ANC sê nuwe wetgewing moet mense soos Zille straf

Helen Zille

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap en voormalige leier van die Demokratiese Alliansie, sal Sondag hoor of sy enige dissiplinêre stappe kan verwag vir haar omstrede plasing op Twitter wat kolonialisme loof.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende raad, het Maandag gesê ʼn verslag deur Glynnis Breytenbach, die party se voorsitter op die federale regskommissie, is aan hom oorhandig. “Die verslag sal nou by ʼn federale uitvoerende vergadering op Sondag, 2 April, bespreek word.”

Zille het op 16 Maart op Twitter geskryf: “Diegene wat aanvoer die nalatenskap van kolonialisme is SLEGS negatief, moet dink aan ons onafhanklike regstelsel, vervoerinfrastruktuur, waterpype, ens.”

Mmusi Maimane, wat Zille as DA-leier opgevolg het, het ʼn klag ingedien ná die uitlatings.

Die Wes-Kaapse premier het later om verskoning gevra vir haar uitlatings, maar nie voor ʼn interne ondersoek van stapel gestuur is nie.

Intussen het die ANC Maandag gesê die parlement moet wette, wat rassisme en haatspraak kriminaliseer, versnel, sodat persone soos Zille gestraf kan word.

“Waar mense weier om deur hul misstappe opgevoed te word, moet gestraf word. Dit sluit opposisieleiers in wat uitlatings maak wat kolonialisme loof,” lui ʼn verklaring deur die nasionale uitvoerende komitee van die ANC.

“Dit wys duidelik dat die struggle voortduur tussen vooruitgang en reaksie. Dit is duidelik dat ons skaars ʼn duim wegbeweeg het van ideologiese posisies van die verlede wat kolonialisme en apartheidsrassisme as ʼn goeie ding vir swart mense beskou.”

Lees alle vorige berigte oor Helen Zille op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

LP ·

Wat van mense wat daagliks haatspraak in die openbaar uiter.Huidige politieke leiers wat haat en doodmaak aanhits.

Sw ·

Ons wag vir die haatspraak vervolgings van ander rasse dankie. Wat kan ons doen dat ALLE rassiste vasgevat word?

PJ ·

ANC…sort julle president uit!! Helen se tweet het nie die Rand laat tuimel nie!!!
Liewe hemel..is julle for real??

Rynhardt ·

Nuwe wetgeing moet kom om Zille te straf?? Wat die Anc bedoel is dat nuwe raswette net blankes moet straf.As nuwe raswetgewing kom, dan moet Anc plus al sy Anc-faksie wat regstellende aksie (rassisme) goedkeur, ook aangekla word!! Wetgewing kan jy nie net vir een groep toepas nie, dit moet ook vir die ander groep geld.

Jaco ·

Wat van mense soos Malema en Zuma ook? Ek is moeg vi ons land se regering en sy standaardevas dit by ras en gereg kom

Penellope Jones ·

…..en wat van mense wat in die parlement skree “bury them alive” ??

Sy het ook nie kolonialisme geloof nie, sy het net genoem dat nie alles rakende kolonialisme negatief was nie. Dis alles behalwe loof.

gigi ·

Presies my gedagtes ook, Penellope! Daar was geen sprake van “loof” nie!

Michael ·

Wat nou van vryheid van spraak en wat van malema en kie wat openlik hulself skuldig maak aan haat spraak .flop hulle en hulle verskuilde agendas bly weg van Twitter en Facebook

Fritz ·

Ek wonder of die ANC besef dat die wet hulle en die EFF in die agterstewe gan byt. Indien hulle dit net wil gebruik om teen witmense op te tree sal dit ongrondwetlik wees. WEEREENS net n belaglike idee wat hulle uitblaker sonder om daaroor te dink soos alles wat hulle doen.

Thinus ·

n Parlementslid het skaars n maand terug geskree dat boere lewend begrawe word toe daar n debat was oor wat om te maak oor plaas moorde en daar het absoluut niks gebeur behalwe dat hy toegejuig is deur die res van die anc lede nie, wat laat jou dink dat dit hulle engsins gaan pla?

Mareli ·

Infrastruktuur en onafhandlike regstelsel is nie sleg vir swartmense nie, korupsie, moordenaars wat vrygelaat word en regering wat nie HIV medikasie wil betaal nie, ens. is wel!!!!

