ANC sê fase 4-beurtkrag is ‘sabotasie’

Zizi Kodwa. Foto: ANA

Eskom se implementering van fase 4-beurtkrag ‘wys al die tekens van sabotasie’, het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, Dinsdag gesê.

“Die toeval is baie verdag. Dit kom ʼn paar dae ná die president [Cyril Ramaphosa] sterk uitlatings gemaak het tydens sy staatsrede om die ekonomie en beleggings te bevorder. Dis duidelik dat daar ʼn paar ander pogings was om seker te maak dat ons die kragvoorsiener stabiliseer, insluitend ʼn aankondiging om verskillende besigheidsentiteite te skep om dit meer winsgewend te maak,” het Kodwa aan eNCA gesê.

“Dit wys al die tekens van sabotasie. Óf die bestuur weet nie waarvan hy praat nie, óf hulle lieg vir die land, want ons het onlangs gehoor alles verloop glad. [Eskom het] ons verseker daar sal nie enige probleme wees nie. Maar die land was gister beslis in ʼn gevaarsone geplaas en dit opsigself kan daartoe lei dat beleggings onttrek word.”

Kodwa het gesê die kragvoorsiener se leierskap skuld die land ʼn verduideliking.

Ramaphosa het op 7 Februarie in sy staatsrede gesê Eskom sal in drie entiteite, naamlik kragopwekking, kragvoorsiening en kragverspreiding, verdeel word as deel van ʼn nuwe sakemodel. Hy het gesê Eskom is in ʼn krisis en hou ʼn beduidende risiko in vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en groot besluite moet gemaak word om seker te maak die land se kredietgradering word nie hierdeur geraak nie.

Eskom het Maandag fase 4-beurtkrag toegepas en die kragvoorsiener het gewaarsku dat beurtkrag tot April kan voortduur. Fase 3-beurtkrag duur Dinsdag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Ja-Nee ·

Wel wat is die alternatief? As hulle enige iets anders se moet hulle aanspreeklikheid aanvaar vir die gemors by Eskom.

Sonkrag ·

Totdat kragdiefstal gestop word, totdat munisipaliteite vir krag betaal, tot dan sal Eskom bankrot bly!

JohanL ·

Sonkrag, jy is reg. So ironies dat mense nie betaal vir elektrisiteit nie, maar dan kla oor Eskom se tariewe. Hulle probeer net wins maak om te oorleef. Ja, nou weet ek ek gaan geslag word :) Ek stem ook saam – ek herhaal ek stem ook saam – dat Eskom agv korrupsie, belaglike salarisse en te groot hoeveelheid werkers, ‘n probleem het met hul balansstaat.

Maar verbruikers wat nie betaal nie is effektief deel van die skelmspul. Hulle is nie onskuldig nie.

Wimpie ·

Ek sal goed glo is sabotasie.. as eskom nie sy s’n kry tan gooi hulle tantrums..

Staak saam ·

Net die liberaliste sal die sabotasie storie glo.
As alles dui op sabotasie, is die saak dan aangemeld by die SAPD vir ondersoek, nie dat dit veel sal hepl nie!!

Om Eskom in drie te deel sal net Eskom se uitgawis nog meer laat groei, daar sal seker nog twee baord’s aangestel moet word en elk met sy eie CEO.

Die unies het klaar gewaarsku, Eskom afleggings sal n verklaring van oorlog wees en COSATU dryg om sy steun aan die ANC te onttrek so voor die verkiesing.
Ou Cyril weet nie meer waar om te koes en hoe om te lieg nie.

Snowball ·

Cyril is GESKOK! Arme mens, Eskom wek so min krag op, hy is nog al een in SA wat geskok kan word.

Griet ·

Hulke draai almal ‘n rat voor die oë. Eskom is al jare reeds in die spesifieke 3 dele gedeel.

Emma ·

Nee julle saboteur die hele land nou sal julle definitief stemme verloor by die stembus.

Ander Annie ·

Zizi, nyope is verslawend. Nou wonder ek wie is kamstig agter die sabotasie? Dit is ALTYD iemand anders se skuld. Haal maar uit die gas braaiers en kerse mede burgers. Gelukkig hou ons mos van braai.

jaco ·

Eskom word beheer deur die ANC regering, maar die ANC vermoed sabotasie by Eskom. so eintlik is die ANC besorg oor die ANC. Iets maak nie sin nie. praat hulle dan nie met mekaar nie? Dis dan een ANC?

