‘ANC se onteieningswet sal Suid-Afrika vernietig’

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke se aanvaarding van die nuwe onteieningswet, het fel kritiek uitgelok.

“Vandag, presies 26 jaar ná die vrylating van Nelson Mandela, staar landsburgers die grootste enkele bedreiging vir hul mense- en ekonomiese regte in die gesig.” Dít was die reaksie van Cornelius Jansen van Rensburg, uitvoerende hoof van AfriSake. “Indien die onteieningswet deur die parlement goedgekeur word, sal AfriSake die grondwetlikheid van die wet toets.”

Volgens Jansen van Rensburg gaan dié wet rampspoedige gevolge vir die land se ekonomie inhou: “Dit vernietig die belangrikste beginsel van ’n demokratiese staat, naamlik eiendomsreg. Beleggingsrisiko gaan aansienlik verhoog namate eienomsregsekerheid vernietig word; die rand sal verder tuimel en Suid-Afrika se kredietgradering sal spoedig rommelstatus behaal.”

Jansen van Rensburg het gesê benewens die feit dat alle vorme van eiendom nou deur die staat vir nasionalisering geteiken kan word, beoog die wet ook om onteieningsmag na plaaslike regerings af te wentel. “Sou die staat hierdie mag oor landsburgers se eiendom bekom, sal menseregte volgende in die regering se visier wees.”

Solidariteit het die aanvaarding van die omstrede Wetsontwerp op Onteiening as een stap nader aan rommelstatus van die Suid-Afrikaanse ekonomie beskryf.

Volgens Johan Kruger, adjunk-bestuurshoof van Solidariteit, sal die aanvaarding van die genoemde wetgewing deur die parlement dalk ANC-kiesers op die korttermyn tevrede stel, maar sal dit op die langtermyn daartoe bydra dat die ekonomie aan flarde geskeur word. “Die onlangse Nene-debakel het reeds ongekende skade aan die ekonomie aangerig. Die ANC sal nou moet besluit of hy die reeds kreupel ekonomie nog verder deur hierdie vernietigende wetgewing wil lamlê,” het Kruger gesê.

“Die onus rus op pres. Jacob Zuma om die grondwetlikheid van enige wetgewing vas te stel voordat hy dit onderteken. Ons meen daar hang verskeie vraagtekens oor die Wetsontwerp op Onteiening en dat dit pres. Zuma se plig is om verdere ondersoek na die grondwetlikheid van die genoemde wetgewing te doen,” volgens Kruger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Kellies ·

Die enigste raad is: Verkoop al jou eindom vroegtydig voor die kaders dit net vat!!! Want dit is wat gaan gebeur. Dink maar net aan Zimbabwe vir een voorbeeld. Eishh!!!

Johann Marx ·

Kellies? Wie dink jy gaan nou jou eiendom koop? Al die kaders sit nou en dink…”Waarom sal ek ‘n eiendom koop? My Prez gaan daai pampier sign, en dan KRY ek ‘n eiendom!!” Stortkop se probleem is dit….Juliass skree “onteien sonder vergoeding”, en kry baie steun daarvoor. Om sy “job” te behou, kan stortkop nou nie dieselfde verkonding nie, hy moet dit DOEN, om Juliass die loef af te steek. Hier kom ‘n ding….en die fan is op 3!!

m ·

Hulle wil ma net die grond he omdat dit aan witman behoord. Maar net nog grond wat onbewerk gaan le

Loeis ·

Dit gaan nie net oor grond nie. Dit gaan oor alle eiendom. Dit kan jou bankrekening insluit.

koisan ·

Loeis, my bankrekening kan hulle maar kry.
Dink net: een van die dae dra ons elkeen ‘n stertriem en loop met die poot.

Uncle Buck ·

As mens ‘n hond slaan hardloop hy weg totdat hy nie meer kan nie,dan verdedig hy homself. Miskien sal die mense dalk nou leer om te begin saamstaan. Die onlangse droogte het ons geleer dat as ons ,ons verootmoedig voor die Here en bid , sal Hy Sy belofte gestand doen en die land genees.

