ANC se KZN-konferensie ongrondwetlik

Argieffoto

Tonele van blydskap het Dinsdag buite die Pietermaritzburg-hooggeregshof afgespeel ná die hof se beslissing dat die ANC se KwaZulu-Natalse provinsiale verkiesingskonferensie in November 2015 ongrondwetlik was.

Senzo Mchunu is tydens die konferensie as provinsiale voorsitter uitgestem en deur die provinsiale sekretaris Sihle Zikalala vervang. Mchunu is in 2016 gepos as premier van KwaZulu-Natal. Verskeie LUR’e is ook saam met Mchunu uit hul poste verwyder.

Regter Jerome Dube het tydens sy uitspraak die konferensie en die uitkomste daarvan tersyde gestel en Zikalala beveel om die kostes te betaal.

Zizi Kodwa, woordvoerder vir die ANC, het gesê hulle sal die uitspraak bestudeer en daarna met verskillende strukture in gesprek tree oor die gevolge van die beslissing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish ·

Dit is eintlik te wagte, synde die organisasie probleme ervaar met die letter en vertolking van enige grondwet.

Toppie ·

ANC kom deesdae sleg tweede in die hof, wonder wat hulle regskostes beloop en wie moet opdok. Geld wat gemors word waarmee hulle kon huise bou vir die gemeenskap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.