‘ANC sal skeur as Zuma verwyder word’

Pres. Jacob Zuma (31 Mei 2017) Foto: Elmond Jiyane/GCIS

“Die ANC sal uit mekaar skeur indien pres. Jacob Zuma in hierdie stadium uit sy amp verwyder word.”

Só het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Donderdag gesê.

“Die ANC is onder beleg – met alle magte, insluitend vriendskaplikes, wat glo daar is net een oplossing tot die probleem, en dit is dat pres. Zuma moet bedank. Dit is al telkemale in die ANC bespreek. Ons terugvoer is dat, indien ons dit nou doen, die ANC uitmekaar geskeur sal word,” het hy aan die sentrale komitee van die National Union of Mineworkers in Pretoria gesê.

“Dit is wat ons wil oplos. Ons het talle gebeure ondersoek en bevind dat, indien ons dit doen, sal die beweging uit mekaar skeur. Ons sal dadelik bly en tevrede wees, maar dit sal baie lank duur om die stukke van die beweging op te tel. Dit sal die ANC in dieper chaos dompel en die strukture van die beweging sal in verskeie streke verdeel. KwaZulu-Natal sal dadelik in twee verdeel.”

Hy het gesê daar sal “chaos” wees in provinsies soos Noordwes en “ʼn ramp” in die Vrystaat.

Mantashe het gesê die ANC se top leierskap het besluit om nie “te avontuurlustig” te wees oor die sensitiewe saak om Zuma te herroep nie.

“As ons dit doen, sal almal vir ons hande klap. Almal sal bly wees, maar die beweging sal dadelik inmekaar stort. Die opsie wat ons gekies het, is om alles in te sit en eenheid in die beweging te bring vir ʼn suksesvolle konferensie in Desember.”

Mantashe het die NUM toegespreek kort nadat die vakbond se leierskap Donderdag Zuma versoek het om te bedank en dat hy deur adjunkpresident Cyril Ramaphosa vervang moet word.

Piet Matosa, president van NUM, het gesê Suid-Afrika het “sober leiers” nodig. “Die nasionale uitvoerende komitee van NUM het besluit dat Cyril Ramaphosa die volgende president van die ANC moet wees. Ons versoek dus hierdie sentrale komiteevergadering om hierdie besluit te ondersteun en te bevestig. Ons moet verseker dat Cyril Ramaphosa se verkiesingsveldtog ʼn sukses is. Dit is die boodskap wat ons aan ons takke en die ANC moet versprei. Ons wil iemand hê wat vir ons hoop kan bring en ons kan red van die huidige uitdagings.”

Hy het Zuma versoek om te bedank. “Ons sê dus pres. Zuma moet bedank. Hy het versuim om te lei en ons land Suid-Afrika en die ANC te verenig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Muis ·

Dis reg, hulle kan maar skeur net soos die DA gaan skeur wanneer Zille verwyder word.

LB S ·

DA sal nie skeur nie. Die paar wat die party gaan verlaat sou dit i.e.g. in die nabye toekoms doen, want hulle leef nog in die “goeie ou dae” en kan nie insien dat ons ‘n sterk opposisie en koalisie nodig het om die ANC te onttroon nie. Ai tog!

Franscois ·

Ek stem. As JZ moet gaan is sy minnions sonder werk ?. En sy borge daar meer heen?

Basjan ·

Nóú pra’ jy Franscois! Dis die groot rede waarom Zuma nog sit waar by sit. Sy “begunstigdes” gaan hulle “werk” verloor as by nie meer daar is om vir hulle te sorg nie.

humor ·

Die anc leierskorps hou nie rekening met die realiteit nie en staar hul blind vir die behoud van n politieke party wat totaal disfunksioneel geraak het. Net soos die nasionaleparty in die vorige bedeling n volksgod geword het en hordes teen hul beterwete daarvoor gestem het, so is dit met die huidige anc ondersteuners. Moontlik is hierdie mense dapperder as die kiesers van die vorige bedeling.

Jakobusj ·

Recycle bin toe met jou ou pal. Nee, hoor! Sommer reguit trash toe!

Ben ·

So die anc is belangriker as Suid Afrika , julle doppie is in elk geval geklap net n kwessie van tyd

Johanna Botha ·

So bly van die mense begin sien die anc is n groot flop !