GES ·

Uncle Buck jou kommentaar is in die kol. Onregmatige onteiening gaan die vonk in die kruitvat wees. Die Afrikanervolk is fuisvoos en moeg om elke keer toe te gee. Die dag kom spoedig nader dat nie meer gaan gebeur nie. Kom ons kyk wat gebeur hierdie jaar.

Hein ·

GES dit is waar ek nie saamstem nie. Ons kan nie kyk wat gebeur hierdie jaar nie. Erens moet ons soos Uncle Buck se dat ons moet saamstaan. Waar begin ons? Ondersteun Burgeregtegroepe is die eerste stap. Moenie instellings/partye/ondernemings ondersteun wat diskrimineer teen die minderhede. Soos mnet. Hoeveel van ons is bereid om sy mnet/dstv te kanselleer? Dit is hoe jy jou rug reguit maak!

Frans ·

Enigiemand wat die moeite gedoen het om die ANC se ‘Freedom Charter’ te lees voordat
hy sy kruisie getrek het in die belangrikste referendum in die Suid Afrikaanse geskiedenis,sal weet dat dit niks nuut is nie omdat die ideaal netso in die ‘Freedom Charter’ vervat is.

Dit is landwyd versprei en was onderliggend aan die revolusie in Suid Afrika.Diegene wat dus gedgedink het dat dit alles net mooi ideale is sal ontnugter wakker skrik.

Frans ·

Enigiemand wat die moeite gedoen het om die ANC se ‘Freedom Charter’ te lees voordat
hy sy kruisie getrek het in die belangrikste referendum in die Suid Afrikaanse geskiedenis,sal weet dat dit niks nuut is nie omdat die ideaal netso in die ‘Freedom Charter’ vervat is.

Dit is landwyd versprei en was onderliggend aan die revolusie in Suid Afrika.Diegene wat dus gedink het dat dit alles net mooi ideale is sal ontnugter wakker skrik.

chrisp ·

Frans
Feite sonder om doekies om te draai.
Dit is ook dieselfde Vryheidsmanifes wat die DA onderskryf en hulle se dit ook.
Hoe naief wil die kiesets nog wees?

Jan maak n Plan ·

Hier kom nog ‘n Zimbabwe – verseker. Met net een verskil – hier gaan baie meer bloed loop.

Bray Rabie ·

NIE SO MAKLIK NIE OU MAAT. ONS HET NERENS OM TE GAAN NIE, HIER SAL ONS BLY. NET WEER ONS IS HIER OM TE BLY??????

Trots Afrikaans ·

Siener se voorspelling op ‘n drapfstap. Onthou maar net, God is in beheer.

GES ·

Dit is ongelooflik hoe die legkaartstukke geleidelik bymekaar kom en die prentjie duideliker begin word. Ons dien ‘n groot God en ek dank, loof en prys Hom vir sy genade en profete wat vir ons gegee is. Professie is gegee om te bemoedig en te help om te volhard. So glo ek dat Siener v Rensburg se professië dit vir ons makliker gaan maak. Hier lê ‘n bitter stryd voor maar as die geloof behou word sal ons as die oorwinnaars uit die stryd tree. Kyk wat het by Bloedrivier gebeur. God sal ons nie in die steek laat nie.

Berhalet Beukes ·

Hulle gaan dit onteien en nes Mugabe weer terug gee…

Geboorteplek ·

Wie sal dit dan weer wil terughê?…Nadat alles daarop vernietig is, sal daar dan die wil wees om van voor af te begin…net om weer vir die wat altyd bakhand staan te gee?

ZAR ·

Hulle sal dit nie kry sonder a oorlog nie. Ek het hard gewerk vir my plaas,
om dit te kry waar dit is vandag.

