelingstafel te bring, en om vrede te bring in ʼn streek wat dit kritiek nodig het,” het Wendy Kahn, nasionale direkteur van die SAJBD, gesê. “Deur die ambassade te sluit, sluit die moontlikheid uit om ʼn bydrae te lewer. Ons waardevolle geskiedenis van dialoog en onderhandelinge sal verlore gaan. Met die ANC se nabye verhouding met die Palestyne, kan ons ons suksesvolle transformasieverhaal deel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hansie slim ·

Kan jy glo, om so kortsigtig te wees om die jare lange verhouding met Israel af te sny!
Maar ons weet almal waar die ding vandaan kom!

Eish ·

Jip, ons weet. Ons weet ook dat van antieke tye af, Israel se grense is vooraf bepaal is.

Cherokee ·

Sanksies teen Israel… seker die Gasa-strook wat sanksies gaan toepas. Ek wens Israel sluit die Suid Afrikaanse ambassade. Verstommend dat die anc dink hulle is Afrika-leiers.

HPV ·

Die ANC se derde wêreld wil ‘n eerste wêreld land soos Israel afgradeer! Israel sal nie een slaapelose nag daaroor hê nie. Ek glo dit sal nie eers hul koerante of nuus haal nie.

Rasper ·

ANC julle weet nie wat jul doen nie. Die wat Israel verwerp, sal YHWH verwerp. S.A. ons is in vir n rit van ons lewe, omdat mense ignorant is oor die WOORD. Al wat ons kan doen is skuil by die Vader en bid.

nhk ·

Die besluit van di anc spreek van self. Ek sal my berus by die Vader se Woord.

Darius Els ·

Wonderlik ! As Jode loop dink net hoeveel werknemers hier sonder werk gaan sit! Jode het ons nie nodig nie,maar ons vir hulle,vir werkgeleenthede. SA gaan nog Zim se rekord breek met oor die afgrond val.

Wàt het voormalige Pres Sarkouzy van Frañkryk gese? Niks het of gaàn nog uit Afrika kom nie.

Ian ·

Yip. Trump gaan nou onmiddelik van besluit verander, want die magtige ANC wil hulle ambassade sluit. Praat van “illusions of grandeur…”

Johannes Meintjes ·

Sal Orania of die Volkstaat dan ‘n Konsul in Israel plaas?

Cor ·

Tipies die ANC en res van afrika kan nie eers hulle eie lande se probleme oplos nie, dan wil hulle vir Israel en die res van die weste voorskryf wat om te doen. Die ANC leiers kan nie eers hulle self lei nie wat staan nog vir Israel voorskryf.

jaco ·

die Palestinian Authority is nou seker nie die beste oplossing vir die probleme tussen Israel en die Palestyne nie, maar dis darem beter as niks. Dis maar iets soos die tuislande wat die ou wit regering van SA vir die swart volke geskep het. Die res van die wereld aanvaar dit ook in ‘n BAIE groot mate meer as wat hulle houding teenoor die tuislande in SA was. Die ANC, wat ten gunste is van ‘n Palestynse staat, behoort veel meer na iets soortgelyks vir wit mense van SA te kyk. skep n tuisland vir ons en dwing ons om almal daar te gaan bly. So onmiddelik het dit ‘n bevolking van 3 tot 4 miljoen; nie 1200 na 25 jaar soos in Orania nie.
En met ‘n mate van selfregering behoort dit heel goedd te werk. China, ‘n ander groot vriend van die ANC, doen dieselfde met Hong Kong en Macao en wil dit met Taiwan doen.
So, eks doodernstig, so n tuisland vir wit mense kan inderdaad werk. Dan is die wit mense wat gedurig vir alles wat verkeerd loop geblameer word, mos eenkant toe uitgeskuif,

bgj van der westhuizen ·

dink die anc dat Israel reg tig gepla is oor in afrika land wat uit mekaar val weens swak besuur en vir hulle wil se om te doen raak waker anc en zuma suid afrika is afhanklik van die buit land hulle nie van suid afrika onthou daar is jode reg oor die wereld wat die lewe nogal moelik kan maak onthou julle hou van geld leen en ja en altwee Israel en Palestine doen goed verkeerd hou op om net een kant te kyk

Ernst Marais ·

Die Suid Afrikaanse Joodse gemeenskap by monde van die SAJBD het die ANC in hul anti-apartheid stryd ondersteun.
Daar was ook baie Jode prominente leiers in die ANC en SACP
Daarenteen is die meeste Afrikaners Jode goedgesind omdat hulle God se Uitverkore Volk is

Ironies in die lig van wat nou gebeur

HPV ·

Ek weet van baie Afrikaanse Jode wat saam ons as dienspligtiges in ons weermag diens gedoen het. Goeie soldate, broers in oorlog vir altyd!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.