ANC ‘sal Moses Mabhida-stadion vandag volpak’

Ondersteuners het Saterdagoggend in groot getalle gestroom na die Moses Mabhida-stadion waar die ANC se verkiesingsmanifes bekendgestel word. Foto: Twitter via @MYANC

Die ANC se voorsitter in KwaZulu-Natal het Saterdagoggend voorspel dat die Moses Mabhida-stadion in Durban teen laatoggend volgepak sal wees met lojale ANC-ondersteuners wat gretig is om die regerende party se verkiesingsmanifes te hoor.

“ANC-lede sal die Moses Mabhida-stadion volmaak. Teen 10:00 sal dit volgepak wees met gedissiplineerde lede van die ANC,” het Sihle Zikalala net voor 07:00 by die stadion gesê.

Hy het gesê die stadion, wat ʼn kapasiteit van 56 000 het maar vergroot kan word tot 85 000, sal só vol wees dat pres. Cyril Ramaphosa waarskynlik die skares wat oorvloei na buite ook dáár sal moet toespreek.

Ramaphosa en ander senior ANC-lede deurkruis KwaZulu-Natal sedert verlede naweek om ondersteuning te werf vir die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes en stemme te werf vir die komende verkiesing. Die manifes sal die regerende party se beleidsrigting uiteensit vir die volgende vyf jaar.

ANC-ondersteuners in ‘n vrolike luim by die Moses Mabhida-stadion. Foto: Twitter via @DrZweliMkhize

Zikalala het gesê die manifes sal antwoorde gee op “sleuteluitdagings” wat die land in die gesig staar, wat werkloosheid, swak ekonomiese groei en die bou van ʼn bekwame staat insluit.

Ramaphosa het Vrydagaand by ʼn ANC-geldinsamelingsete aan gaste gesê die manifes van 10 000 woorde bou op die werk wat oor die afgelope 25 jaar gedoen is en “behou die momentum” van 2018.

Ramaphosa is in Desember 2017 tot president van die ANC verkies en in Februarie 2018 as president van die land ingesweer nadat Jacob Zuma bedank het.

“Ons manifes is ʼn samehangende en omvattende plan vir ʼn beter lewe vir almal, wat oplossings bied vir die hardnekkige werklikheid van werkloosheid, armoede en ongelykheid. Die manifes word gelei deur die Nasionale Ontwikkelingsplan en die lewenservaring van ons mense,” het Ramaphosa gesê.

Oudpres. Zuma is steeds uiters gewild in KwaZulu-Natal, waar hy woon, en sommige kenners het voorheen vrese uitgespreek dat sy ondersteuners moontlik kan probeer om die geleentheid te ontwrig. Ramaphosa is egter die afgelope week by al sy besoeke met ope arms verwelkom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Werner ·

Al werk wat hulle in die laaste twintig jaar gedoen het was afbreek werk

Ig ·

As die derduisende wat landwyd aangery is met n T hemp en kospakkie as beloning en veplig is om te gaan weggevat word sal daar nie eers 10000 wees nie

Johannes ·

So word daar weer lugkastele aan die breinlose massas verkoop…

alet ·

Wie gaan vir wie lieg sal ook niks by leer lee beloftes jaar na jaar haha

Vra maar net ·

Watter momentum van laas jaar.die momentum waarmee ons land armer raak of agteruit gaan. Wat n grap

Foxi ·

Ek sê mos, elke jaar dieselfde beloftes en regtig tydmors van dieselfde snaar wat net een deuntjie jaar in en jaar uit tokkel en tokkel. Het almal gedink daar gaan duisende T hemde en kospakkies wees? Ha….ha…..diegene wat verstand het gaan beslis nie heeldag in die skroeiende son sit en na snert luister nie!

Bleek ·

Ek sal dit ongelukkig nie kan bywoon nie weens braai verpligtinge.

John ·

… en die SABC behoort net aan die ANC vir begrafnisse, stories en politieke dagdrome. Die president is ‘n permanemte selfie wat praat en praat en praat en Zuma gaan nou sing en sing en sing en ons land is onder konstruksie, konstruksie, konstruksie… Baai, baai, baai…

Nick ·

Ja ne !! So word ons hard verdiende geld gemors,almal van ons aanvaar die dinge net,ai ek is teleurgesteld in myself en om te erken dat ek my land verkoop aan kommunisme omrede ons te bang en te slap is om die dinge te stop. Ek dink bloedrivier is n ouvrou storie want vandag se Afrikaners is nie die geskiedenis van ons voorouers werd nie. Ons moes maar onder die engelse bewind gebly het!!!!!

Johanna Botha ·

Ummmm sien ek reg of is daar geen blankes op enige van die fotos …dis dan seker n rasistiese party of wat ! ? !

George ·

‘n Nuusberig gehoor van die string beloftus wat die president gemaak het. Nou maar waarom wil hulle dit nou na die verkiesing maak?. Hulle het mos al jare kans gehad om dit te doen wat hulle nou belowe . Kan kiesers nie ‘n bietjie verstand (as daar is) gebruik nie?

Johann M van Heerden ·

KFC is koning. Wie betaal daarvoor? Raai raai wie

Emma ·

Nie n wit gesig nie want ons vertrou nie die anc nie. Belowe net,mos al baie tyd gehad om iets aan die beloftes te doen maar breek en brand net ek sien niks positief om vir die anc te stem nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.