ANC se haas oor grondonteiening is ‘verkiesingstegniek’, sê DA

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die ANC se “kunsmatige kommernis” oor grondhervorming neem met elke verkiesingsiklus toe en die party gebruik grondonteiening nou as ʼn verkiesingstegniek, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.

Die DA neem kennis die kabinet het die nuwe Wetsontwerp oor Grondonteiening, wat vandeesweek in die Staatskoerant gepubliseer sal word en gevolg word deur ʼn 60 dae kommentaarperiode, goedgekeur.

“Die ANC se kunsmatige kommernis neem dramaties toe met elke verkiesingsiklus. Om dié wysigings te stoomroller, is tot nadeel van Suid-Afrikaners, omdat dié wetsontwerp verreikende gevolge en alle besluite daar rondom moet sorgvuldig en noukeurig gedoen word,” het Thandeka Mbabama, woordvoerder vir die DA, gesê.

“Die DA is ook besorg dat die onsuksesvolle ANC onteiening as ʼn verkiesingstegniek gebruik. Dit is gebaseer op bewyse wat die ANC self tydens vorige verkiesings gelewer het – hulle het dieselfde gedoen met die Wet op Herstel van Grondregte wat net voor die verkiesing in 2014 gestoomroller is. Die dringendheid oor hierdie wetsontwerp is heeltemal arbitrêr.”

Die proses om artikel 25 van die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, duur voort en daar is geen objektiewe rede waarom die proses versnel moet word of waarom die parlement nie die voorgestelde grondwetlike wysigings kon oorweeg voor die wetsontwerp goedgekeur is nie. “Dit is suiwer politieke stoomrollery,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg die DA wil hê Suid-Afrikaners moet hul grond en eiendom besit in ʼn Suid-Afrika waar swart mense vantevore van grondeienaarskap ontneem is. “Ons hoef nie die Grondwet te verander om dié probleem te takel nie, ons het aksie van die regering nodig. Wat ons beslis nie nodig het nie, is die EFF se plan dat die regering alle eiendom en grond moet besit waar inwoners gedwing sal word om lewenslank hul grond en huise by die regering moet huur.

Die DA glo mense moet hul grond besit, omdat hulle die beste weet hoe om die grond te verwerk. “Kom ons bring grondhervorming waar mense grondeienaars is, nie lewenslange huurders nie. Kom ons maak seker dat hierdie proses reg plaasvind en nie versnel word as ʼn verkiesingstegniek om stemme te werf nie. Ons sukses in die Wes-Kaap het gewys dat ons ernstig is oor grondhervorming en dit kan binne die bestaande grondwetlike raamwerk plaasvind,” het Mbabama gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Anoniem ·

Dit sal ook die einde van Leiers beteken want Mugabe is ‘n sprekende voorbeeld van waar gebede verhoor is en God ‘n einde aan Sy GROND-MAGS- BEHEPTHEID gemaak het en Hom ‘n oud en afgeleefde OUMAN gelaat het wat net gepla is oor Sy pensioen ! Sy mense verhoudings is 0 want 3 miljoen van Sy Landsgenote werk buite die Landsgrense van Zimbabwe ! Suid-Afrika loop vinnig dieselfde pad met die ANC aan bewind met die EFF wat soos ‘n irriterende, blaffende hondjie te kere gaan en Sy Leier wat nou geskrik het TOE Sy WOONPLEK ontbloot IS (ook maar lekker versigtig né)

Irma ·

Ek onderskat die ANC gladnie. Hulle haas tov grondonteining sonder vergoeding kan net so maklik die kans wees wat hulle nodig het om hul doel te bereik. Hulle motiewe is nie so duidelikas wat hulle voorgee nie. Onthou wie is hulle en wat is die belangrikste vir hulle. Die predident wat tans daar is het ook maar paar ideës wat onskadelik lyk maar moontlik goed inpas by ‘n vorige ideë van hom om die pot stadig warm te maak.

lewies ·

Bedoel jy “waar ‘n rokie is is ‘n vuurtjie” Soos in die foto. Ek stem met jou saam

DA BO ·

As ek n boer was het ek my gewig by die DA gegooi. Hulle het suksesse om op te roem in die kaap.

Kobus ·

Die DA is gelyk aan die ANC light, stem VF+ as jy wil aksie hê. Mmusi voel vere vir wit mense.

