‘ANC sal nie deur howe beheer word nie’

Ramaphosa by die verkiesingskongres. Foto: Twitter

Ramaphosa by die verkiesingskongres. Foto: Twitter

Die ANC sal nie deur die land se howe beheer word nie, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa by die ANC-jeugliga se nasionale verkiesingskongres in Midrand gesê.

“Dit is ‘n nuwe tendens in die organisasie en dit kruip in … en dit gaan tot gevolg hê dat die ANC deur die howe beheer word,” het Ramaphosa gesê. “Ons kan dit nie toelaat nie … ons is ‘n demokratiese organisasie wat deur ons eie grondwet gereguleer word.”

Ramaphosa het die uitlatings gemaak in reaksie op ‘n hofaansoek Donderdag om te keer dat die jeugliga se kongres voortgaan te midde van beweerde ongerymdhede in die ouditering van jeugliga-takke. Regter Moses Mavundla het egter gelas dat die aansoek nie dringend was nie en dit met koste van die hand gewys.

Ramaphosa het gesê diegene binne die ANC wat na die howe toe hardloop, gee nie om vir die party nie. “Hulle is nie lief vir die ANC nie, hulle is duidelik liewer vir hulself as die organisasie.”

Colle Maine, die jeugliga se voorsitter in Noordwes, is intussen Vrydagaand tot leier van die jeugliga verkies. Die jeugliga se vorige leierskap, onder leiding van Julius Malema, is in 2013 ontbind. Malema is in 2012 uit die party geskors waarna hy die EFF begin het.

Pres. Jacob Zuma sal na verwagting Saterdag die afgevaardigdes toespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Drieks ·

Juis wat Ramaphosa sè is di rede dat ons howe toe moet gaan. Ons is lief vir ons land. Nie vir die Anc nie.

George ·

Die begin van die einde van ‘n demokratiese SA. Hallo diktatorskap.

George ·

Die begin van die einde van ‘n demokratiese SA. Hallo diktatorskap….

George ·

Dit klink my ons het ook 2 grondwette. Die een wat die anc die beste pas vir die oomblik is die een geld. Wow !!! Dit bevestig maar net dat SA met dubbel standaarde en reëls regeer word.

John ·

Hier word verklaar dat die ANC nie die regstelsel erken nie. Hoe kan daar dan orde en dissipline aan die dag gelê word. Geen wonder ons het so ń wettelose en anargiese toestand in die land nie.

Kaspaas ·

Hoekom is almal so verbaas hierdie is net die begin, zimbabwe gaan n piekniek wees teenoor wat hier gaan kom. Net jammer Europa gaan vol afrika immigrante wees so daar is nie plek om na te vlug nie.

willie ·

Anc word wakker,julle hou van lippetaal,julle kan nie net 51+ %van die volk dien nie, julle is verantwoordelik vir die julle bevolking,die totale bevolking moet wette gehoorsaam,en so moet dieANC ook wette gehoorsaam.As julle nie wette wil gehoorsaam,Gee die land oor aan n party wat die wette gehoorsaam.
Willie

Dave ·

Willie, die ANC lees nie Maroela Media nie. Probeer Zonk of Stonk of so iets.

F ·

Ek kan nie begryp dat julle nie kan sien wat bedoel word nie. Die takke van die ANC probeer magspeletjies speel deur howe toe te hardloop as hulle nie hul sin by hul eie verkiesing kry nie. Elkeen wil die mag he en in beheer wees, dan kan hy steel soos hy wil.
As julle nie kan sien dat hierdie uitlating heeltemal buite konteks aangehaal word nie, dan moet julle liewer nie kommentaar lewer nie.
Ons Blankes moet leer om nie elke stukkie perdedinges wat aan ons voorgesit word as vye te aanvaar nie

naam ·

Ja, hierdie gaan oor hulle eie interne “wetteloosheid”.

Die ANC se eie “grondwet” het nie iets te make met die regeer van die land nie, hulle verwar net tans hulle voete en monde met mekaar. Alweer.

Rene ·

Ek stem! Almal het skielik ‘n eiertjie te lê oor die wetteloosheid in en van die ANC en dit is glad nie waaroor hierdie berig gaan nie. Miskien lees mense net raak dit wat hulle WIL raaklees.

Winston ·

Die ANC is in n hopelose gemors en dit weet ons almal. Ramaphosa weet dit en nou braak hy gal teenoor howe. Stem saam dat hulle almal liewer is vir hulle eie mag as vir n land in geheel. Geen leierskap is bespeurbaar in die party nie. Elkeen sorg vir homself en bogger die land. Dit gaan erger as Zimbabwe wees ja.

brand ·

Ons is al lankal verby die punt dat die regering onder die reg staan, min mense het dit nog net besef. Die regering het dit gewys toe dit die hof geignoreer het en vir Al-Bashir landuit laat gaan het. ‘n Hof besluit nie meer of jy tronk toe gaan nie, Zuma doen. Wat kan ons moontlik doen as Zuma besluit hy wil nie uittree as president nie – hom hof toe vat? Nee wat, spaar maar liewer die hofonkostes….

Liewe lulu ·

In Spreuke (dink is hoofstuk 28) staan daar, dat n slegte regeerder lank sal regeer.

Jandre Kroeze ·

Natuurlik nie. Die ANC is n crimenele organiesasie. Hulle haat wet en geregtigheid.

Kaspaas ·

Kyk die dag as die ANC die verkiesing verloor. Hulle sal nooit afstand doen nie. Afrika mentaliteit.

Rynhardt ·

Die rede hoekom Ramaphosa en die Anc teen howe is, is omdat die kommuniste hofsake verloor! Die vryheidsmanifes word nou vir howe uitgespel! M.a.w. alles moet getransformeer wird.Geen wit regters meer nie.As jy voortaan n hofsaak teen die Anc het, ongeag hoe regverdig jou aksies mag wees, is daar klssr ten gunste van die regeung besluit.M.a.w. jy verloor klaar die hofsaak, voordat dit nog aangehoor word.Hoop julle oe gaan oop!

Ryan Kommentaar ·

Soos alle politieke is die artikel misleidend as jy (soos ons vriende hierbo) die artikel lees sonder om vir jouself krities te dink, sal jy tot dieselfde slotsom kom soos (soos ons vriende hierbo).

Al wat ek vra is dat ons eerstens artikels moet lees met waardering van die konteks en begrip van die inhoud.

Eduard ·

PIETER MY KOMENTAAR WORD OOK VERWYDER EK WONDER HOEKOM EN EK SKRYF MY KOMENTAAR BINNE DIE GRENSE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.