Ampie ·

Ja dit is sabotasie. Eskom (ANC) saboteur dit. Soek rede vir hul verhoging

Hans ·

Stem saam met hulle. Hoop net die Mafia word ook nou vinnig by Eskom uitgeskud.

Adam ·

Die ANC saboteer SA al vir jare. Die ontbondelings-idee is teoreties ‘n goeie een, maar die kans om dit effektief te doen gegewe die bestuursvernuf in SOE’s, is onwaarskynlik. Kowa se stelling dat dit Eskom “meer winsgewend” sal maak is komies. Eskom en “wins” is twee woorde wat nie in dieselfde sin hoort nie.

Gert van Wierdapark ·

Uiteindeluk het hulle agter die kap van die byl gekom wat SA-bo-tasie betref: Eskom, Sauk, SAL ens- ens.

C op C ·

Hoekom kry ek die gevoel dat ons geboelie word deur ‘n baie geniepsige kragvoorsiener…

Wonder net ·

Wel anc, is dit nie julle beloftes wat wat maak, of is dit nie julle. Snaaks voor 1994 het almal krag gehad, as jy nie gehad het was dit omdat jy nie wou betaal. Snaaks, anc wil alles afbreek oor appartheid, maar dink mooi, julle het dit gebou. Ons het net gesupervise, whahahaha. Dom ne. Toe vat julle oor, sjoe geld was baie in rekening. Hoekom was die vraag. Hmmmmm nuwe mense, meer mense en meer huise. Myhel daai geld was vir nuwe krag stasies, nie bonus nie

PJC ·

Iewers is ń helse skroef los. Waar ek bly was die krag al 2 keer af vandag.

aj ·

Wat nou voor ons oë afspeel is ‘n ‘geveg tot die dood’ tussen die desperate Zuma faksie (wat mag ten alle koste moet behou, of tronk toe gaan) en die President Paddapot faksie wat die mag nou moet oorneem … of uitgeskuif word.

Die stryd is só fel dat Suid Afrika verwoes word in die proses.

Eskom is slegs een van die pionne in die magspel.

Stephan de S ·

Selfs die President wil homself en ons wysmaak dat daar allerhande redes vir die kragkrisis is. Gewone mense weet egter wat die ware redes is nl luiheid, gebrek aan toesig en aanspreeklikheid, onbekwaamheid en korrupsie. Voordat dit aangespreek word, sal die een krisis net n volgende een word en so voorts. Of die ANC ooit bereid sal wees om die waarheid in die gesig te staar en iets daaraan doen, is amper ondenkbaar.

Jerry ·

Zizi, met zuma aan die stuur het jy vir Suid Afrikaners gelieg en hulle mislei. Nou belieg en mislei jy Suid Afrikaners met CR aan die stuur. Geloofwaardigheid bestaan blykbaar nie in julle menswees nie en Suid Afrikaners weet darem nou al teen die tyd dat julle glad nie vertrou moet word nie!

Potties ·

Net so Griet Tansmission Distribution en Generation al baie jare so ……

Charles ·

Die verfoeilike ANC is DIEP in die MOEILIKHEID, paniekerig; en gaan SWAARKRY hierdie 6de verkiesing van die kamtige “demokrasie”; mag die Here gee dat Suid-Afrika die wenner gaan wees wat uit die stryd uittree!

Stripes ·

Die beurtkrag is net ‘n slinkse manier van afpersing om meer geld in die koffers te kry wat dan maar net weer gaan verdwyn in die proses en dan word beurtkrag maar net weer voortgesit. SAL is goeie voorbeeld hiervan ook, bankrot, word uitgehelp, bankrot, word uitgehelp. Die gemors sal nooit einde kry nie. Dit kan ook wees dat daar iewers ‘n ander mag betrokke is om RSA so in sy glorie in te kry dat hulle die land kan oorneem sonder dat iemand dit agterkom. Eers het die NP die land vir die ANC gegee, toe gee ANC die land vir Zuma, nou wag ek maar op die 3de stap wat alle slegte goed kom mos so drie op ‘n ry.

Trap krag ·

Eskom kan 50 000 000 fietse koop met elkeen n genarator in,almal het werk,die lug bly skoon,daar is krag ens ens……

brens ·

Ek onthou kragstasies; nooit probleme; stuur alle vreemdelinge terug waar hul vandaan kom; windkrag antwoord nou.

Hennie ·

Cyril se “I am shocked” as dit tydens beurtkrag was dan lieg hy want daar was nie krag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.