ANC sê Botha was een van min wat vroeg besef het apartheid is verkeerd

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag sy medelye betuig ná die afsterwe van oudmin. Pik Botha.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê dat Ramaphosa aan die gesin, vriende en voormalige kollegas van Botha dink in dié tyd.

“Pres. Ramaphosa het gesê mnr. Botha sal onthou word vir sy ondersteuning van Suid-Afrika se oorgang na demokrasie en vir sy diens in die eerste demokratiese administrasie,” lui die verklaring.

Die ANC het vanuit eie geledere laat hoor dat hulle hartseer is oor Botha se afsterwe. “Die ANC beskou Botha as een van die min lede van die NP wat al vroeg agtergekom het apartheid is verkeerd en ʼn misdaad teen die mensdom.”

Die ANC het gesê die party het uitgereik na die sogenaamde voormalige apartheid-“verligtes” soos Botha binne die konteks van die opbou van ʼn nuwe Suid-Afrika en vir hom ʼn rol in die regering van nasionale eenheid aangebied.

“Terwyl sommige argitekte van apartheid aangehou het om die vordering van demokrasie ná 1994 te ondermyn deur rassehaat aan te blaas, het Botha hom as deel van sy nuutgevonde insig aangesluit by die ANC in Tshwane in 2000.”

Intussen het voormalige pres. FW de Klerk in ʼn verklaring gesê hy verneem met groot hartseer van Botha se afsterwe.

De Klerk het gesê Botha was tydens die “intense gesprekke” binne die NP-leierskap in die 1980’s ʼn toonaangewende, konsekwente vegter vir hervorming, grondwetlike onderhandelings en die vrylating van Nelson Mandela.

“Hy was ʼn unieke en kleurryke persoonlikheid wat ʼn enorme bydrae gelewer het tot die vreedsame en grondwetlike oplossing van die reuse- historiese uitdagings waarmee ons voor 1994 moes wroeg. Hy was vir baie jare ʼn gewaardeerde kollega en ʼn vriend. Ek en my vrou, Elita, wil graag ons medelye aan Ina en sy familie betuig,” het De Klerk gesê.

Botha is vroeg Vrydagoggend in die ouderdom van 86 oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Paul ·

En nou leef hulle in ontkenning wat vandag in die land aangaan.

Joe ·

“Misdaad teen die mensdom” you aint see nothing yet. Hou maar die ANC dop.

Boer ·

Ja! Veraai jou volk sodat vreemdes jou kan prys! Dit is n skande om die minste te sê.
Die Skrif leer ons om nie in ons skandes te roem nie. Laat die wat ore het hoor.

Jannie ·

Daar het jy dit…….sy meesters wat hy reeds voor 1994 gedien het, bring nou hulde aan hulle comrade!!!

eugene ·

aan al die klipgooiers uit julle glas huise:
los nou vir oom Pik, hy het heen gegaan
wees versigtig met julle oordeel, daar was weinig anders wat ons/hulle kon doen, hulle was slim manne met baie ondervinding en groot risiko
die probleem het nie by ons swaergewigte gele nie maar met die vyand waarmee ons te doen gehad het en nog te doen het, dit is nie maklik nie en ek sien geen goeie oplossing uit julle boodskappe nie.
bly op julle kniee en speel die game, ons tyd hier is kort en geniet die goeie wat aan ons almal beskikbaar is in die land en wees slim en immosioneel intellegent!
jy moet of inpas of trek maar bloed kan nie vloei nie
die skepper sal intree as ons uitree en dit sal heel moontlik deur die buiteland kom
geniet nou julle naweek en staan in die reen en se dankie vir alles wat jy het
mooi gaan ou Pik…

Jerry ·

Net soos wat Minister Pik besef het apartheid gaan opeindig in n doodloopstraat, so moet CR vandag besef dat ANC beleid, kaderontplooiing, OSV, transformasie en regstellende aksie NDR programme blatante omgekeerde diskriminasie is wat kwaad met kwaad vergeld en dat SA reeds in die doodloopstraat opgeeindig het. Die onreg van die verlede is bloot vervang met die onreg van die hede. Die gevolge is daar vir almal om te sien, nie net witmense nie, maar veral swartmense staar in ongeloof na die voortgesette plundering deur ANC en EFF kaders en leiers. Wanhoop en wantroue van gewone Suid Afrikaners teenoor politieke leiers en wetstoepassingsowerhede is besig om ongekende afmetings aan te neem wat niks goeds vir alle Suid Afrikaners voorspel nie. Die vuur brand terwyl die politieke wil om die vuur te blus, verlammend staan en toekyk dat alles tot niet vergaan! Begin om die plunderaars te vervolg anders gaan jou eie mense die wet in hulle eie hande neem en niks, maar niks sal hulle stop nie!