Berhalet Beukes ·

Geboorteplek… Absoluut, ek stem saam! Mugabe het alles verwoes, vir wat?
ZAR… Ek verstaan 100% wat jy sê, maar hulle moor alreeds een vir een ons boere uit… Hulle terroriseer ons alreeds tot in die hel… Ek sal my arm stompies baklei vir reg en regverdigheid… Hulle het die boere vermoor in Zimbabwe, verjaag uit Zimbabwe en kon toe nie die mas opkom nie. M.a.w dit is die pad wat hulle ons nou wil laat stap net om die grond werk terug te gee omdat hulle nie kan beplan, begroot en opbou nie.

Chris W ·

Ons beter voorbereidings tref vir “groot” dinge wat kom want die anc se doel is die algehele uitwissing van die blanke ras in Suid Afrika en dit sluit in blankes wat vir die anc stem ook!

Blondie ·

Absolute kommunisme!! Well done … dit was net n kwessie van tyd. Sal maar weer kaalvoet oor die Drakensberge om oor te begin.

Johan. ·

Onthou, jou huis tel ook onder eindom. ‘n Tweede of derde huis tel ook onder dit wat herverdeel kan word. Vakansie huis wat meestal leeg staan is in die visier.

Berhalet Beukes ·

Ek stoot my hele huis plat in ‘n oogwink… Maar intrek sal hulle nié!

alida ·

Zumpie moet maar eers bietjie skooltoe gaan sodat hy dit kan lees en verstaan. Beter nog, ‘n professor aan die Universiteit moet met hom gaan sit en mooi verduidelik waaroor dit alles gaan. Hy verstaan nie wat hy teken nie.

Berhalet Beukes ·

Mag al wat ‘n Khoi San is hulle grond terug eis! ;-)

Mr P ·

Gaan Ramaposa en sy kaders ook hulle eiendomme moet afstaan. Wat van Nkandla se klop kamers wat leeg staan. Met net st 3 dink Zumpies nie te sleg op sy vlak nie. Die man moet verder gaan leer om beter besluite te kan maak. Ons het gewerk vir wat ons vandag besit. Een groot troos. Ons staatshoof kan nie sy goedtjies saam neem nie. Wanneer jy sterf bly alles agter en nooooit sal hy weer bekommerd wees nie. Dit is my troos.

nita ·

Beteken dit nou ook dat,as ek 4 slaapkamers in my huis het en 3 staan leeg, dat ek verplig sal word om mense in die kamers, te akkommodeer?

Berhalet Beukes ·

Hulle verstaan nie mooi hoe die boere se koppe werk nie en gaan so ‘n besluit nog berou…

Grassie ·

Onteiening van witmense se grond was van die begin af deel van die ANC en SAKP se beplanning. Dit was nog altyd deel van hul verskuilde agenda wat hulle onverpoosd aan gewerk het, selfs tydens ons lafhartige oorgawe in 1992 en 1994. Ons sg “leiers” het tydens die onderhandelingsproses help dek aan hierdie tafel en diegene van ons wat daarteen gewaarsku het is as verregse verkramptes uitgeskel. Hierdie verregse verkrampte sê nou vir julle – die koeël is reeds deur die kerk. Ons pluk nou die vrugte van die verraad wat daar gepleeg is en niks gaan hierdie wetgewing stop nie. Die proses gaan ook nie by gronbesit alleen ophou nie, dit is maar net die begin.
Trieste, Afrikaner Boerevolk.

Andre van den Berg ·

Ai, die ANC darem – “always moving forward in reverse!”

Anti-z ·

jy sien, nou gaan daai grênd huise en plase mahala vir ons gegee word!
jy sien, nou ek moet die kruisie langs die man se gesig trek!!
Die krismis, hy het vroeg die jaar gekom!!