Gollie ·

Ek stem saam met jou,maak die opposisie party sterker dan kan iets miskien gebeur.VP plus te swak vir opposisie

Gert ·

Ek sien hier is steeds mense wat val vir die DA se leuen dat ‘n stem vir ‘n klein party ‘n gemorsde stem is. Dis eenvoudig snert. Die DA is self ‘n klein party, sommige peilings plaas hom nou op 13%. Boonop doen die DA niks vir Afrikanerbelange nie. Die beste opsie is om vir ‘n party te stem wat jou belange vooropstel, en dan kan hulle in ‘n koalisie met ‘n “alles vir almal” party soos die DA gaan en vereistes stel vir beskerming van wat ook al die regte is wat jy wil beskerm. Twee of drie partye in koalisie wat ‘n meerderheid is, is net so sterk soos een opposisieparty, maar elkeen kan konsentreer op sy eie kiesers se belange.

humor ·

Soos z lank gelede al gese het die anc is belangriker as die land. Die land kan maar ten gronde gaan solank die anc net tot in die ewigheid kan regeer. Maak nie saak nie op watter eerlose en korrupte wyse dit beryk word nie.

Ampie ·

Verkiesingstegniek of nie. Die feit is hul gaan ons grond vat. Ek glo nie almal besef wat wag vir ons.

se maar net ·

Die stemvee besef nie en gee nie om, hulle kry elke maand allpay, die mense met verstand besef almal waarheen die anc op pad is, die wat net goed in die mensdom sien weier ney om dit te glo. Hulle sal dit mos nie doen nie, ons wat weet hulle sal alles vat is negatief en doemprofete. Kyk maar weer na transnet sal eskom denel ens en word wakker. Vir DA BO wil ek net se, hulle is ook maar vol krake en dis nie net hulle wat teen anc vergrype veg nie, VF+ doen meer vir Blanke en Kleurling as Da.

Tony ·

Weer ‘n bewys dat die DA kop in een mus met die ANC is. Probeer nou die blankes paai en mislei sodat die proses vir hulle glad kan verloop, en as ons ons oë uitvee is dit te laat. Maar ek kan sien dat mense hiervoor sal val, dis ‘n gerustellende leuen, soveel sagter op die oor as die harde, wrede waarheid!

Rooijan ·

Gaan vertel dit vir miljoene swartmense by wie nou reeds verwagtinginge van gratis plase en eiendomme geskep is, dan soen jy hoe tref die pôpô die fên.

Priscilla ·

Hulle het 25 jaar gelede ook belowe almal gaan huise en werk kry……almal weet wat van die “RDP” behuisingskema gebeur het. Baie mense wag nog…….

Martiens ·

Volgens bronne wil die ANC die wetsontwerp om onteiening teen Maart volgende jaar finaal afhandel… net betyds vir die verkiesing kort daarna. Dit verg nie veel breinselle om uit te pluis wat die doel daaragter is: gebruik die finale wetgewing as voorneme in hul verkiesingsmanifes om vir op die vooraand van die verkiesing stemme te lok en die opposisie bloedneus te slaan…. alles fyn-beplande taktiek….

Intussen trek die land sosioekonomies swaar met die onsekerheid wat rondom die grondkwessie heers – en hoofsaaklik omdat daar DOELBEWUS daarmee gesloer word.

Maar nee… leë beloftes en stemme in VEEL belangriker as om die land NOU reg te ruk. Hierdie kortsigtige besluite gaan ons land nog baie duur te staan kom!

Emma ·

Ek se mos ek vertrou nie die anc nie hulle soek stemme en traak nie in watter gemors ons is met die ekonomie nie. So net dit wys ons waar hulle prioriteite le om net aan bewind te bly so dat hulle lekker verder kan plunder. Of ons gaan honger lei of nie, wys ons die plase wat hulle al gevat het n voor en na foto asb.

GAB ·

Ek sien die komitee vir grond gryp sonder vergoeding bestaan uit 11 lede. 6 ANC, 2 DA, 1 EFF en 2 ander partye. Die stelsel het klaar verloor voor dit begin het. Wat is die rede vir die komitee dan?

Ja Nee ·

Als vir die verkiesing, anc sal nooit vertrou kan word nie. Die bottom line is die meerderheid het gepraat en die minderheid moet maar aanvaar…. Of hulle daarvan hou of nie

Al ·

Die ANC het sedert Zuma nog nooit Suid-Afrika se mense gedien nie – net hul eie beursies en om mag te hê.
Mag God ons verlos vd korrupte selfgesentreerde politieke party.