Willem ·

Dit is omdat daar nie versoen kan word nie. Welkom in Damaskus.

Rupert Ashford ·

Willem, daar kan versoen word. Ons (insluitend Mnr Botha) het vanuit ‘n Christelike oogpunt besef ons moet die hand uitreik en beter probeer doen. Die Bose aan die ander kant het egter hulle eie sienings en agenda…vandag nog.

Sannie ·

Kyk, die dag as die ANC jou besing, moet jy weet daar is n vals noot.

Staak saam ·

En ek het nogals gewonder wanneer die klerk sy eier gaan kom le.

Ek wonder hoeveel mense die geskiedenis van Israel ken maar uit onkunde skree hulle saam, Apartheid…..apartheid!!
Die grootste sonde is nie Apartheid gewees nie maar gevorseerde intergrasie, dit ontneem jou van jou identiteit, volkskap, geloof en kultuur, apartheid of eie ontwikkeling verseker dit.
In die Noord Sentinal eiland heers apartheid soos n liberale nie sal verstaan nie, waag dit net naby en jy word semuur gedood, nou hoekom was dit hier n sonde maar daar word dit met die dood beskerm en niemand meng in nie.
Jerry het jy n antwoord?

Stormjaers ·

Dit is baie eenvoudig. “Follow the money” Suid Afrika het baie goud en diamante. Asook beheer oor die see roete. Dit was nooit oor die Afrikaner of ons kultuur nie. Rusland het Suid Afrika gesoek. As iemand iets het wat jy wil he, dan maak jy hom jou vyand.

Sdl ·

Die ANC verryk hulle selfl. Die Chinese belê in SA. Hulle soek hulle eie mense om te werk. Eie skole eie krag stasies en eie hospitale. DIT SKREEU APARTHEID IN MY OE!

LV ·

Van al die voormalige NP ministers,het Pik die meeste geraamtes in die kas,tyd dat dit openbaar word.

Pieter Jacobs ·

Ek sal ons tye in die jagveld altyd onthou ou vriend. Rus in vrede.

SjN ·

Ja oom Pieter, ek onthou as 10 jarige kind gedurende die 70 jare toe julle baie gekuier het om die vuur op Vivo in die Soutpansberg op n bekende dokter se wilds plaas wat n groot HNP ondersteuner was, al die stellings wat deur hom aan julle gestel was het waar geword en was heftig deur julle ontken, ek kry eintlik skaam namens julle.

Johannes ·

wel hy gaan nou ge oordeel word volgensnwat hy gedoen het soos ons almal eendag. gaan jou nie mis nie jy het ons volkie uitverkoop

H de Hoop ·

De klerk jy moet eerder jou mond toehou.E k het geen respek vir jou nie.Jy is n uitverkoper en n skande vir die land.
Ek wil niks van jou hoor nie.Bly stil.

Pieter ·

Dis nou een ding van ons blanke nasie…ons kannie wag om een te oordeel nie.Plaas staan ons saam maar nee…ons oordeel en verguis ons eie mense…wat n wonnerlike voorbeeld van versoening.Met so n houding is ons land gedoem…leierloos…..ons kan nie eers as n blanke nasie saamstaan nie.

Dries du Toit ·

Saamstaan se jy Pieter. Die Afrikaner het saamgestaan en vertrou op De Klerk en sy kaders. Ons het leuns en die sogenaamde wigte en teenwigte vir soetkoek opgevreet. Kyk waar is ons nou.

Judge Dredd ·

Saamstaan met wie?
Die Afrikaner liberales wat ons al hoeveel keer uitverkoop het?
Het jy al ooit gewonder wat sou gebeur het as hulle tydens die tweede Anglo-Boere oorlog maar net braaf genoeg was om met die boere state saam te staan?
Baie historikuste se dat as die boere net 6 maande langer kon uithou dan sou die Engelse moes onttrek want die oorlog sou te duur geraak het. Na die oorlog het die engelse met treine die goedkoop arbeid aangery om in die goudmyne te werk om sodoende die boere vir ewig ‘n minderheid in hul eie land te maak.
Dink net, As die boere state behoue gebly het sou daar moonlik geen rede gewees het vir Apartheid nie.
Maar nee – toe sien hierdie “Afrikaners” mos ‘n kans om geld te maak – het die engelse van perde en voorraad voorsien.
Beste van alles toe is hulle te skaam om hulself boere te noem – dus die naam Afrikaner.

