ANC sal Mashaba na etiekkomitee verwys

Herman Mashaba. Foto: http://blacklikeyou.co.za/

Die ANC in Johannesburg het Herman Mashaba, uitvoerende burgemeester, daarvan beskuldig dat hy raadsreëls oortree omdat hy aan die publiek bekend gemaak het dat die party ʼn mosie van wantroue teen hom ingedien het.

Jolidee Matongo, streekswoordvoerder van die ANC, het gesê die party het kennis geneem van ʼn verklaring wat deur Mashaba uitgereik is rakende die mosie van wantroue teen hom, asook ʼn mosie van wantroue in Vasco da Gama, die speaker van die raad.

“[Mashaba se] mediaverklaring oor hierdie saak is teen die reëls van die raad. Die reëls van die raad stel dit dat dokumente nie bekend gemaak mag word totdat daar tydens ʼn raadsvergadering, wat oop is vir die publiek, daaroor gedebatteer is nie,” het Matongo gesê.

“Die ANC sal aan die speaker skryf om te versoek dat burgemeester Mashaba na die etiekkomitee verwys word vir dissiplinêre aksie teen hom vir oortreding van die reëls van die raad.”

Mashaba, wat ʼn lid van die DA is, het vroeër Donderdag gesê die ANC het Woensdag ʼn mosie van wantroue teen hom ingedien. Hy het gesê die mosie “is die manewales van ’n desperate party wat probeer om vrede te maak met sy nuwe rol as die opposisie”.

Hy het ook gesê die ANC het aangevoer finansiële probleme in die stad is sy hoofrede vir die indiening van die mosie.

Die ANC het in reaksie hierop bevestig dat die mosies van wantroue ingedien is. “Die meriete vir die mosies sal tydens die raadsvergadering ter tafel gelê word. Ons raai burgemeester Mashaba aan om sy argumente vir die raadsvergadering te hou. Ons bedank burgemeester Mashaba dat hy die uitdaging aanvaar om die mosies te debatteer en daaroor te stem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tersia ·

Die ANC is groen van jaloesie want Mashaba ruk Pretoria REG. Nou kan hulle ook nie meer geld in gatsakke druk nie!!!! you GO Mashaba!!!!!

Deon ·

Herman Mashaba, hi. Hoe gaan dit met Johan Spies ? As daar nou een man is wat eintlik die President van Suid Afrika moet wees is dit jy Herman. Jou hart en kop le al lankal op die regte plek , jy en Johan het Black like Me wanneer begin, ek raak grys…1987 / 1988.

Jy het integriteit, nie rassisties teenoor die blanks nie, n briljante besigheids brein….wat meer kan ek se. Waar van die ander die staatskas plunder, alles tot gronde laat gaan, is jy een vir opbou. Soos ek jou ken sal jy nie wyk in wat jy weet is reg nie, en solank jy daardie eienskappe behou het my my vote …., dink egter jy moes jou die party he….LOL “Job Well Done Herman, Your Heart In It For The People Of All Races, Language, Colour”

E.K. ·

Die ANC moet ophou tydmors en hul liefs bepaal by dinge doen wat die land kan regruk. Hulle verbeek gedurig die wet en grondwet hulself maar dan spring hulle op en lawaai oor snert. Jammer hulle kan nie lees wat meeste mense hier rond van hulle dink nie

SARIE VAN HEERDEN ·

Volg jy Herman Mashaba se geskiedenis kry jy ‘n man wat met niks begin het en ‘n reuse sukses van sy onderneming gemaak het. Die man is ‘n groot sukses maar hy pas nie in in die ander wat korrup is nie.
TERSIA hy is sdie burgemeester van Johannesburg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.