‘ANC se arrogansie oorskry sy intelligensie’

Argieffoto

Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse wetgewer, het Vrydag in die debat oor die departement van ekonomiese ontwikkeling, kleinsake-ondernemings, toerisme en omgewingsake gesê die ANC se arrogansie oorskry sy intelligensie.

Hy het die ANC gewaarsku dat die geskiedenis leer dat meerderheidsregerings altyd verneder word wanneer hulle arrogant raak.

“Ekonomiese geleenthede verander as gevolg van etlike faktore. Die Vrystaat se ekonomiese landskap is drasties besig om te verander met myne wat die einde van hul produksieleeftyd bereik en landboumetodes wat genoodsaak is om te verander,” het Wessels gesê.

Wessels het gesê dat die departement se hooffokus die uitbou en ontwikkeling van die Vrystaatse ekonomie moet wees, maar dat hulle nooit in die doel sal slaag met die huidige strategie van herverdeling nie.

“Voldoende ondersteuning word nie aan klein-, medium- en mikro-ondernemings gegee nie. Die meerderheid van hierdie ondernemings misluk en miljoene rand gaan verlore. Die departement is veronderstel om behoorlike navorsing te doen en beleggers en kleinsake-eienaars by te staan om sodoende die ekonomie te stimuleer deur entrepreneurs te ondersteun en werkskepping te bevorder. Generiese sakeplanne en gebrekkige leiding en ondersteuning is net eenvoudig nie voldoende nie.”

Hy het sy teleurstelling uitgespreek in die LUR, dr. Bennie Malakoane, en gesê die LUR se mooipraatjies en lippetaal sal nie kos op die tafel van duisende arm Vrystaters sit nie. “Die probleem is nie meer apartheid nie, maar die regering se regressiewe ideologie.”

Wessels het gewaarsku dat die ekonomie nie sal groei as korrupte amptenare en tenderpreneurs toegelaat word om die staatskas jaar na jaar te besteel nie.

“Strenger optrede teen hierdie misdadigers is dringend nodig. Die departement moet sy prioriteite herevalueer en die belangrikste daarvan is die uitbou van die ekonomie – voordat daar nie meer ʼn ekonomie is om uit te bou nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

AL ·

Ons weet al lankal hulle wil niks ondersteuning bied nie.
Op News 24 het berig dat Grace Mugabe landbougrond geseize het waarop swart mense al sedert 2000 bly na hul grondhervorming plaasgevind het. Die mense se huise is afgebreek en die mense het nou nie heenkome nie.
Sy wil haar wildsplaas uitbrei.
Dit gaan dieselfde hier gebeur, invloedryke staatsamptenare sal net so gulsig hier wees. Ons weet dat hul nie n duit omgee vir landsburgers nie.

Kallie ·

Ekstrapoleer wat oral in Afrika aan die gang is, en ons is letterlik terug in die ‘bronze age’. Geen elektrisiteit, ruilhandel, en chief besit die grond

Rynhardt ·

DIE ekonomie het Anc opsetlik doodgemaak volgens die Vryheidsmanifes-beginsels waarvoor die SAKP se Joe Slovo geonderhandel het by Kodesa! Daardie beginsels leef na ’94 voort wat ons vandag almal ervaar.Selfs Vytjie Mentor van Anc het al gese:”Enige iemand wat dink dat Zuma en die Anc gaan SA vorentoe vat, is in vir n groot verrassing!”Die Anc glo hy gaan die blankes permanet in n blik druk met n toe deksel.Ons mense het die reg om hul vryheid en kultuur uit te leef! Anc vat homself na donkerte!

Veritas ·

Wouter jy besef seker dat die ANC nie ‘n snars omgee oor jou opinie nie. Dié spannetjie glo dat hulle op die regte pad is en dat die kiesers hulle in 2019 weer gaan instem. Indien dit wel die geval gaan wees, bewys dit maar net dat die kieserskorps absoluut geen kennis dra van dít wat tans in die land gebeur nie. Soveel van arrogansie (ontkenning) bestaan net in Suid-Afrika.

Jaybee ·

Wouter ek glo nie ‘n mens kan die woord “intelligensie” en die anc in een sin gebruik nie. Dit is duidelik dat hulle geen benul het wat die woord ekonomie beteken nie. Veritas, ja ek glo dat die oningeligte meerderheid maar weer vir die anc sal stem.

AJK ·

Indien daar enige intellegensie onder die ANC kiesers was sou hulle al laaankal agtergekom het dat die regering net ‘n groepie uitverkose lede het wat hulle self verryk en bokkerall vir die res van die land omgee.