Ek is ‘n Boer.

Mrs H ·

Sjoe ou Cyril, so wat jy se is dat jy regtig jammer is oor sy afsterwe, want hy was deel van die appartheid struggle soos julle? Met ander woorde hy verdien n staats begrafnis, maar jy sê niks daarvan nie, kan dit wees omdat hy wit is Cyril, of is jy dan nie regtig jammer nie, maar probeer net lyk of jy maniere het en probeer om die regte ding te doen, al sit dit nie reg by jou nie?

Oom Kalahari ·

Alle medelye aan die Botha familie vir jul verlies en wens jul sterkte en voorspoed.
Daar is diegene wat hul rug gekeer het op ‘n volk wat vandag niks is en die grootste vernederinge en vertrappings moet mee maak. Botha, de Klerk, Meyer sal onthou word vir dit wat hul aan ‘n Boere Volk gedoen het. Daarvoor sal eendag rekenskap wees. Die wat my wil stenig, gaan voort, want ek gaan nie vals wees nie en is lief vir “ons Mense” Boere volk soos Mnr CR se sy mense. RIP.

Cherokee ·

En sò het die tema ir dieselfde berig verander in sowat 12 ure. Vanaf oorvloed lofbetuigings tot oorvloed beledigings. Waar is die lofsangers van vanoggend?

jaco ·

As julle die woorde verraaier en uitverkoper wil toesnou aan pik en FW, doen dit dan ook met regse leiers soos Ferdi Hartzenberg en Jaap Marais, wat hulle amper 1 miljoen neestemmende ondersteuners ontmoedig het om in 1994 se verkiesing te stem. 1 miljoen stemme is af na 425 000 vir die VF-Plus in 1994. En tans kry dié party wat nogal ontstaan uit uit van die nee-stemmers, maar 170 000 stemme. So ja, name soos verraaiers en uitverkopers pas eintlik ook maar by duisende van ons eie mense wat gou is om te kla, maar kom dit by stem dan bly hulle tuis. Ons eie mense help dus lekker aan die skepping van ons eie ondergang. Moenie net die huidige ANC of FW en Pik en die ou Nasionale Party blameer nie.

Piet ·

In die referendum van 1992 het Jaap Marais die belangrikheid duidelik gemaak dat die konserwatiewes moet verening teen die linkse bedreiging. Hulle het hom gevra wie dan die leier sal wees van hierdie verenigde front, waarop hy geantwoord het dat dit nie hy hoef te wees nie, “die mense sal self hul leier kies”. Constant Viljoen het net soos die KP in die 80’s die konserwatiewes met n baie berenkende “aanslag” uit mekaar laat spat. Voor die verkiessing het Oom Jaap gese dat ons nie moet deelneem nie, want die verraad was reeds baie duidelik. Deelname aan n verkiessing gee geldigheid aan die proses en daarom wou Oom Jaap nie deelneem nie. As jy wil se Oom Jaap is n verraaier se ek jou dat jy dit nie voor hom sou se nie. Is jy nie dalk nou vrot van die keyboard karate nie?

Deon ·

Jaco, kry dan tog net ‘n ander naam vir die VRYHEIDSFRONT PLUS. Duisende “regs”denkende kiesers meen dis ‘n vak op skool wat Angie ingestel het. “Vryheidsfront Party” miskien? Ten minste sal die kiesers weet dis moontlik ‘n politieke party. Wie ookal besluit het op die “Plus” ná die KP en AEB met die VF saamgesmelt het, was definitief gerook!

Cherokee ·

Piet, ek hou van wat jy skryf. Dit is ingeligte kommentaar. Kort voor die referendum het ek aan Ferdi Hartzenberg gesê die KP is gestig deur die Nasionale Party om as teenvoeter te dien teen die regse aanslag vanuit die kamp van die HNP. Want die KP is gestig met ‘n konstitusie baie naby aan die van die HNP maar hulle het die HNP opponeer op alle verkiesings behalwe die referendum. In die boek Volksverraad deur PJ Pretorius word my stelling bevestig.

