‘ANC sal oor 107 jaar steeds hier wees’

Pres. Cyril Ramaphosa deel biljette op Port Shepstone uit om inwoners te nooi na die ANC se 107de verjaardagparty in Durban. Foto: ANA

Die president van Suid-Afrika en van die ANC het Maandag aan ʼn skare ondersteuners gesê die regerende party sal oor 100 jaar steeds hier wees.

Pres. Cyril Ramaphosa het op Port Shepstone aan KwaZulu-Natal se suidkus gepraat as deel van ʼn veldtog om inwoners te oorreed om aan die party se 107de verjaardagparty in Durban deel te neem.

Die ANC-leierskap – wat as die topses bekendstaan – het Maandag op die Tuinprovinsie toegesak om steun vir die vierings te werf wat sal uitloop op die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes Saterdag in die Moses Mabhida-stadion.

Ramaphosa het ʼn aantal blitsverskynings gemaak in die omgewing van Port Shepstone. Hy is vergesel van die party se provinsiale voorsitter, Sihle Zikalala. By die taxistaanplek in Port Shepstone het hy biljette uitgedeel waarin inwoners na die party genooi word en ook met pendelaars en verbygangers gesels.

Die president het ook die omstrede behuisingsprojek Masinenge naby Margate besoek en gesels met inwoners wat daarby sal baat vind sodra vertragings aan die bouwerk eendag uit die weg geruim kan word.

Hy het aan inwoners gesê die ANC is bewus van al die “nuwe” partye wat die land se politieke arena betree, maar dat hulle so gou sal verdwyn as wat hulle verskyn het. Hy het gesê hy glo vas die ANC sal vanjaar se algemene verkiesing wen.

“Ons is die enigste organisasie in die hele land wat daartoe verbind is om ons mense se lewens te verbeter,” het hy gesê.

Die adjunkpresident, David Mabuza, het steun in die omgewing van Newcastle in die noorde van die provinsie gewerf. Hy is tevrede met die werk wat die ANC doen, veral in KwaZulu-Natal, om eenheid binne die party te bewerkstellig. “Eenheid is ʼn voortdurende proses,” het hy gesê.

Intussen het die ANC se Vroueliga in ʼn persverklaring gesê sy president, Bathabile Dlamini, sal die Addington-hospitaal in Durban en die Edendale-hospitaal in Pietermaritzburg besoek om babas in die wêreld te verwelkom wat op 8 Januarie, die ANC se verjaardag, gebore word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Snowball ·

“It is easier to fool people than to convince them they have been fooled” – Mark Twain. Die ANC se voortbestaan is die tragiese bewys hiervan.

Vryheid ·

Lekker lieg CR weer vir die mense, vol lee beloftes soos gewoonlik.

Rassie ·

Die Anc in dood reg met daai uitspraak dat hulle nog daar sal wees oor 107 jaar……want hulke virder nie, die land staan stil. Hulle sal presies wees waar hule nou is…..nerens…

Elvira ·

Ja ek glo so. Maar dit gaan lyk soos die res van Afrika. Net erger. So jammer dat hierdie pragtige land so verniel word.

Dries du Toit ·

Wat was die hoogtepunte in hulle regeringstyd. Misdaad, ekonomiese verval, kurrupsie, plaasmoorde, staatskaping, ens ens. DAN GLO MILJOENE NOG SY LEUENS.

Ruiklont ·

Ongelukkig is dit so en sal dit so bly, die smal en die breë oad wat gevolg word

Alida ·

Hoeveel miljoene is nou weer opgeeet terwyl daar miljoene honger kinders in die townships is. Mens sal meer respek vir hulle he as hulle die vermorste geld aan behoorlike huisvesting spandeer.

tamboti ·

Ja raait wat is so interressant daaromtrent? Oor 100 jaar gaan die meerderheid kiesers nogsteeds dieselfde fout maak en steeds nie weet hoekom die beloftes nie waar word nie.

