ANC sal maklik wen, sê Ramaphosa

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Saterdag gesê die ANC sal volgende jaar die plaaslike regeringsverkiesing loshande wen.

“Geen organisasie het sulke diep wortels in die samelewing soos die ANC nie,” het hy aan ANC-lede in Brits, Noordwes gesê. “Ons wortels is diep gesetel in die harte van ons mense. Ons het vandag [Saterdag] van deur tot deur gegaan en na ons mense geluister… Ons mense is baie bly oor die vordering wat ons tot dusver gemaak het. Hul grootste kommer is paaie, sanitasie en veiligheid.”

Ramaphosa het ʼn deur-tot-deur-veldtog van stapel gestuur om persone aan te moedig om die ANC se 104de herdenkingsvieringe op 9 Januarie in Phokeng naby Rustenburg by te woon.

Meeste inwoners het aan hom gesê hulle sou meer tevrede wees as hulle beter paaie gehad het en straatligte herstel word, maar het bevestig hulle het toegang tot water om te drink.

Ramaphosa het gesê die ANC is ʼn organisasie wat “na die mense luister” en “wat hul besware sal aanspreek”.

Hy het gewaarsku dat die plaaslike regeringsverkiesing nie maklik gaan wees nie. “2016 gaan nie ʼn maklike jaar wees nie. Maar ons het al gevegte gewen wat moeiliker was as die komende verkiesing. Ons het apartheid oorwin; ons kan nie hierdie verkiesing verloor nie,” het hy geskerts.

Hy het aan ANC-lede gesê hulle moet seker maak hul kandidate is nie korrup nie, maar bereid om onvoorwaardelik in die gemeenskap te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hector Potter ·

Voel jy nie sleg dat die oorweldigende groot groep belastingbetalers absoluut niks met die ANC te doen wil hê nie? Beteken dit nie iets vir jou nie? Dis tyd vir vernuwing van die argaïese “one person, one vote” sisteem. Dit behoort in die ou koloniale Afrika..

Jan maak n Plan ·

Ja hulle sal seker weer wen soos hulle in die Potch verkiesing “gewen” het, tesame met al die mense wat nie stem nie.

No Pay Hoze' ·

Moenie gaan stem nie , bly weg van die ball game af , betaal nie skoolfonds nie ens , gou gou kom El presedente self en vra of hy nie self sommer die slaggate in jou straat kan kom regmaak nie

Wikus ·

Cyril onthou net jou nasie raak al hoe meer geletterd julle vals beloftes gaan julle nog duur te staan kom as hulle agter kom julle belieg hulle al weer soos altyd net om hulle stem te kry . Onthou wat jy saai sal jy maai.

Kobus ·

Wat n bog spul woorde!!! Hulle het groot vordering agteruit gemaak. Hul mense is gelukkig maar kla oor veiligheid, sanitasie en paaie. Die ANC het nie die apartheid gewen nie, die wereld het. Dis ook nie hul kennis of vermoë dat hul regeer nie maar agv hul meerderheid getalle en leë beloftes!

PJ ·

Hulle moet seker maak hulle kandidate is nie korrup nie nou waar gaan julle dan kandidate kry ?

Bach ·

Hulle sal wragtag kniediep in rioolwater staan maar steeds ANC stem. Anders bring die Boere weer apartheid terug aldus Cyril.

Rynhardt ·

Ongelukkig is Cyril Ramaphosa reg.Hul gaan volgende jaar se munisipale verkiesing wen , want hul het al die mag en getalle! Verkiesing was so ontwerp en beplan deur die natte dat dit net Anc moes bevoordeel.Kom ek gee twee voorbeelde.Daar is reeds 17miljoen geregistreerdes vir welsyntoelae.Hul wen klaar die verkiesing teen ongeveer 4miljoen blankes, maar kom ek vat dit n stap verder.Die Anc se resep by alle verkiesings is die volgende:n Gratis huis vir elkeen, n paar gratis beeste,6gratis bottels bier of brandewyn van jou keuse, asook n gratis mandjie vol Kentucky hoender en R10000 gratis vir elkeen wat vir Anc stem! Al kom hul nie beloftes nie na nie, werk dit soos n bom! Vir die Anc om seker te maak hy wen, le hy klem ook op die volgende:”As jy nie vir die Anc stem nie, reken die voorvadergeeste af met jou! Dit is jou plig!” Raai wat? Dit werk soos n bom.Ek vind dit verstommend dat mense nog in n nuttelose verkiesingstelsel glo! Wat vir my hoop gee, is die Here.Hy sien wat aangaan in SA en doen nie dinge volgens Ramaphosa en Anc se beplanning nie.