Jerry ·

OSV is n verkiesingsfoefie, Paula. Noem dit eerder grondhervorming, want dit is presies wat dit na die verkiesing gaan wees. Soos voorheen gese gaan CR vriend, vyand en vir Paula verras deurdat grond wat onteien gaan word wel met vergoeding gepaard sal gaan. Eiendomsreg is nie in gedrang nie, in elk geval nie gedurende CR se termyn nie, daarvoor het investeerders en wereldleiers gesorg wat met hom onderhandel het. Die ANC het nie n keuse nie as om die rand wat hulle laat val het deur plundery, op te tel en die ekonomie te laat groei totdat die klimaat weer reg is om te plunder. Na die verkiesing en grondhervorming gaan die ekonomie mooi optel en die rand versterk. Die volgende ANC leier sal egter dan weer die rand moet laat val, want daar is kaders wat in die ry wag wat nog nie geeet het nie!

Ander Koos ·

Al die baie lawaai help niks anc doen net wat hulle wil. Al wat hulle nog in die bek kan ruk is belasting boikot/weerhouding want sonder geld kan niemand iets doen nie. Ongelukkig sal dit nie gebeur nie want dit is nie in blankes se aard nie, so ons hou maar aan om ons laksmanne en grafgrawers vet te voer.

Katerina ·

Baie mense op MM het dit al genoem maar hoe weerhou jy jou belasting as dit van jou salaris afgetrek word?

Piet ·

Jy gee die verkeerde raad Koos, al het jy goeie bedoellings. As jy nie opgawes indien nie sal jou belasting teen jou ophoop en rente sal gehef word op agterstallige opgawes. Jy sal dit besef wanneer die balju jou goed kom haal. Leer jouself baie eerder hoe belasting werk. Jy sal agter kom dat jy eerder iets sou terug ontvang i.p.v al die boetes. Om belasting te ontduik is teen die wet maar nie om dit te vermy nie. Ek moes op die harde manier leer.

phillip ·

Wat het gebeur met eskom onder anc bestuur? transnet SAA ens. Ens… Ens…. Wat kan Dan nou met die grond verwag word? Hoe de hel kan daar iets anders verwag word tensy n Goddelike ingryping en regverdige oplossing afgebid word. BID SA BID.

lulu ·

Phillip
Ek staan 100% agter jou
daar is geen ander leier as GOD nie, ons moet op ons kniee val en ons probleme by God se voete neersit en afsmeek en smeek by GOD om ons deur hierdie drif te help
AMEN

Jan Alleman ·

Die myne…. Hulle kom vir die myne. En grond vir nog myne. Die een industrie wat bly staan as ‘n land kalf…. Myne…

Emma ·

Nou sal ons sien hoe die anc die grond kwessie gaan opneuk soos al die staats instansies. Daar het nog niks positiefs gebeur van hulle aan bewind is nie. Hulle kon en gaan niks goed doen vir die publiek nie.

Spike ·

Geluk en dankie aan die comrades. Julle het sa vernietig weens onbevoegdheid.

Pietverdriet ·

Jerry, ek waardeer jou positiewe uitkyk, alhoewel ek weet dat beleggers nie wil hoop op ‘donasies’ vir hul eiendom nie. Niemand gaan bereid wees om miljoene op eiendom spandeer indien die wet nie die reg daarop waarborg nie.

Aap ·

Hulle kieses kan nie eers lees nie , so hulle sal die sop storetjie weer glo , ek voel niks vir hulle nie , jy kry waar voor jy stem , Viva kry vir julle ,

Francois vRvO ·

Volgens Raport se voorblad nuus , het die ANC die EFF ‘n bloedneus gegee deur die EFF se planne om alle grond te nasionaliseer teen te staan.
Die term Onteiening Sonder Vergoeding (OSV) was gerieflike middelgrong vir alby partye , maar nou het die ANC die EFF gekopel aan nasionalisering.
Noem dit dan maar wat julle wil , by ons noem ons dit diefstal..
Die EFF raak nou baie desperaat en gaan self nou hulle agenda probeer stoomroller,
wees paraat , dit is dalk die EFF se laaste rol van die dobelsteen

Frik Lotz ·

Die DA is gekant teen onteiening sonder vergoeding, maar ondersteun wel onteiening met vergoeding. Dit beteken die DA sê die staat kan maar mense se eiendom onteien solank die staat die mense darem so ietsie betaal! Die staat bekom dus die eiendom vir n appel en n eie. Is dít die DA se oplossing? Nee wat, die DA probeer sy swart en wit kiesers gelukkig hou deur op altwee stoele gelyktydig te sit, maar gaan in die middel vd stoele deurval! Enigste party wat werklik iets aan die saak probeer doen is die VF Plus en beslis nie die DA nie.

Hendrik ·

Stem heeltemal saam met jou Frik op alles. Die enigste oplossing wat gedryf kan word deur die verantwoordelikes is volgehoue konstante hoe druk deur die internasionale gemeenskap, asook interne druk deur burgeregtegroepe en stemgeregtiges. Hoe ons dit gaan regkry moet ons so gou as moontlik bespreek en besluit op ‘n optrede.

