ANC se mosie van wantroue is ‘beuselagtig’

Herman Mashaba (Foto: ANA)

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Vrydag die ANC se mosie van wantroue verwerp as “net nóg ʼn beuselagtige mosie”.

Mashaba, ʼn lid van die DA, het gesê: “Die ANC het vandag [Vrydag] weer ʼn mosie van wantroue ingedien teen my en die speaker van die raad, raadslid Vasco da Gama. Sedert die ANC met dié mosies begin het, het ons telkens die geleentheid verwelkom om ons prestasie te verdedig om die korrupte gemors skoon te maak wat ons van die ANC oorgeërf het.”

Hy het vroeër ʼn opskudding veroorsaak met sy standpunt om onwettige uitlanders uit die stad te sit. Sy bewerings dat die vorige administrasie, onder leiding van die ANC, ook gepaard gegaan het met korrupsie, het ook wye reaksie uitgelok.

“Die stad se program-komitee het die jongste mosies deur die ANC verwerp, aangesien die versoek vir ʼn geheime stemming teenstrydig is met die staande reëls van die raad,” het Mashaba gesê.

Hy het gesê ondanks die geleentheid om die mosies te wysig, om hulle in lyn te bring met die staande reëls, het die ANC gekies om die saak na die hof te verwys. Die hof het bevind daar is geen basis vir die ANC se aansoek nie.

Die burgemeester het gesê die hof was korrek om die ANC se aansoek met koste van die rol te skrap.

“Die ANC se mosies het niks te doen daarmee om goeie regering te beskerm en dienslewering aan inwoners te verseker nie. Dit is die optrede van ʼn party wat net in selfverryking belangstel en die voortgesette korrupsie wat hulle toelaat om die stad te besteel. Die bewyse hiervan kan gesien word in die swak bestuur van die stad se infrastruktuur en verslegtende dienste deur die voormalige ANC-administrasie.

“Dit is jammer dat die ANC die raad se tyd en die belastingbetaler se geld gebruik om hulself verder te verryk. Ek sien uit daarna om hierdie beuselagtige mosies in die komende raadsitting te verdedig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Leahim ·

Maar die DA bly tjoepstil oor die rassistiese opmeking en dreigemente van malema en mbalule malema het gesê as die boere weer n optog hou gaan die effe hulle ontmoet en n les leer

Pretoria ·

Pretoria gaan net so agteruit vandat die DA in beheer is.

JohannJohann ·

As jy regtig alles nuus gelees het sou jy geweet het dat die DA ‘n bankrot munisipaliteit oorgeneem het met net soveel korrupsie as in ons land. Jy kan nie verwag alles gaan oornag verander nie. Politieke analiste self het die stelling gemaak dat vir munisipaliteite kan dit tot 8 jaar vat om al die gemors van die vorige stadsraad reg te maak.

Breytie ·

Dit kan nie waar wees nie want ek sien gedurig hoe hulle hier aan my kant van Pretoria besig is om dinge reg te maak terwyl die ANC nooit eers sigbaar was nie. Tot dusver het die DA ook nie R50 miljoen bestee aan ‘n konsert wat nooit plaasgevind het nie. Maar dit sal natuurlik baie tyd vat om die agterstand van die ANC in te haal – en om ontslae te raak van amptenare wat nog nooit in staat was om die werk te doen nie.

Oom ekonoom ·

Nee Pretoria, nie as jy na die werklike data kyk nie. Die DA is oral ver voor die ANC, baie ver voor en daar is geen twyfel daaroor nie.

Boerseun ·

Ek is bly dat die DA vir julle werk. Maar ja gaan da sy kiesers 25Nov bystaan en hulle teen die eff beskerm?

Think before you speak ·

Kortsigtige opmerking . . .
Die swart kieser gaan in 2019 DA of EFF stem.
Dit is dus van kardinale belang om NOU aan die swart kieser te bewys dat die DA beter dienslewering kan gee as die ANC . . . . anders gaan hulle EFF stem.
Volgens my arbeiders is daar ‘n dramatiese verbetering in die Townships (klinieke wat funksioneer . . . “hot-lines” vir korrupte amptenare e.d.m.)
My arbeiders is baie in hulle noppies met die DA se “verbetering”

Na 22 jaar se ANC wanadministrasie & leeg geplunderde stadskoffers + R2 Biljoen oortrokke bank fasiliteit, kan geen mens van die DA verwag om met ‘n bankrot munisipaliteit wondere te verrig nie.

jan_alleman ·

Gaan kyk op youtube na die toesprake van Milton Friedman en sien waar suid-afrika oppad is

Wdp ·

Vir wat probeer ANC nou heilig wees omdat almal weet hulle steel en is korrup

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.