David Ras ·

Ek wil graag hier iets aanhaal uit ‘n ANC omsendbrief in my besit;
African National Congress
circular no 213.6 June 1993
To senior staff and marshalls

die eerste gedeelte is ‘n ge- spoggery oor hulle suksesse

Dan volg deel twee:
AFFIRMATIVE ACTION STRATEGY AFTER APRIL 27 1994
The greatest fear of the white settler is to loose his job, his farm or house nd all the luxuries !This will enable the new DEMOCRATIC GOVERNMENTto tax them to the utmost, while our comrades in MK and Apla continue their part of the struggle
1 surplus land will be redistributed among OUR people.
2. All positions in the public services will be replaced by comrades
3. The security forces will be reconstructed to protect our people. Whites were protected
for 350 years.Let them experience to be second class citizens.
5. Health institutions will be Africanised and whites will pay according to their income to
enable them to contribute to their liberated brothers
6. some white schools will be allowed because most settlers will pay their last cent for
white education and this will provide more money for our people.
7.Pension funds and insurance companies collected billions over the years will be to our disposal for education of our comrades in their years to come.
Viva kill a Boer kill a farmer.

Hierdie omsendbrief is uitgestuur na die onderhandelinge met FW en kie reeds afgehandel was—dit is duidelik uit die opskrif Affirmative Action strategy after April 27 1994—-die verkiesings datum.
Baie duidelik was daar geen begeerte aan hulle kant om hulle enigsins by enige van elemente van die ooreenkoms te hou nie.
Wat hierbo staan het reeds gebeur, eintlik is dit net punte 1 en 7 wat nog afgehandel moet word.
Opmerklik ook, is die verwysing na die comrades in MK en Apla wat sou aanhou met die struggle.
Mk en Apla is geweldadig ingestel—nou teen wie sou hulle hulle gewelddadige struggle wou voortsit?
Plaasmoorde, kapings ens. miskien ?

R Steyn ·

Jy praat net die waarheid. Wie dit nie kan sien wil dit nie sien.

Kobus Rossouw ·

Dankie David, net jammer n klein gedeelte van ons mense lees dit!

Realis ·

Onthou julle Zebediela? Op sy tyd die grootste sitrus plaas in die wereld. Gaan kyk wat is vandag oor.

Nag ·

Van Zebediela Sitrus kan ek getuig. Hulle het uitvoer kwaliteit gehad , die grootste, Gillemburg ook. En daar is nou niks. Wens net iemand kan vir eens en vir altyd die geskiedenis van ons land verduidelik, daar waar hulle dit ook kan kry, want die ding dat ons als gesteel het verstaan ek nie, want ek betaal nou nog af aan my huis. Gekoop en betaal hom. Niks in my lewe het ek mahala gekry nie.

Pieter.v ·

Ek kan getuig van daardie plase ek het op van daardie plase werk gedoen,een weer help opbou nadat dit vewoes was deur daardie betrokke gemeenskap dit is weer produktief gemaak ,en nou onlangs het ons gaan kyk hoe dit nou lyk,nou is daar nog minder as voorheen ,alles maar alles is tot op die grond afgebreek ,pakhuis met masjienerie van miljoene rande net weg en so ook die store en al wat n boom is is dood ,vuurmaakhout.En so is daar ander plase waar ek kontrak werk gedoen het met infrastruktuur van miljoene der miljoen rande wat nou verwoes is net so hier en daar n lappie groente en beeste wat op die lande wei,so sal ek vir Zuma derduisende hektaar wys wat bar le.Die swartes wat hul eie grond gekoop het is voor die bank voor uitstrewende boere.

JOHNY ·

Gee terug die grond.Om te wil Oorlog maak gaan die blankes nie wen nie.Ons kan nie teen die hele Afrika veg nie.Dink julle Robert Mugabe gaan stilsit en vergeet die buite lande se hulp hulle het te veel probleme hulle self.United nations gaan ook nie help nie.Hulle kan nie eers persone in hegtenis neem wat n onreg gepleeg het aan ander mense nie.En nou gaan Suid Afrika nou nog saam met ander Afrika lande ontrek vanaf die United Nations se criminal court .Dat gaan die popo die fan eers strike.Dan kan ons nie eers gaan huil by die United Nations nie want ons is nie meer lid van hulle nie.Ons kan dalk by CHINA gaan huil