Anita ·

Die Afrikaners is goed bekend met verraaiers en manteldraaiers.
Een voorbeeld is die geskiedenis van Jannie Smuts. Spotprentekenaars was lief om hom as ‘n jakkals te teken. In Tweede Vryheidsoorlog was hy ‘n generaal. Miskien het die rugkeer op eie mense al begin toe hy in Engeland studeer het, Die kiem van verraad was dalk al vroeër daar.
Maar een ding is seker hy is nogtans blindelings gevolg deur sekere mense. Daarvan getuig die geskiedenis.
Die ontstellende is altyd die herhaling van geskiedenis omdat die Afrikaners nie wil of kan leer uit foute nie. Daarvan getuig die geskiedenis.

Piet ·

Nou ja, in vorige berigte was die delete knoppie ywerig gedruk wanneer kritiek teen Botha getik was. Hy het wel n groot aandeel daarin om die ANC aan bewind te kry en moet dus deur die ANC daarvoor vereer word. Ek lei af uit al die hulde wat instroom onder Afrikaners, n goeie politikus moet een wees wat n front kan voorhou en dan n totaal ander agenda volg – eerlikheid moet geen opsie wees nie. Waar hy nou gaan is eerlikheid moontlik n vereiste. Ek hoop hy kom reg!

Cherokee ·

Piet, elders het ek jou gekomplimenteer met ‘n kommentaar. Hier diskrediteer ek jou. Moet nie in ‘n ander dimensie probeer inpraat nie want jy weet nie wat daar aangaan nie. Hoe dinge daar gebeur nie. Ek weet ook nie hoe dinge daar gedoen word nie. Hierdie is ‘n roekelose stelling wat jy gemaak het. Ons bespreek die politikus, Pik Botha. Hy is nie meer ‘n politikus nie en ek hoop hy het vrede. Ek gun hom dit.

Jerry ·

Staak saam, u vra of ek n antwoord het. Die antwoorde wat jy soek is vervat in die Woord van ons God! Daarom se ek wie is ons om te oordeel oor Minister Pik. Hy was n diep gelowige Christen wat nie op sy eie kragte staatgemaak het nie. Hy het hom laat lei deur gebed en tot die besef gekom dat SA staan op die vooraand van n burgeroorlog wat alle Suid Afrikaners in oneindige ellende sou dompel en het daarom n vreedsame uitkoms bepleit. Dit opsigself was n wonderwerk wat daarna aan alle volke in SA n kans gegee het om harmonie tussen mekaar te bewerkstellig vir vreedsame voortbestaan. Niemand van ons weet wat die dag van more vir SA inhou nie en daarom strewe ons goedheid na sodat goedheid ons mag volg, maar ook met die wete dat die boosheid sy eie planne koester. Die 1994 ooreenkoms het tyd gekoop vir Suid Afrikaners om te besin oor die toekoms en so het talle mense besluit om te bly en dit te maak werk waar ander verkies het om hul heil in die buiteland te gaan soek na wie ek graag verwys as die uitverkorenes van die volk! Die rede hoekom ek se hulle is die uitverkorenes is omdat die Woord vir my se dat die volk moet hulle grond, eiendom en besittings verkoop en hulself versprei oor die uithoeke van die wereld! MM sal ongelukkig nie die gevolge vir die wat nie geluister het nie, hier plaas!

Elsa ·

Sjoe, party mense kan darem vir jou oordeel en ander dreig met die hel, asof julle geen sonde het nie. Ek dink nie daar is een nasie of volk wat so kan oordeel en ander veroordeel, as juis die Afrikaners nie. Ons volk is besig om hul eie ondergang te bewerkstellig deur onverdraagsaamheid en liefdeloosheid en selfsugtigheid. Wat het die sogenaamde Uitverkooptes intussen gedoen om die situasie in ons land enigsins te verbeter? In kermende doemprofete verander wat niks positiefs kan bydra nie? Party wag nou wraggies dat die oorledene se geraamtes in die kas openbaar moet word! Vir wat? Om nog meer te kan veroordeel en julself te verlekker in ander se “sondes”?

E.K. die eerste ·

Elsa, minstens gee jy ordentlike kommentaar. Ek kry skaam vir al die veroordelings hier. Christene?! I don’t think so!