Pieter.v ·

As hulle so karakter vas en eerlik is laat hy en MTM vir die publiek verduidelik hoe is dit dat geld wat veronderstel was om in Afrika bele te word na ander lande hul weg vind,en natuurlik gaan die oningeligte kiesers weer elk n T hemp n skep pap en n stuk vleis vir hul stem kry.

Vivian ·

Hy is SA se Donald Trump. Al verskil is hy het nie Trump se verstand nie. Hy is ‘n produk van BEE. Was op die regte plek op die regte tyd. As sy en die anc se besluite SA ‘n nuwe Zimbabwe maak het hy genoeg geld om in Amerika te gaan bly tot hy dood gaan.

juan ·

Die ANC sal NOOIT sy mag by die stembus prys gee nie! Hulle wortels is net te diep begrawe in die verfoeilike kommunistiese ideologie & lag, lag is hulle besig om SA na hierdie afgrond te sleep. Ek hoop net God is ons genadig, wat ander hoop het ons?

HEVW ·

Ja dit is heeltemal waar. Die anc sal maklik wen, maar met valse beloftes, korrupsie en leuens. Langs n oneerbare weg. Ons behoefte is nie soseer straatligte, beter paaie en sanitasie nie. Tot in n mate ja, Die tempo van agteruitgang is egter so drasties dat ons ook later net met hierdie basiese dinge tevrede sal moet wees. Ons grootste behoefte is egter dat ons op n eerbare wyse regeer sal word waarin die eiendomlike van ons, die Afrikanervolk en ander minderheidsgroepe erken en uitgebou sal word. Al moet ons dan voorlopig deur die anc regeer word. Ja die anc sal wen en dit is waar soos hy se dat dit nie die grootste uitdaging is nie. Die grootste uitdaging is om op n eerbare wyse te regeer. Of hul hierin sal slaag is ernstig te betwyfel.

hettie ·

Hulle sal alleenlik wen op grond van al die ongeletterde werklose mense in die plakkerskampe wat nog steeds in wonderwerke glo

Gertjie ·

Hierdie Cyril praat die AenC so goed.
Hulle vergelyk hulle organisasie met ‘n hemelse organisasie.
Hulle doen niks verkeerd nie.
Hulle aanbid hulle voorvaders.
Ek kan aangaan tot volgende jaar.
Die wiel draai stadig maar seker.

Marous ·

Julle wortels is verrot …. en die ergste is jy weet dit. Julle is soos ‘n klomp vet brommers op ‘n rioolput wat julle self geskep het..

kobus kruger ·

Kan nie glo dat ‘n man met sulke kwaliteite so kan lieg nie. O ja ek het vergeet Cyril is mos ‘n kommunis en sy voorvader , Karl Marx het mos in sy manifes geskryf dat al moet jy lieg die beginsel waaroor dit gaan is om jou doel te bereik. die blatante leuens en ontkenning van die ANC verbaas nie, dit is by hulle ‘n beginselsaak, nie die waarheid nie.

Nina ·

Wooooowwww! WAG! Watse vordering het JULLE gemaak? Net sodat die res van ons darem ook weet?? Behalwe natuurlik die FEIT dat jul die land in ‘n moeras in ‘beheer’……..

Jonathan ·

Die ANC het nie apartheid gewen nie Om die slagting onder onskuldige mense te vermy en die weerheid daarvan te oorbrug saam met buiteland se druk het hulle aan bewind gekom Die pad is steed swart met n wit lyn om te help Gister bly steeds more daarom die afdraende pad

Estelle ·

Die ANCse wortels is so diep gegrond dat die hele land se teerpaaie opdop………

adrian ·

Natuurlik gaan hulle wen. Wie is die verteenwoordigers in die OVK. Sadtu unie wat totaal kommunisties is sal alle stemme manupileer

Genie ·

Ons weet almal wat ons moet doen. Daar is twee tipe mense in die wereld. Jy is n leier of n volger. Ons as Afrikaner het n goeie leier nodig. Om te onderhandel of om te praat is iets van die verlede. Met God aan ons kant sal ons die vyand verslaan.

Garsbrood rol ·

Aan ons kant ? Nie as ek dit so kyk nie .Exo 23:2 Thou shalt not follow a multitude to do evil; neither shalt thou speak in a cause to turn aside after a multitude to wrest justice:”

frik ·

Hulle sal wen ja kyk na onse president se geletterdheid dan sien jy die grote meerderheid se geletterdheid shame ne

Superbob ·

Die koek is al goed gesny op hierdie staduim. Die anc pik, pik nog steeds op apartheid maar intussen het ouens soos Malema en Vavi ook saam begin aan die koek eet.

Nederig ·

Cyril jy weet net met leens en belofte wil julle die land hijack,hier
sterf meer mense veronderstel in
n vry land as wat Syria,die mense wat vir julle stem is met min te vrede,gate in paaie,gesondheiddienste,regering skuld,so kan ek aangaan,sê jy wat werk,niks werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.