Alida ·

Die ANC en die GUPTAS het triljoene gesteel ten koste van miljoene mense. Mag hulle in duisend stukke skeur. Die hele spul. Waar is hulle bydrae vir Knysna? Gee niks maar vir een vrou wat n kind verloorhet deur misdaad gee hulle n huis!! SIEK SPUL.

al ·

Mantashe tree baie beskermend teenoor Zuma op, het selfs die privaatsektor skuld gegee vir die resessie. Waarom sou dit so wees?

Adam ·

Baie interessante vraag John. Ek glo self die ANC kon nie die oorgang van bevrydings-beweging tot politieke party maak nie. Mantashe praat in elk geval snert. Niks, maar niks, kan ‘n skeuring in die ANC binne die volgende paar jaar keer nie. Hulle kan dus maar Zuma herroep.

Sandy ·

“Chaos in Noordwes” en “‘n ramp in die Vrystaat”…… ?!
Dit is die situasie waarin ons hele land verkeer danksy die ANC se onbeholpe en totaal ontoereikende “leierskap”. “n Beweging wat toelaat dat die land so agteruitgaan verdien nie om meer in leierskap te wees nie.
Die “kicker” is: Hulle het net hulle self om te blameer! Die ANC het dit reggekry om ‘m eens trotse beweging te vernietig – sonder enige hulp van die opposisie of hulle vele gewaande “vyande”.

Marlene ·

Hy het alreeds als geskeur wat kan geskeur word. Laat hy tjoekie toe gaan.

Juis nie ·

Hou hom nog so rukkie daar. Gee hom nog n biekie tou. Die anc vrot van binne af buitentoe. Number 1 doen goeie werk

Arie ·

Ek sê lankal los vir zumpie en die anc gaan saam met hom val, maar wie gaan oorneem die rassistiese d a ???? Ons land kort ‘n leier – dringend!!!!

Vic ·

So nou gebruik ons vrees om die populasie n bietjie langer te kontroleer………

Johan. H. ·

As hy skeur vat liegbek matase saam. Die hele lot ,,, Hulle kry nie eens skaam nie,,, Hoe skeur ek my nou!

Johann Marx ·

So hy hou die ANC aanmekaar? Wat se patetiese organisasie is die ANC nie om ‘n leier van so ‘n kaliber te benodig om nie ten gronde te gaan nie? My pa het altyd gesê “Ontnugtering is die wreedste leermeester”. Dis soos ou Bob wat na ‘n Oseane-kongres in die VSA gaan terwyl sy land nie ‘n kuslyn het nie. Toe die populasie begin vrae vra hieroor, kry hulle die volgende verbysterende antwoord: “Die feit dat President Mugabe na hierdie kongres toe gaan is ‘n bewys dat hy sterk genoeg is om vir nog ‘n termyn president van Zim te wees!!” Huh?

realis ·

Sommige bring vreugde waar hul ookal gaan. Zuma sal vreugde bring as hy weg gaan

sekondasia ·

ag gwede mantashe as die anc slap genoeg is om uitmekaar te val sou Zuma verwyder word,dan beslis eerder sooner rather than later. bou n nuwe anc uit die as. hy is lankal dooie hour wat julle saamsleep. dooie hour was sowaar genoeg gaab raak om julle af te sleep en heeltemal te sink.kry asseblief vir mbeki om Zuma se gemors op te ruim.

Justice ·

Mantashe is deel van die probleem om van Zuma ontslae te raak.

alida ·

Die tronkselle sal moet reggemaak word want daar is ‘n paar BBP’s oppad wat dit sal beman. Dit is ‘n droom wat hopenlik sal waar word as al die Hofbevele toegestaan word.

Yolandi ·

Ek kan nie aan enigiets beter dink as ‘n geskeurde ANC nie.

Paseseun ·

As Zuma gaan skeur die anc, as hy bly sink die anc. Maak nie saak hoe nie, maar die anc se tyd is om. Ek hou die verval van die anc met opgewondenheid dop. Hulle gaan mekaar opvreet om hul eie belange te beskerm.

Hennie ·

Hulle het klaar geskeur, moet nou nog net heeltemal uit mekaar val! Hoop dis gou!

JK ·

Gaan ons regtig omgee as die ANC skeur – who cares wat met hulle gebeur?

SARIE VAN HEERDEN ·

Punt is: Skeur of nie skeur nie, ons kan Zuma en sy meelopers NIE MEER BEKOSTIG NIE. Enigiets is nou beter as hy.

alida ·

Hulle hoef nie te skeur nie ‘n snippermasjien sal beter werk doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.