Gelofte ·

Johny, hoeveel plase het jy ou maat – dat jy dit so vrylik wil weggee ? Mens kan ook nie iets “teruggee” as jy dit nie in die eerste plek GEVAT het nie. Mense het hulle plase GEKOOP en hard gewerk om dit te betaal. Nee ouboet, ek was ook op die grens en oorlog is oorlog. Ek het nie ‘n plaas nie maar sal beslis help baklei as “hulle” dit wil vat – logies is jou huis en alles wat jy besit tog volgende.

zar ·

Ek maak errder oorlog, as wat ek in my eie huis sit en wag om vermoor te word.
Jy lewe in n droom werels, soos baie van jou anders broers, engaan met n skok wakker skrik as dit te laat is.

Gee jy maar terug wat jy wil, maar ek sal veg vir wat myne is en vir my geliefdes, en my boervolk

JOHNY ·

Die persone hierbo wat so praat van veg en die Boere gaan so en so baklei.Maklikste vergeet daarvan ek het gedien op die grens vir drie jaar en dit is nie speletjies nie .Net mans persone het gesterf inkluis baie van my vriende Maar as geliefdes eers moet val en klein kindertjies moet val dan gaan almal n ander deuntjie sing.Blankes het die JA stem uitgebring berus nou daarby en dink eerder aan n plan hoe kan ons en hulle saamwerk om Suid Afrika vir almal n beter plek te maak en meer werksgeleenthede te skep dat almal n werk kan bekom en voorentoe te beweeg inplaas daarvan om agteruit te beweeg .En net ons mense van Suid Afrika kan ons eie heil uitwerk met GOD se hulp.Ons kan nie dat die buite wereld vir ons lag nie.Die reenboog nasie kan werk.Ons almal pienk groen swart pers wat ook al kan dit maak werk .Die beter mense gaan dan die slegte mense uitstem want die meerderheid gaan eerder in n beter land wil bly.Waar gaan swart Suid Afrikaners hulle goeie werk en goeie lewens styl wil opgee vir n onbevoegde regering.Soos ek nou hiet tik werk daar al weer wit boere in Zimbabwe.Suid Afrika bo ek is lief vir Suid Afrika en sal n verskil maak en Suid Afrika word ook nie verniet die Mooi Blom van die wereld genoem nie.En hier is baie baie potensiaal vir toerisme.Gaan ons padgee en dit vir die bad mense los. not n change

chrisp ·

Johny.
Baie van ons was op die grens en het dalk meer gesien as wat ons moes.Dit maak geen verskil nie behalwe om te besef dat God geraadpleeg moet word.

Jy kan egter nie se gee terug jou grond nie.Eerstens impliseer jy dat die grond gevat is.Tweedens is jy nie bereid om jou huis en werk ook weg te gee nie maar verwag dit van die boer? Hoe klop jou hart dan?

Wat jy wel se wat waar is is dat slegs God ons hierdeur sal kry en dan maak getalle geen indruk nie.Daar is baie voorbeelde in die Bybel sowel in ons geskiedenis waar Hy ons verseker gered het.

webnet ·

as jy dink dat daar ooit n ander uitkoms as oorlog is vir die land moet jy weer dink , jou kinders en jou vrou gaan voor jou verkrag en geslag word terwyl jy dink dat die reenboog nasie kan werk. so gee maar terug, die anc sal vat en wanneer jy niks meer oor het nie sal jou lewe gevat word , jy wil mos alles gee, nou gee dit. het jy vergeet dat jou voorvaders hulle bloed gestort het op die einste grond wat jy nou so graag wil terug gee. eers was dit die britte wat alles wou kom vat , en toe was dit die zulus en nou is dit die anc . en jy wil teen jou eie mense staan , gebrandmerk as n verraaier. dit sal jou simbool word en al erfenis wat jy sal nalaat sal jou dislojaliteit wees.

pietie ·

ek herhaal myself…….. ons is in die minderheid 2.5miljoen,,,,,,,,, maar eending is seker…… hulle is baie versigtig vir ons, en hul word hopenlik kort kort gewaarsku, want kyk in die geskiedenis wat het gebeur. ons is ‘n gevaarlike nasie. pasop nou.

onteiening sal nie gebeur nie, eks seker daarvan, dis bangmaak stories als om stemme te werf, hulle het wit konsultante wat hul raad gee en waarsku. kyk hulle wil graag oorgaan tot daak, maar hulle hardloop gou as die boer die mokenvoer in word.