Boland ·

Watse ontwikkeling het ons eerbare ANC lede bewerkstellig in voorheen swart state.Kyk hoe lyk Transkei nogsteeds.Ongelooflik.

Sw ·

Wat doen die ANC en hul SEB om arm gemeenskappe op te hef? Niks! Hul is te besig om hul eie koffers vol geld te maak!

Daniel ·

Natuurlik net vir blankes, die res kan sê net wat hulle wil en wegkom daarmee

Thinus ·

Marteling, Haatspraak, doods en verkragtings drygemente is in die land heeltemal aanvaarbaar net solank dit teen wit mense gerig is. Die land is gebreek en ons kan hoop soos ons will vir die beste maar dit sal nie verander nie.

jaco ·

ok straf asseblief die blankes vir apartheid. vat ons stemreg weg en gee ons formeel tweedeklas burgerskap EN verskuif ons almal na n apartheid-styl tuisland. Op die langer duur sal ons eintlik beter af wees. Ek grap nie. Ek dink regtig dit kan werk. Die Israeli’s doen dit met die Palestyne en niemand kla nie. Selfs die ANC steun die twee-staat opsie tussen Israel en die Palestyne. China doen dit reeds met Hong Kong en wil dit met Taiwan doen. So waarom dit nie ook in SA met die wit mense doen nie?

Girla ·

Sekerlik kan ons as nasie versillende menings hê . Die ANC probeer aandag aflei van hul haatspraak en korrupsie .Die dubbele standaard is belaglik. Tyd dat ons regering fokus op wat werklik belangrik is ..

Sw ·

Dan moet hulself in die spieël kyk, en glo my hul wil nie graag hulself sien nie.

Ekke ·

Daar is miljoene wat saam met bogenoemde smse saamstem!! Erken dit maar: dinge moet alltyd net eenkant toe wys!!! Wit is skuldig!

tamboti ·

Die ANC, EFFers en regering het net een doelwit: om die blankes te vernietig! Hulle stel in niks anders belang nie en jy sal ook nie met hul eie wette of reels vaspen nie, so waarom probeer jul nog skop teen die prikkels??
Kyk die onderleier kla sy eie leier aan in die openbaar, sou hy dieselfde doen teen koning Zuma as hy sy hoof was? Nee maar Zille is wit en dis nou maklik om van haar onslae te raak en self leier word, dis nou mos lojaliteit! ( En dan is hy self getroud met ‘n dame van ligte gelaatskleur en spreker van die koloniale taal, ne’)
Was Zille se woorde nie dat die mense “moet dink” aan die sogenaamde voordele nie? Dit is mos nie dieselfde as “Kolonialisme was goed” vir die swartmense nie? En ek verdedig haar glad nie, maar ek kan nie dit ontken nie.
‘n Mens kan nie redeneer met redelose wraaklustiges nie, die een meer onderduims as die ander.
Ns. ons laat toe dat ons uit ons land ge-wet word.

Drikus ·

Dit wil voorkom asof die ANC met die uitlating gryp na strooihalms ter wille van populistiese stemme. Hoe lank gaan dit neem voordat hulle agterkom dat die deursnee landsburger lankal aangestap het en eintlik baie goed met mekaar oor die weg kom? Die meeste van ons stel nie belang in die opruiende soeke na rassistiese tweespalt nie. Terlooos, waarom wend die ANC hom daagliks tot kommunikasie in Engels? Daar word dan niks fout daarmee gevind nie. Die taal is immers ‘n kolonialistiese nalatenskap.

Katryn ·

Swart: se jy wat jy wil en bedoel dit! Wit: tel jou woorde: want noem ‘n kleur: dan is jy ‘n rasis!

Rabes ·

Ja Helen Zille wanneer gaan jou oë oop. Is die storie van Piet Retief nie duidelik genoeg vir julle om te sien jy moenie met die vyand heul nie. Trap die riel met hulle en sien waar dit jou sal bring.

Magda ·

Bring die doodstraf terug vergeet vd wet op rasse en haatspraak. Doodstraf raak almal die wet op haatspraak net die wittes

Ek ·

As hulle vir Zille starf kan hulle gerus van al my familie se stemme vergeet, ek sal dan NOOIT weer DA stem nie. Wat maak Musi met ‘n wit vrou, en waar is sy kamtige Godsdiens nou. Haha haha. DA nou net ‘n bespotting, hulle dans soos die ANC die deuntjie tokkel

Ouma ·

Nie solank gelede was ek on die hospitaal!! Wat hoor ek toe? Die meeste verpleegsters is swart en praat met mekaar in hulle taal. Dis ok, maar hulle skinder soo oor die witmanse onder mekaar en maak ons so sleg dat boerseep ons nie sal skoonkry nie! Ek praat zulu! En luister na wat hulle se: hulle gaan aan soos min!! Net voor hulle uitstsp antwoord ek hulle! Hulle skrik soo groot dat nie een weer naby my skinder nie! leer ‘n swarttaal! Kan net goed wees!