Johann ·

Spelling van intelegensie in die ANC; k.o.w.r.j.u.p.s.j.i.n

Vic ·

Wel ja, maar dan moet ons nou byse dis darem ook nou nie moeilik om daai intelligensie te oorskry nie

wilma ·

Ai mense almal met verstand het mos geweet waarop n ANC regering afstuur. Nou wil Zuma en sy maaikies so graag hul hande ini staatskas kry

Korrupte amptenare ·

Korrupte amptenare tree nie op binne die reg nie!!! Wens so hulle kan gevang en toegesluit word, is daar niks wat gedoen kan word aan hierdie korrupte amptenare wat die staatskas so besteel nie?

Bek Wash ·

Wessels se waarskuwing dat die ekonomie nie sal groei as korrupte amptenare en tenderpreneurstoegelaat word om die staatskas jaar na jaar te besteel nie, sny baie dieper as wat die gewone man op straat en self enige ander politieke party vandag in Suid-Afrika, besef. Die rede waarom dit so maklik is vir korrupsie om te floreer in alle vlakke van die Staat en Provinsiale Departemente moet gaan soek word in die huidige Skatkiswet en gepaardgaande Tesourie Regulasies. Hierdie Wet en Regulasies is deur die ANC Regering op aanbeveling van Maria Ramos, destydse Uitvoerende Hoof van die Nasionale Tesourie, en haar destydse Minister van Finansies so afgewater dat dit die deure wawyd oopgelaat het vir korrupsie en aanspreeklikheid moeilik bepaalbaar gemaak het. Hulle het mos daarmee gespog hoe hulle hoofstukke regulasies van die vorige regering in net een paragraaf vervat het en hoe hulle daarmee hul( die ANC) se effektiwiteit en die onvermoe van die vorige regering bewys het. Gaan delf maar in die argiewe, wat ek hier se is op skrif by die Nasionale Departement van Finansies en die Nasionale Tesourie. In my oe is daardie twee mense na wie ek hier verwys het direk aanspreeklik en moet vervolg word vir die korrupsie wat reeds toe ontstaan het en vandag nog aan gaan.

Wonder ·

As ek reg onthou het die meeste blankes vir die NP en NNP bly stem ten spyte van voorbehoude van die verkramptes.

christine ·

Jis dink julle werklik dat n 2019 verkiesing gaan plaasvind, ek dink nie so nie, daar gaan nie geld vir dit wees nie. Teen daardie tyd is ons sonder n Prez Zuma dan het hy lankal Noord Wes gevlug, die Rusland straler loop teruggee, sonder om te dink hoe hy sal terugkom. Teen daai tyd sal ons tronkdeure wyd oopstaan want daar sal nie geld wees om die prisioniere te voer nie hulle sal of doodgaan van honger en dors die ander sal net uitstap. Werklikheide is maler as jy dink.

Johannes Meintjes ·

Ek skryf ook al lank in die kleine oor landbou en ‘n volhoubare sosio-ekonomiese model vir verarmde blanke Afrikaners. Duidelik, soos op die gebied van Burgerlike Beskerming en volksverdediging sal die man en vou op die grond moet leer om koppe bymekaar te sit en dinksrums te vestig wat nuwe vennote en nuwe besigheidsgeleenthede en benaderings kan help ontwikkel. Ons mense verarm steeds daagliks en die gevolge van ons vervalle gemeenskappe gaan ons waarskynlik nog vir jare met ‘n agterstand laat. Oor die ANC en Afrika se ekonomiese verval hoef mens niks te betwyfel nie, veral waar die EFF se sinnelose anargie tot niks positiefs kan bydra nie.

FM ·

Dit is mos nou maar eenmaal so dat n arrogante persoon nie veel van n intelligensie het nie. Ons sien dit mos daagliks. Sekere amptenare sien die land gaan agteruit en dan raak hulle arrogant agv n minderwaardigheidskompleks en dus gebrek aan intelligensie en normale realistiese logika. Onse regering is besig om alles wat deur verwestering en koloniale moondhede opgebou is, af te breek en dus te dekoloniseer. Hulle sien wat gebeur, maar omdat n wit minderheid hulle waarsku daaroor, sal hulle met opset die arrogansie openbaar om met die aftakelingsproses vol te hou.Ek doen n beroep op die regdenkendes in die regering om die korruptes in die bek te ruk. Daar is beslis nog n klompie realistiese regdenkendes in die anc wat SA se korruptes kan keer om van die land n tweede Zim te maak. Asseblief, julle het invloed en volgelinge.

Jamsie ·

Ek soek ook die inteligensie by die ANC maar moet toegee dat hulle genoeg daarvan het om Suid Afrika se kas liederlik te besteel sonder om daarvoor boete te doen.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek kan niemy eie boekhouding te doen nie en kry vir my ‘n opgeleide boekhouer. Ek kan nie my huiswerk behartig, daarom kry ek ‘n huisbediende. My tuinwerk is bo my vermoe daarom kry ek ‘n sterk tuinman. Ek kan nie verstaan dat die ANC nie nou al agtergekom het hul kort mense met ondervinding, verstand en opleiding om ons land te regeer nie. Die Engelsman se: to run the country.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.