PJ ·

De klerk jy sal nou vinnig moet kom met jou wigte en teenwigte

JOHNY ·

ASB Maroela plaas my berig dit is mos nou mooi gestel en niemand word benadeel en sleg gese nie nie wat is julle problem .Dit is belangrik vir ander om te lees Dankie

JOHNY ·

Pj Hy het klaar sy wigde en teenwigde in plek Sy privaat vliegtuig staan gereed en sy eiendom oorsee is klaar reg vir die regte tyd om te gaan.Skep nog eers n bietjie .Want hier is baie om te skep

Neville ·

Goed en wel, maar laat hul dus dan bewys dat sy voorvaders die land wat hy wil beset be eien het…. anders kan enige iemand mos reg le op enige stuk van die land… En bewys wat se stam en afkoms die voorwaarde moet wees… die regte manier… by dit moet die staat dan die persoon vergoed vir sy aankoop en voordelige beset van die grond se kondisie.

vierkleur ·

Johny,

Jy lewe in n droom wereld ou maat. Gee jy maar terug wat jy wil
Ek sal eerder oolog maak as wat ek sit en wag om in my eie huis vermoor te word.

Ek het al reeds baie van my geliefde boervolk mense verloor, in die oorlog teen ons ,wat in SA reeds aan die gang is. God sal ons bewaar net soos by bloedrivier.

david ras ·

Kom ons bgin by die begin van wit- swart konfrontasie oor grond—-nie wit-bruin nie, dis iets heel anders.
Vanaf 1652 tot en met 1806, met die Britse anneksasie van die Kaap migreer die blankes noord-ooswaarts.
154 jaar migreer hulle tot by die Vis rivier wat dan ook die grens was tussen die Kaap en Xhosaland.
Die Visrivier was die werklike lyn van konfontasie tussen die Kapenaars, en die Xhosas. Daar was sedert 1780 reeds kontak tussen die twee groepe sover as die Kei rivier.
Historici is dit eens dat daar geen getuienis bestaan van enige kontak tusen wit en swart tussen die huidige Kaapstad en die Visrivier nie.
(Trouens, historici reken dat daar geen getuienis bestaan van enige swart besetting of aktiwiteite suid van die Oranjerivier nie. )
Nou ontstaan die vraag—-gegewe die feit dat die swart stamme van die Noorde af gemigreer het, waar was die voorste stamme ten tye van van Riebeeck se landing in die Kaap?
As mens die afstand vanaf Kaapstad tot by die Visrivier gebruik, en teen dieselfde migrasie tempo van die Blankes, gaan, sou die voorste swartes nog in die omgewing van die Huidige Emangeni gewees het.
Noodwendig moet mens vra :wie se grond was dit dan tussen Empangeni en die Visrivier ?
Logies was dit die Khoi en die San se grond. Daar bestaan genoeg bewyse daarvan.
Nou , wie het nou eintlik wie se grond gesteel ?
Die kern van alles le hier in: mens moet onthou dat die Blankes al honderde jare tevore die lees en skryfkuns baasgeraak het, en dat daar, veral in die Kaap ,goed boek gehou was van gebeure (v Riebeeck se joernaal byvoorbeeld) asook private dagboek beskrywings ,en dat die skrywers werklik getuies van hulle tyd was.
Daarenteen, beskou antropoloe die swartes van daardie tyd as mense nog in die ystertydperk van menslike ontwikkeling. Hulle kon as sulks nie lees of skryf nie, en het ook nie van die bestaan van die wiel geweet nie.
Ek se dit nie om hulle te verkleineer nie, maar slegs om aan te toon dat hulle eise oor grond eintlik maar as gevolg van hulle gebrek aan lees en skryf, maar net mitologies was.