TN ·

Elke stem vir splinter-partye soos die VF Plus , is ‘n vermorste stem . Kom vergelyk hoeveel verder die DA-regeerde Wes Kaap gevorder is as enige van die ander provinsies ___ as jy dan steeds jou stem mors en nie bereid is om saam te staan teen die werklike vyand nie , verdien jy nie die reg om te stem nie .

Peet J ·

Volgens die ANC is ongeveer 76000 grondeise reeds afgehandel so alle toekomstige en onafgehandelde eise sal natuurlik geklassifiseer word onder die grondonteiening sonder vergoeding projek m.a.w. die grondeienaar sal nie meer teenkanting kan bied teen ‘n grondeis nie en die staat sal gevrywaar wees om enige vergoeding te betaal.

Hendrik ·

Wel ons weet al hierdie dinge en kan niks regtig daaraan doen nie. Cope het die enigste goeie voorstel gehad in die parlement en dit is om die ANC volgende jaar uit te stem. Hoe dink hulle nou regtig gaan dit gebeur. Ons is hier vasgevang in ‘n reuse probleem waar almal die probleem en die oplossing kan raaksien en ons kan niks doen a.g.v van die meerderheidsstem se onwilligheid om ontslae te raak van die ANC. Wat nou?

Chrisjan ·

Die probleem is dat daar miljoene is wat daarvoor val, miljoene wat dink dit is ‘n goeie idee, miljoene wat nog steeds glo die anc is bevoeg. Miljoene wat onopgevoed bly.

Krummel ·

Katerina, die idee is om jou munisipale/eiendomsbelasting terug te hou. Alles val dan plat as ons nie betaal nie!!

Peet J ·

Sodra die Grondwet gewysig en goedgekeur is sal dit alle blanke politieke partye kortwiek om grond te bekom vir ‘n selfregerendestaat. Die kans wat die blanke bevolking gehad het om sy eie regering te bekom het hy in 1994 deur sy vingers laat glip.

Staak saam ·

Jerry, dit klink of jy en CR groot vriende is en hand om die blaas staan.
Kom ek verduidelik gou vir jou hoe dit werk want jou vertroue is op die heel verkeerde plek.
CR staan nie aan die hoof van SA nie, die top 6 (ANC UITVOERINDE RAAD) in Letulihuis trek jou vertroueling se toutjies. As die president nie gehoor gee nie dan herroep hulle hom en kies dan eenvoudig net n ander party leier wat dan ook die nuwe president is.
As CR weer daai mooi woordjies in jou ore vluister, dink mooi want hy het nog niks gedoen om die top 6 kwaad te maak nie, hy hou hulle nog heel gelukkig.
Jy sien die ANC se uitvoerinde raad het nie nodig om diplomaties te wees of verantwoording te doen oor besluite nie, hulle doen self nie eers die vuil werk nie, daai werkie is jou grood vriend se werk, dit is sy werk om te lieg en bedrieg en gestalte te gee aan die top 6 se besluite.
As jy my nie glo nie, hoekom het Mbeki en Zuma nie hulle termyne voltooi nie.
Die president word deur die uitvoerinde raad van die ANC gekies en nie deur die publiek nie, CR werk vir hulle wat hom gekies het en nie vir die publiek nie. Die ANC top 6 het grond diefstal beleid gemaak en die kiesers soek dit, nou hoekom sal CR teen 90% van die bevolking gaan.

Thea ·

Ek wonder net as grond “gevat” word wie al die belastings gaan betaal en waar gaan die geld vandaan kom. Daar is baie munisipaliteite wat ook 2de gaan kom.

Anoniem ·

Almal gaan so aan die DA is so sleg maar het enige iemand al n vergelyking gedoen tussen johannesburgse strate en kaap se strate, die skoonheid??

Staak saam ·

Anoniem, is dit die enigste troefkaart wat die DA het vir volgende jaar se verkiesing, daai vergelyking is pateties, het jy al ooit die skoonheid en die strate van Kaapstad met die van Orania vergelyk, gaan loer self, daar is ook amper geen misdaad nie en nie die DA of ANC is daar nie!!

Staak saam ·

Anoniem, is dit die enigste troefkaart wat die DA het vir volgende jaar se verkiesing, daai vergelyking is pateties, het jy al ooit die skoonheid en die strate van Kaapstad met die van Orania vergelyk, gaan loer self, daar is ook amper geen misdaad nie en nie die DA of ANC is daar nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.