ANC se Noordwes-komitee ontbind

Ace Magashule. Foto; ANC/Twitter

Die ANC se Noordwes- provinsiale uitvoerende komitee is ontbind.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die regerende party, het dié nuus Vrydag bevestig. Magashule het in Kaapstad gepraat na afloop van ʼn vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK).

Magashule het gesê Supra Mahumapelo, die ANC se provinsiale voorsitter wat vroeër uit sy premierspos verwyder is, het aan die NUK-vergadering deelgeneem. Mahumapelo is dus nou sy pos as provinsiale voorsitter ook kwyt.

“Getrou aan die tradisie van die ANC en ʼn gedissiplineerde beweging, het Mahumapelo aan die gesprek deelgeneem en ten volle die uitslag daarvan aanvaar,” het Magashule gesê.

ʼn Provinsiale taakspan is op die been gebring en Job Mokgoro, die huidige premier van die Noordwes, sal as sameroeper optree.

“Die NUK het ook ʼn verslag van die verkiesingshoof ontvang en saamgestem dat die maksimum aandag nou op die verkiesing toegespits moet word.”

Die Noordwes is vroeër onder administrasie geplaas nadat dié provinsie geruk is deur gewelddadige betogings oor ʼn gebrek aan dienslewering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Joy ·

Supra gaan hard terug slaan en op ñ ander manier in ñ hoër pos terug kom. Die anc lede glo nie aan verloor nie

Paul ·

Joy, Supra is by taakspan, waarvan hier bo gepraat word, ingesluit om die vrede te bewaar, maar as ‘gedissiplineerde’ lid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.