Het niemand nog opgelet dat toe Piet Retief by Dingaan aankom met die versoek om grond te koop, het hy eintlik daardeur die soewereiniteit van die Zoeloes en hulle Eiendoms reg oor hulle grond erken ?
Ek wonder of Dingaan van dieselfde konsepte bewus was ?

chrisp ·

David Ras en ander.

Gaan lees die boek geskryf deur ‘n Afrikaner ingenieur nou in die VSA(ek dink hy is ‘n dosent daar) sy verwysings is amper ‘n boek op sy eie dws daar is net feite weergee.
Dit gaan oor die blanke Afrikaner Boer geskiedenis en sy eie voorgeslagte in besonder.
Dit is werklik puik vir mense wat lief is vir ons geskiedenis. Hier word die sleg saam met die goed uitgedeel.

Jeanette Visser ·

Ek wil net weet soos my man altyd se hulle het niks uitgevind nie die witman moes hulle alles leer so hulle kon nie eers skryf of lees nie en nou wat van die kamtige ancestors wat hulle van praat waar hulle die grond van gekry het. Hoe en waar het hulle dan die ‘briewe” gekry wat se daai of die stuk grond is myne. Ek wonder ma net!!!!!!!!!!

Hendrik ·

Se my mense, wat doen ons as n boere volk om ons kinders, onself en ons erfenis te beskerm teen sulke blatante wraaksig van n kommunistiese regering? Ek bid iemand het n plan vir die toekoms, want selfs vandag nog kan die boere volk nie saamstaan nie.

Chris ·

Vierkleur nou verstaan ek nie. Jy se jy het al baie van jou geliefdes verloor. Nou hoe bewaar God dan soos op bloedrivier as mans,vroue en kinders grusaam vermoor word? Toe Joshua Jeriko aangeval het en ander gevegte het hulle ook nie een man verloor nie tot op n dag dat daar 7 mans gedood is toe weet Joshua iets is vekeerd en slaan kamp op totdat hulle uitgevind het wat verkeerd was. Ons as Christine moet kamp opslaan en ondersoek instel. Iets is drasties verkeerd!
God was hier in ons land in 1965 en elke liewe kerk in die land het Hom nie aanvaar nie. Elkeen van ons moet nou self kyk wat gaan aan. Neem net 30 minute van jou tyd en kyk hierna dan besluit jy self of jy God aan jou kant wil he of nie. Dis jou eie keuse.
http://youtu.be/wTs-ujqvw4M

GES ·

Hein ek neem met waardering van jou besorgdheid kennis. Ek het die opmerking gemaak, kom ons kyk wat gaan gebeur in 2016. Dit klink baie passief maar dit is nie wat ek in gedagte het nie. Iets moet gedoen word maar ons moet nie ons energie en hulpbronne mors nie. Ek stel voor, sluit eerder by bestaande strukture aan en gooi jou volle gewig daar in. Ons Afrikaners is geneig om nie saam te werk nie. Twee van ons mense sal bv drie kerke stig. Elkeen sy eie kerk en ‘n kerk saam. Dit beteken aan die einde van die dag niks nie, ons is nog verdeeld. Ek hoop en vertrou dat soos die druk toeneem ons nader aan mekaar sal beweeg.

Mari ·

Skies julle, dalk is ek nou dom maar wat van al ons eiendomme wat belas is by die bank? Die hele ding is tog nie realisties nie. As jy nie eienaarskap verstaan nie hoe gaan jy erfbelastings, heffings ens verstaan? Vra maar net…..