Adrian ·

O die waarheid maak seer Helen het niks verkeerd gese nie, hier in afrika heers net hongersnood, korrupsie en oorlog in feitlik elke afrika streek, nog nooit kon enigiets positiefs uit afrika kom nie net geweld

Ck ·

Maximale (en die res van die DA wat saam loop) stel my teleur omdat hy haar nie steun nie en selfs sover gaan om haar aan te kla…. Belaglik. Lyk my op die ou einde is hy net besig om sy eie populistiese uitsprake te maak vir steun van ander swart kiesers of dalk net nog ń lakei van die ANC.

w ·

Gan die wet ok geld vi die ANC LP wat tydens die Plaasmoorde Debat geskree het bury them alive. Ek dink dis tyd dat blankes hul beursies tumaak vi wanneer da vi anner rasse gekollekteer word.

Kleurling ·

Ek stem 100% saam met die verskynsel dat regstellende aksie reeds besig is om in apartheid te verander, dit word net bedryf onder ‘n baie goeie demokratiese term maar indirek net ‘n omgekeerde weergawe van die destydse apartheid is waar wittes die koek gevat het, want huidiglik is dit swartes wat die koek vat.
Die regering moet besef die doel heilig nie hier die middel nie. Dis blatant die presiese onregverdige manier om onregverdighede uit die verlede sogenaamd “reg te stel”. Waarmee ek nie saam stem nie is die feit dat jy duidelik dink dis blanke mense wat ander kleuriges aan die lewe hou. Dis mos nie waar nie.
Kom ons reageer op so ‘m wyse dat ons nie ons agterstand in die huidige politieke stelsel op ‘n manier wil regverdig deur verlagend teenoor ‘n ander ras te verwys nie, maar langs ‘n redelike weg die logiese benaderings tot ‘n werklike demokrasie, waarvan ons land baie vêr van is aanspreek, ten einde demokrasie in sy ware vorm te laat seevier.
Versigtig.

PMB ·

Ek was lanklaas op Maroela media want die besluit mos wie se agenda hulle wil bevorder. Maar ek sien dit is nog steeds dieselfde ou gebraak! Ons moet aanvaar dat as wit Suid Afrikaners het ons geen meer regte nie. Dit gaan net oor die behoud van die ANC en sy volgelinge. Ek wonder hoe hulle die land sal regeer sonder ons belasting en buitelandse beleggings????

Jordaan ·

Trots op iets wat bereik is, is net haatspraak vir iemand wat minderwaaardig voel omdat hy/sy niks kan regkry nie.

Indien die nuwe wetgewing wil gebruik word teen feitelike stellings soos Zille sin, is dit die einde van vryheid van spraak met ‘n alternatiewe realiteit waar net die ANC se weergawe van die verlede mag vertel word.

Gerrie ·

Die ANC voorlopers (kan hulle nie leiers noem) en hul meelopers sal eers die dag as hulle hul minderwaardigheidskomplekse neerlê kan begin om konstruktiewe leierskap te toon.

Wicus Jansen Van Vuuren ·

DA en ANC dieselfde, nêrens in haar Tweet was sy rassisties nie. Wys net hoe Common is die DA se “Voorman”

broos ·

kan enige iemand Helen Zille VERKEERD bewys??? daar was verbeterings, daar was positiewe goed….bewys dat sy lieg en julle het ‘n saak. as julle dit nie kan bewys nie dan praat sy mos die waarheid?

Sjoe ·

Is AUS,NZ,USA, CANADA ens nie ook kolonies nie?is dit net op die kontinent verkeerd

CR ·

Die ANC regering moet mense soos Malema en Zuma ook straf! Hulle noem dit dubbele standaarde en n korrupte regering. Niks om na op te kyk of enigsins trots te wees!

Johan ·

Bring daai wet…dom anc… julle gaan dan self almal in die tronk sit…julle president ook…bring dit…

Andre ·

Maar ANC lede mag maar in die ‘House” skree, bury them alive?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.