ANC sê Gupta-e-posse moet ondersoek word

Atul Gupta (Argieffoto)

Die ANC het Vrydag ʼn beroep op die regering gedoen om dringend die egtheid van duisende e-posse te ondersoek wat na bewering die korrupte en verwoestende bande tussen pres. Jacob Zuma en die Gupta-familie bewys.

Die ANC het gesê die bewerings rakende die reeks e-posse, wat onder meer tussen lede van die Gupta-familie, hulle vriende en regeringsministers gestuur is, is kommerwekkend en bevraagteken die integriteit van die regering.

“Die ANC beskou hierdie bewerings in ʼn baie ernstige lig. Indien dit nie ondersoek word nie, sal dit die integriteit en geloofwaardigheid van die regering in twyfel trek, asook vrae veroorsaak rakende die gebruik van staatshulpbronne om privaat belange te bevorder,” het die regerende party in ʼn verklaring gesê.

“Sulke sake kan nie toegelaat word om in die openbare domein te sweer nie. Die ANC doen daarom ʼn beroep op die regering om dringend vas te stel of die e-posse en die bewerings eg is en om ʼn verduideliking te eis van diegene betrokke.”

Die party het ook gesê die regering moet onmiddellik die besluit van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, om ʼn kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping aan te stel, in werking stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

al ·

Hoekom juis nou wakker skrik? Dit ontplof in hul gesigte – hulle moes hom al die naweek gerecall het.

Cherokee ·

al,… gewoonlik, soos nou ook, geniet ek jou sêdinge. Dit beteken egter nie dat ek jou woord vir woord ondersteun nie want, soos hierdie keer ook, dink ek en spekuleer ek, voor ek kant kies. Dan weer, moet ek toegee dat ek eintlik reeds kant gekies het en ek skaar my by Zuma! Ek sal veg om hom in die posisie te behou waar hy is. Ek is van geaardheid soort van uiters analities en daarby bedoel ek dat ek wik en weeg en besonderhede deur ‘n net met klein gaatjies gooi voor ek kant kies. Ek hou Zuma se politiek dop en wil geen ander ANC-president daar hê as juis hý nie!
Laat ek jou saam nooi om politiek te ontleed en jou daarop wys dat die VF+, DA. Cope, ANC en die res probeer om Zuma afgedank te kry maar wie kan ooit beter doen as Zuma self?
Hý wat Jakop Zuma is breek die ANC stukkie vir stukkie flenters sonder die hulp van enige van die genoemde partye!!! Ons het geen ander party nodig om van die ANC ontslae te raak nie! As ons hom laat ontslaan gaan dit die ANC red! Laat Jakop toe om die ANC te verfklenter!!! (Maaaaar al my vriend(in), wàt daarna?) Miskien is Jakop die antwoord vir juis nòu (want moet nie hoop op die liberalistiese DA om oor te neem nie) want die EFF se stank is veel veel erger as selfs húlle!

humor ·

“Geloofwaardigheid en integriteit”?????????????? Ongelooflik dat daar iemand in die ANC is wat aan so iets kan dink.

Annette Stander ·

Die woorde “geloofwaardigheid” en “integriteit” bestaan nie in hierdie korrupte regering se woordeskat nie.

Vryheid ·

Gee my krag anc …. “integriteit en geloofwaardigheid van die regering in twyfel trek.” Twee woorde wat die regering duidelik nie verstaan nie. Niemand vertrou julle meer nie

Jan ·

Laat nou die inbreker homself aankla, homself verdedig en homself straf. Kan iemand onafhanklik nie maar die werk doen nie. Wolf is nou die skaapwagter!

Marius ·

Die ANC weet dit is waar. Hulle speel net vir tyd, maar Zuma se dag sal nog kom…

Frik ·

Dis hul strategie. Hoe langer dit neem hoe minder die impak. Kyk byv dat hof beveel Zuma om voor Donderdag redes en bewyse te lewer hoekom Pravin vervang is. Donderdag dien Zuma aansoek om appel in. Nou moet dit eers aandag geniet of appel toegestaan kan word en indien ja dan n datum bepaal om appel aan te hoor en so word daar vir tyd gespeel en wanneer uiteindelik afgehandel is dit nie meer relevant. Baie geluk aan ons regslui wat so help om ons land uit te buit.

Basjan ·

Die ANC gaan die ANC ondersoek. Ons weet wat gaan die uitslag daarvan wees.

Action Jackson ·

Atul Gupta vir president!!!! Dan kan ons hom ten minste dophou en sien waarmee hy besig is….

John ·

Dis presies wat hy wil hoor… net dan bly ons in Little India. Kyk kanaal 413 vir ‘n blik op jou toekoms… en ons Kerkies sal plek maak vir dooie kliptempels vir vreemde gode waaroor ape daagliks klouter en baasspeel… en… ek hoop jy hou van rioel in die strate….

Justice ·

En al ons beeste word as heiliges verklaar en mag nie meer geslag word nie.

San ·

Alhoewel dit nie heeltemal relevant is t.o.v. die berig nie, bly ek my verstom oor hoe dinge werk. Ook hier skemer dit deur: Die skuldiges se grootste plig bly bloot net om die bal gemors na ander uit te gee.
In die hele sage word alles gedoen om die Guptas as die aardsondaars uit te wys.
Dit terwyl hulle niks verkeerd gedoen het nie. Ook die e-posse wys bloot dat hulle groot sakemanne is wie weet waar om hul regte belange te bevorder.
Dat ons vername regeerders baie graag bande gesmee het, was alleen omdat hulle mildelik daaruit gebaat het.
Dus – vergeet die Guptas, fokus op julle eie (ANC) gulsigheid.

Steve Stephansen ·

ANC gaan die saak ondersoek? Om wat te doen? Om die waarheid weer onder die mat in te vee???? nee man, gee die ondersoek aan geloofwaardige mense wat die waarheid soek….nie ‘n klomp toffies wat die ANC se gatte probeer red van ondergang nie.

Dirk ·

HOKAAI!!!! Laat ek nou mooi verstaan….. Die skelms vra die skelms om ondersoek in te stel in die skelms se eposse? Goeie genugtig!!! Kom ons raai hoe hierdie petalje gaan uit draai. Die ANC is ‘n mislukking. Zuma is ‘n krimineel. Die Guptas moet op die hoogste vlak agtervolg en gearresteer word vir staatskaping en hoogverraad. Zuma moet sommer ook vir hoogverraad agtervolg word.

Nie een van die ANC ministers het ‘n greintjie integriteit meer oor nie. Selfs nie Pravin wat tydens die tweede laaste mosie van wantroue VIR Zuma gestem het. Nou is Pravin groot bek oor Zuma.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.