Nettie ·

Die ANC mag miskien oor 100 jaar nog hier wees. Of hulle in “charge” van die land gaan wees is egter ‘n ander saak – en dis nie om politieke rede nie; dalk, teen die spoed wat die ANC aangaan, ÍS DAAR NIE MEER ‘N SUID-AFRIKA NIE!!!

sê maar net ·

We will take the land and then we will eat it….really…

alwyn burger ·

Miskien ñ Gesuiwerde ANC of ñ Herstigte ANC. Die ANC in sy huidige gedaante gaan nooit opstyg nie. Alles Weermag ,Polisie ,Gevangenis , Onderwys , Regstelsel , Universiteite is besig om lagwekkend te word. Sodra die regering en swartmense hul siesvernietigende minderwaardigheidskompleks afskud en blankes verwelkom in die ANC ,regering en administrasie is daar hoop. Anders gaan SA maar net nog ñ Afrikaastaat word. Hoe het Pres. Trump gesê !!!?

Willem Grobler ·

Hy het volgens News24 ook gesê dat die ANC van Suid-Afrika die beste land in Afrika gaan maak!! Die RSA wat hulle oorgeneem het in 1994 wás die beste land in Afrika! En kyk hoe lyk hy nou…

Jr ·

Wat ek so interesant is dat hy altyd sy mense en party “cANCer” van praat. Hy gedra homself as die president van die ANC en verteenwoordig nie die ander mense van SA. Hy is nie n ware president se g!@#/t

Bernard Hellberg ·

Werkskepping behels baie meer as vier bedelaars by elke verkeerskruising

Eentweedrieblufjouself ·

Twyfel of hulle oor 30 jaar nog daar gaan wees. ʼn Toekoms is die een ding wat jy nie by ander kan ” expropriate” nie, daarvoor moet jy self sorg, en hulle het nie n volhoubare stelsel nie.

Jandre ·

Hierdie Mamparras bly die Aller Hoogste uit te tart. Hulle sal gewis vir hulle kry. Dis n belofte.

Ruiklont ·

Goed gestel Jandré, die Skepper van die Hemel en Aarde laat nie met hom mors nie, veral nie as jy voorgee jy weet wat in die Woord van die Heer staan en nou ook as ’n profeet na vore kom

David ·

Ons sal oor 107 jaar nog besig wees om alles reg te maak wat die ANC gebreek het.

Esther ·

O wee spaar SA dit. Teen daar die tyd Sal daar adalk nog n ANC wees maar ook beslis nie n SA nie

Wiehan ·

Dog dis 1 April toe ek dit lees. Moes toe tot my ontsteltenis uitvind dis 7Januarie.

Steve Smit ·

Ja, want die klas mens wat jul ondersteun weet nie van beter nie

Annoniem ·

Niemand is so blind soos die wat nie wil sien nie
Lewe op hoop van jaar tot jaar

JoeV ·

“Ons is die eenigste organisasie in die land wat daartoe verbind is om ons mense se lewens te verbeter” Dit terwyl dit terselfde tyd die enigste organisasie in die land is wat veroorsaak dat hulle mense (en almal anders) se lewens nie verbeter nie. So half ‘n slegte plek om te wees as mens mooi daarna kyk!

Hettie ·

Ja ,die ANC sal verseker daar wees ,maar dit is ook al!
SA en alles daarin sal tot niet wees .

Herman ·

Ek kan dit nie mis nie…
Ek gaan ook dan maar aanbly vir die volgende 100 jaar…

RG ·

ANC ondersteuners weet hulle word verneuk. Hul vrees om deur ‘n ander party na apartheid teruggeneem te word is baie groter en daarom is hy waarskynlik reg… tensy die witman uit Afrika verdwyn. Dalk beter vir die ANC om ons hier te hou Ramaphosa?

HPV ·

Die anc is al wat hier sal wees, ons ander sou dan reeds lankal die pad gevat het na eerste wêreldse beskawings!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.