‘ANC se beloftes oor e-tol is niks nuuts’

David Makhura, premier van Gauteng. Foto: GCIS

Die VF Plus het Dinsdag gesê die ANC in Gauteng se aankondiging die afgelope naweek dat die omstrede e-tolstelsel in Gauteng geskrap moet word, is niks nuuts nie en bloot populisties.

Die ANC het Sondag na afloop van sy provinsiale konferensie by die St. George’s Hotel in Irene, Pretoria, gesê hy sal alles in sy vermoë doen om volgende jaar se nasionale verkiesing “met ʼn oorweldigende meerderheid” te wen en dan weg te doen met e-tol in dié provinsie.

Philip van Staden, Gautengse wetgewer van die VF Plus, het daarop gereageer deur te sê premier David Makhura “het al die afgelope paar jaar tot vervelens toe hierdie stelling in die Gautengse wetgewer en in sy provinsiale redes gemaak”.

“Die feit is egter dat die ANC in Gauteng en selfs premier Makhura nie veel doen om van die stelsel ontslae te raak nie, maar eerder die uitsprake gebruik om populistiese steun by kiesers in Gauteng te werf vir die 2019-verkiesing. Die VF Plus glo dat die ANC in dié provinsie nou alles in die stryd sal werp om nie die provinsie in 2019 aan ʼn koalisie van opposisiepartye af te staan nie,” het Van Staden gesê.

Hy het gesê die VF Plus glo ook dat die e-tol-probleem nou deur die ANC in Gauteng gebruik word om dit tot voordeel van die regerende party in die provinsie aan te wend.

“Makhura het in 2015, teen miljoene rande, ʼn e-tol-komitee op die been gebring en daarvan het ook nie veel gekom nie, buiten ʼn verslag wat destyds aan die nasionale regering oorhandig is. Makhura het hierdie jaar, soos voorheen, in sy provinsiale rede teen e-tol uitgevaar, maar nog nie veel gedoen om die stelsel heeltemal stop te sit nie.”

Makhura het Sondag ter afsluiting van die konferensie ook gesê die party sal nie wag vir die parlement om tot ʼn slotsom te kom oor die kwessie rondom onteiening sonder vergoeding nie, maar sal voortgaan om oop grond so gou as moontlik beskikbaar te stel.

“Makhura se uitsprake hieroor is ook ʼn bewys dat die VF Plus se standpunt net herbevestig word wat populistiese uitsprake van die ANC in Gauteng betref. Die VF Plus bevestig weereens dat Makhura se optrede oor grond en om die parlementêre proses vooruit te loop onwettig is en dat die premier slegs kan handel met provinsiale grond en geboue ingevolge die Wet op Grondadministrasie, Wet 11 van 1996,” het Van Staden bygevoeg.

Van Staden het gesê Makhura kan aan geen private grond en geboue raak voordat die proses rondom Artikel 25 van die Grondwet nie afgehandel en deur die parlement gewysig is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

PH Krynouw ·

As meer mense net vir die VF+ stem sal ons dalk iewers kom. Maar ons eie mense kap hulle hande af omdat hulle uit vrees vir die mainmane stem.

Johan ·

VF+ is n rookwolk wat baie geluide maak. Stem eerder front nasionaal en sien n verskil.

Johan van der Merwe ·

E tol paaie is enigste veilige paaie en met beligting waar ek en my gesin veilig op kan voel en ek betaal vir dit met graagte.Geen etol GEEN begaanbare paaie.ANC verwoes hele land en betaal maar etol vir jou en kinders se veiligheid.STOP die korrupsie daaragter.

Hallo ·

Jy bly seker in die Kaap waar die tolgelde nog nie ingestel is nie, hoe sal jy daarvan hou om elke dag na jou werk toe en terug tolgeld te betaal?

koos1 ·

En hoe lank werk jy al vir SANRAL?
Dis nie waaroor dit gaan nie. Ons betaal reeds miljoene aan belasting, petrol heffings, lisensie gelde ens. vir die dienste en dit word misbruik, en nou verwag die staat ( lees ANC) nog geld!

Johan ·

Hulle het dit ingestel om hulle sakke vol te maak deur korrupsie ens, en nou dat hulle uitgevang is will hulle dit afstel en dan verwag hulle ons moet dankbaar wees oor iets wat die landsburgers nie eers n se oor gehad het toe hulle dit ingestel het nie

Hlhens ·

Almal sal maar net weer anc stem anyway. Hulle het mos nog nooit die vermoe gehad om deur al die lee belofyes te sien nie. Stamp maar hulle koppies elke keer

Sak en as ·

Janee hulle wil maak of HULLE nou die wiel ontwerp het . meantime het die wiel wat hulle ontwerp het NIE GELOOP NIE, nou wil hulle die heroes wees. WIE het die TOLGELDE ingestel?? SANRAL (wat ‘n parastatal is) met goedkeuring van die regering . so julle ontken nou iets wat julle self ingestel het .. Julle is niemand se helde nie, maar ek verstaan om die 2/3 meerderheidstem te kry moet julle tolgelde skrap en witmense se grond afvat want daar is NIKS Meer nie ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.