HPV ·

So mens moet dan ook niks sê oor Zuma, Malema of enige mens se verkeerde besluite dade of wat ookal nie. Dit is die rede dat mens soms dink jy woon die verkeerde begrafnis by.

Staak saam ·

En daar oordeel jy die oordeelers, wat maak jou beter en heiliger?

Callie ·

Dis waar. Moet niks se as jy niks goed van iemand kan se nie. So ek moet en kan dan NIKS oor daai man kwytraak nie

LHS ·

Jaco jy verstaan duidelik nie die beginsel rondom stem nie. Stemming vind plaas as twee of meer partye of mense n redelike gelyke kans het om dan te bepaal wie moet bo eindig. Verder as mense nie saamstem of wil deelwees van iets om welke rede, veral as jy weet dit wat gebeur is n gemors nie, moet die wat wel so stupid was om daarmee aan te gaan , nie nou die nie deelnemers wil blameer vir jou eie gemors nie. Julle was gewaarsku. So dankie, hou veby en begin sommer almal wat verraai is se voete te was.

Dries du Toit ·

Presies. Hierdie mense wat nou so hoogheilig is teen die kritiek van ons swak leiers is gewoonlik die beledigendste kritici teen Zuma en Malema

Elsa ·

HPV, Zuma en Malema en ander soos hulle, is heel onder aan my eie gewildsheidslys en ek het ook nie respek vir hul uitlatings en die haat in hul harte nie. Tog gee dit my nie die reg om hierdie mense hel toe te verdoem nie, want wat van my eie sondes? Niemand van ons is sonder sonde nie, maar mens moenie altyd ander mense se sondes raaksien en van jou eie sondes vergeet nie. Dit sien ek daagliks in uitlatings deur ons eie Afrikaners. Haat aanblaas en soms leuens wat versprei word om nog verder haat en verbittering te saai, is in my oë ook sonde. Ek dweep nie met Godsdiens nie, maar ek glo nogal baie aan naasteliefde uitleef en om alle mense as my gelyke te behandel. Ek lewe ook nie in vrees nie, want ek glo nogal niks sal met my gebeur as dit nie God se wil is nie.

HPV ·

Elsa, dit gaan nie oor oordeel oor ander nie, soms gaan dit oor realiteite en hoe ‘n ander mens iemand of iets beleef. Mense verskil van mekaar soos mense dinge verkillend beleef. Ek persoonlik glo vir geen oomblik dat God slegte dinge met die mens laat gebeur nie, slegte dinge is jou eie besluite en toedoen, jy bring dit oor jouself. God kan nie verantwoordelik gehou word alles wat met ons gebeur nie want Hy het ons vrye keuses gegee. Dit is maar net my persoonlike mening.

Casper Labuschagne ·

Korreksie. Die besef het al in die middel van John Vorster se termyn posgevat dat Apartheid onwerkbaar is. Nie dat Apartheid verkeerd is nie, tot Helen Suzman het geskryf dat Verwoerd haar in die parlement amper kon oortuig dat Apartheid swartmense sal beskerm om self te ontwikkel in hul eie beskermde omgewing. Die kernbeginsel van Apartheid word vandag toenemend by Universiteite in die VSA en elders deur swart studente self ingestel waar die die groep met ‘n agterstand in ontwikkeling beskerm (en bevorder) word teen die groep met ‘n tegnologiese voorsprong.

Cherokee ·

Dìt juis is waarom {bes moontlik deur Hendrik Verwoerd as voorloper) die korrekte term Afsonderlike Ontwikkeling gebruik was in die plek van apartheid.

Elred Ferreira ·

Die hoogheiliges wat kwaad is omdat Pik n verraaier genoem word….julle kwaadheid gaan ongelukkig niks aan die waarheid verander nie….hy was deel van die kabaal wat hulle volk vir die wolwe gegooi het!

Johanna Botha ·

My genade die anc is dan self besig met apartheid ….hoe vestaan mens die opskrif ? ?

