ANC se nuwe NUK aangekondig

Die ANC se nuwe nasionale uitvoerende komitee is Donderdag in die vroeë oggendure aangekondig. Foto: ANA

Zweli Mkhize, die voormalige tesourier-generaal van die ANC, het die meeste stemme ingepalm tydens die stemproses vir die 80-lid nasionale uitvoerende komitee (NUK) by die party se verkiesingskonferensie by Nasrec in Johannesburg.

Mkhize, wat Sondag onverwags van die leierskapstryd onttrek het ter wille van “eenheid”, het weer sterk teruggekeer toe daar deur afgevaardigdes vir die NUK gestem is.

Die verkiesingskommissie het Donderdag in die vroeë oggendure die uitslae van die NUK-verkiesing bekendgemaak. Lindiwe Zulu het die tweede meeste stemme gekry, gevolg deur Regina Makgaule, David Masondo, Malusi Gigaba, Ronald Lamola, Violet Siwela, Zizi Kodwa, Nkosazana Dlamini-Zuma en Obed Bapela.

Dlamini-Zuma, voormalige voorsitter van die Afrika-Unie, het dus ook ʼn sterk terugkeer gemaak nadat sy die knie moes buig onder Cyril Ramaphosa wat Maandag as die nuwe president van die ANC aangewys is.

Die ANC se nuwe nasionale uitvoerende komitee is Donderdag in die vroeë oggendure aangekondig. Foto: ANA

Die res van die top-20 nuwe NUK-lede bestaan uit Tito Mboweni, Lindiwe Sisulu, Bheki Cele, Fikile Mbalula, Thoko Didiza, Sdumo Dlamini, Bathabile Dlamini, Senzo Mchunu, Pravin Gordhan en Naledi Pandor.

Nog lede van die NUK sluit in onder meer Alvin Botes, Zingiswa Losi, Jackson Mthembu, Phumulo Masualle, Pule Mabe, Sfiso Buthelezi, Mduduzi Manana, Aaron Motsoaledi, Thandi Modise en Bongani Bongo.

Enoch Godongwana, Nomvula Mokonyane, Baleka Mbete, Derek Hanekom, Mondli Gungubele, Jeff Radebe, Edna Molewa, Collen Maine, Nathi Mthethwa, Tina Joemat-Pettersson, Maite Nkoana-Mashabane, Angie Motshekga, David Mahlobo, Joe Maswanganyi en Tony Yengeni is ook deel van die van die NUK.

Sien die ANC se amptelike Twitter-kanaal vir ʼn volledige lys van NUK-lede.

Die aankondiging van die ANC-NUK het ʼn einde gebring aan die party se 54ste nasionale konferensie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

kat ·

Almal een en dieselfde – niks wat hulle van mekaar onderskei soos intergiteit/ rugraat/eerlikheid- enige goeie eienskappe nie.
Niks.

Eish ·

Ook maar n paar deurwinterde staatskapers gekies. Verblydend dat Mnr. Gordhan ook die paal gehaal het.
Dit bly vir my steeds n moeilik verteerbare klip dat n kameraad die hoogte vlak van oneerlikheid bereik en waaragtig weer gekies word in leierskapsposisies. In ons minderheidsgroep word jy n uitgeworpene, soos n melaatse in die ou tyd.
Miskien moet n mens dit maar verstaan aan die hand van mededeelsaamheid. Die betaalstaat van die praatpatriotte lyk dalk anders as dié van hul Westerse eweknieë, wat meer geneig is om al die skape in eie kraal bymekaar te maak en nie juis bodder met mededeelsaamheid nie.
Anders leef hul vergewing en tweede en twintigste kanse baie beter uit as Westerlinge, maar ek betwyfel dit.

Ella ·

Wat maak Manana, Joemat-Petersen, Tony Yengeni daar? Crime pays in SA.

Rupert Ashford ·

Ek sien die “rieldanser” het toe nie ‘n comeback gemaak nie. Die Verwoerd pop is ook nie daar nie? Kan iemand met meer kennis dalk vir ons ‘n bietjie analiseer hoe die mense ideologies staan? Hoeveel is Zuma mense en hoeveel nie? Hierdie klomp gaan die ANC se beleid bepaal en as die meerderheid Zuma mense is, sal hy nie herroep word nie, sal niks verander nie en is Cyril maar net ‘n “token”…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.