ANC sal Magashule se aansoek teenstaan

Ace Magashule (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Nasionale beamptes van die ANC het Maandag vergader en bevestig dat hulle Ace Magashule, die geskorste sekretaris-generaal, se aansoek om, onder andere, sy skorsing op te hef, sal teenstaan.

Die ANC het Ledwaba Mazwai Attorneys aangestel om die aansoek teen te staan, het Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, gesê.

Magashule het Vrydag ’n dringende hofaansoek ingedien om sy skorsing tersyde te stel.

Hy voer in sy hofstukke aan dat Reël 25.70 in die ANC se grondwet ongeldig, ongrondwetlik én onwettig is.

Maroela Media het vroeër berig dat diegene wat aangekla is van korrupsie of ander ernstige misdade, en wat nog nie opsy gestaan het nie, ingevolge dié reël geskors moet word.

Magashule staan tereg op verskeie aanklagte van korrupsie en bedrog en is vroeër tydelik geskors nadat hy nie binne 30 dae vrywillig teruggestaan het soos die reël voorskryf nie.

Magashule versoek voorts in hofstukke aan dat sy skorsing opgehef of tersyde gestel moet word en dat hy weer in sy pos aangestel word.

Daar word ook versoek dat alternatiewe, gepaste en regverdige remedies nagestreef moet word.

Magashule eis dan ook dat enige respondent, onder wie pres. Cyril Ramaphosa, Jesse Duarte (die ANC se waarnemende sekretaris-generaal) en die ANC, wat die aansoek teenstaan, die koste daarvan moet betaal. Magashule beweer dat die reël vir sy skorsing selektief toegepas is weens ’n begeerte om van hom ontslae te raak. “Die werklike motief agter my skorsing is die begeerte om my, op enige manier denkbaar, uit my amp as sekretaris-generaal te verwyder, om die weg vir pres. Cyril Ramaphosa en sy faksie in die volgende nasionale konferensie te baan.

“Ek wil byvoeg dat enige vrese dat ek met die demokratiese proses sal inmeng, misplaas is en onnodig paniek saai,” het Magashule bygevoeg.

Maroela Media het berig dat Magashule in sy reaksie op die skorsing ’n brief aan Ramaphosa gestuur het waarin hy op sy beurt die president skors. Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK), die party se hoogste besluitnemingsliggaam, het daarom besluit dat Magashule benewens sy skorsing nou ook aan die ANC-gemeenskap en Suid-Afrikaners om verskoning moet vra. Magashule het nog geen sprak gesprook oor dié verskoning nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jr ·

Ace hier is free legal advice. Play the ” colonial third force” card. Guaranteed to work, ha ha ha

Hennie ·

So nou is die ANC se reëls ONGRONDWETLIK… Laas maand het dit niks markeer nie… Ek ruik ‘n swartgallige rot!

Jack ·

Wat ‘n grap.Die mannetjie is so arrogant en dink hy kan alles voor hom wegvee en maak soos hy wil.Hy wil aan almal voorskryf.Ons sal hom nooit in sy oranje pakkie sien nie maar dit is waar hy hoort saam met die ander arrogante maatjie Zuma wat ook dink hy kan maak en breek soos hy wil.

annie ·

Die talle hofsittings en nà-uitstel-politiekeloopbaanbevorderingsvergaderings word vir ure gratis deur die SABCZ et al gebeeldsend. Net te-te lekker gebalanseerd en onbevooroordeeld. Kom almal, volgende Woensdag… sommer almal (net nie daai julle-weet-wie nie). Kos, wie praat van kos? Kom net, kom net. Read my lips, kom…

Di ·

Ons sal nooit ontslae raak van hierdie korrupte, arrogante ANC spul nie. Hulle is nes Robert Mugabe van Zimbabwe, klou vas aan hulle titels vir lewe en dood en al die voordele wat gepaard gaan daarmee, te hel met die res.

Hennie J ·

Wees rustig broers en susters. Die interne sweer het nou gebars en dier eet dier. Die grootste sports kom nog wanneer die blygemaakte regspanne mekaar takel in n hof onder regter Hlope of een van sy chronies soos Kollapen. Kom ons neem weddenskappe hoe lank dit sal duur voordat die raskaart gespeel word! Gekkespul van brood wat koek geword het.

JM ·

Kan agterkom wie almal Ace se lof besing en agter hom aan tou: die nodige breinselle om tussen reg en verkeerd te onderskei, ontbreek geheel en al. Ons het ‘n land geword van dansende, gillende, verwoestende en leëkop lawaaimakers. Verkeerd het reg geword en reg verkeerd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.