Jerry ·

Ons as Afrikaners is leierloos en in die moeilikheid en omdat ons nie weet hoe ons uit die gemors gaan uitkom nie is die versoeking groot om te verdeel deur mekaar te blameer vir die foute van die verlede. Al wat ons te doen staan om uit die gemors te kom is om in nederige erkentlikheid voor God te staan en te erken dat ons as volk ongehoorsaam was aan sy wette en opdragte en dat God nie moet toelaat dat ons ongehoorsaamheid ons vernietig nie! Daarna moet ons hande vat en beleefd en versoenend teenoor mekaar optree met die wete dat eendrag maak mag en dat ons God ons genadig sal wees en dan vir ons n leier sal gee wat sal toesien dat ons nie weer ons God se wette en opdragte verontagsaam nie! Dit sluit in dat ons respek betoon teenoor die dooies, dat ons hulle eer en begrawe en dat ons leef vir die wat nog lewe! Ons moet eers ons eie boosheid deur gehoorsaamheid en goedheid oorwin voordat ons enigsins kan verwag dat die boosheid van die ANC oorwin sal word!

Hennie ·

Die ANC sal Pik inderdaad goed onthou vir die ondersteuning wat hulle van hom ontvang het. Ons sal Pik inderdaad ook goed onthou, volgens Adv. Pretorius in sy boek “Volksverraad” was Pik die CIA se hoofspioen teen die apartheids regering, dus ‘n goed gedefinieerde verraaier van die blanke volk, ‘n volk wat ‘n verbond met God gesluit het by Bloedrivier. Dis sy nalatenskap vir hierdie land.

Apartheid ·

Welgedaan oom Pik en Oom FW de kerk. Julle is afrikaners se helde. Elke afrikaners behoort julle voete te soen. As dit nie vir julle was nie sou daar burger oorlog gewees het . En wit mense in die mooie land sou deur die massas uitgeroei gewees het. Die wat nou so slim is en apartheid ondersteun sou al geskiedenis gewees het. Die pot was besig om oor te kook. Mense was siek en sat om verdruk te word. Laat die wat apart wil wees dan oranje toe trek of ventersdorp. Ek is bly dinge het verander . Jammerte die huidige regering is so pateties. Hoop oom Pik kry n volle staats begrafnis.

Jasp ·

Ek kan net hoop jy het geen invloed op n jonger asem nie en dat die skille van jou oë betyfs sal afval

Piet ·

Jy kan mos nie se die huidige regering is pateties nie, dis dan die resultaat van jou stem en waarvoor jy en oom Pik julle beywer het. Waarom verwag jy toe iets anders as in die res van Afrika?

Oom v Rensburg ·

Sterkte aan Pik se familie en vriende.Ek sal hom altyd respekteer.Sy afsterwe is vir my n geweldige verlies.

Oud Soldaat ·

Pik Botha was die beste man wat ek ooit geken het.
Sterkte aan familie. Julle het n diamant verloor.

Oud Grensvegter ·

de klerk en ramaposa se name moet nie in dieselfde sin asPik Botha se naam genoem word nie.Hulle is dit nie werd nie.
Pik Botha was my held en hy sal dit bly.
Dankie Pik vir wat jy vir ons manne beteken het Ons saluut jou.

Oom Kalahari ·

@Johanna Botha, mooi gestel en is saam jou. Laat dit maar weereens vir sommige die groot Ikoon persepsie skep tog seevier die waarheid en werklikheid maar altyd. Die werklikheid is ‘n versplinterde Volk wat gedompel is in ‘n misdaad omgewing vol opgrawens van die verlede en haat. Die doelwit was met respek grond gebied aan elke faksie en stam toegeken tot eie ontwikkeling en as dit nie werkbaar was nie wat is dan? Gaan dit oor gretigheid, oorheersing, Mag, geld, vermenging en invloed…..dit is maar elkeen se eie opsomming. In Orania is daar vreugde, omgee, liefde tot mekaar, respek en Goddelikheid. Ek gaan my nooit as ‘n Christen persoon voordoen wat ook vol foute is nie, maar ek gaan wel op my troontjie sit as ‘n “Gelowige” mens.

Cherokee ·

Presies so Johanna, probeer al wat ‘n ja-stemmer is die blaam verplaas. Deur te vra hoe hulle moes geweet het wat die gevolge van hul keuse sou wees. Maar nie een van hulle sprak ‘n woord van hoe Albert Hertzog en Jaap Marais dit teen lamppale in elke dorp en stad, uitbasuin het. Daar was twee keuses tydens die referendum en albei was baie mooi verduidelik. Die voorspellings ook…. sê die Hertzogiet vir jou.

Elsabe ·

My eie opinie ……. eerlikheid in politiek is seker baie skaars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.