John ·

En as ‘n boer se grond gevat word en die eienaar skuld nog derduisende by sy bank. Erf die nuwe eienaar ook die skuld of gaan die regering die skuld oorneem. Ek wonder ook hoe gaan die banke voel oor die nuwe eienaar op die plaas. En al die buitelandse beleggers waaraan ons so ‘n tekort het; hoeveel beleggings gaan ons trek? Daar gaan ook ‘n vreeslike bakleiery wees oor wie kry wat. ‘n Hele paar plaasmoorde van ‘n ander soort gaan volg. Die hele wereld sal ook in die tou staan vir grond. Die ANC gaan ‘n redelike kopseer kry met die verdelingsproses. Dis maar net ‘n paar interessanthede. Eintlik glo ek dinge gaan nie so voor die wind loop in hierdie onderneming van die ANC nie. Baie ander dinge kan gebeur en gaan gebeur. Kyk maar na die res van die wereld hoe vinnig dinge verander. Lees ook in die Bybel watter vreemde gebeure die Vader gebruik om sy kinders te beskerm. Die 16de Desember is nie sommer net so ‘n dag nie. Die huidige regering in Suid-Afrika is nogal verwaand om die term demokrasie rond te gooi maar dit nie toe te pas nie.

Theresa ·

Dankie vir die stuk wat als in ‘n paar stappe uitsit.
Net ‘n vraag wat ek hoop iemand hierdie keer kan antwoord – vra dit baie – kry nie ‘n antwoord nie: ons kan nie meer 2m wees nie. Hoeveel van ons is oor nadat daar die afgelope paar jaar daagliks onder ons gemoor word? IEmand ‘n ingeligte antwoord?

johny ·

Dit is nie nodig om my te kruisig nie ek is saam met die regverdiges .My moeder van 76 jaar is wreed vermoor daar is op my en my kinders geskiet.Ek hou al die konflikte in die wereld dop .A s julle moet sien hoe die persone lyk en die kinders ens.Dit is nie n gesig om te aanskou nie..Ek kan my stelling terug trek met die grond vir hulle terug gee.Maar hulle gaan dit soos in Zimbabwe vat met geweld.Ek het op die grens my deel gedoen en ek is bereid om my lewe af te le vir Suid Afrika.Ek het my kinders aangeraai om die land eerder te verlaat .In my hart hoop ek daar is n uitkoms maar ek weet ek lieg vir myself.Ek weet die boere het vir hulle grond geveg en betaal en ek sal ook vir my grond en my land veg.Dit is hoekom ek nou nog hier is.As ons kyk na wat die vrouens en kinders moes deurmaak in die konsentrasiekampe en waar hulle gesterf het.Al wat my pla moet hulle dit weer deurmaak.My moeder se moeder se pa se pa was andries pretoruis se broer.So boere bloed het ek.En ek sal julle nie in die steek laat nie.Maar vroue en kinders moet nie weer ly nie.Eendrag maak Mag Mag GOD met ons wees

JOHNY ·

Ons moet net baie seker wees die dag wat ons gaan optree dat GOD met ons gaan wees.In die bybel staan jy moet jou vyand lief he.Soos ek dinge nou sien moet die boere volk terug gaan na die HERE.Die HERE wag vir ons om ons deel te doen en aan hom te bewys dat ons hom waarlik lief het en dat HY ons GOD is wat sy enigste KIND vir ons laat sterf het vir ons sondes.Nou kan ek my instel dat GOD langs my staan en vir my se Johny kies jou liefde vir jou familie wat nou gaan sterf of grond.Wat sal ek kies in GOD se teenwoordigheid.Ek veg vir GOD en JESUS en vir GOD se kinders en vir my geliefdes.Ons moet op GOD vertrou HY sal ons die regte pad aandui en sy liefde vir ons sal ons help om die regte besluite te neem AMEN

chrisp ·

Dankie Johny ek is met jou.
Nie ek of my seuns sal betrokke raak in enige konflik van watter aard ookal as die God van die Bybel nie daar is nie.Vir mense en hulle agendas is ek nie meer bereid om te offer nie, punt.
Ek hoop FW en lede lees hier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.