ANC sê oor Modise se plaas

Foto: eNuus

Foto: eNuus

Die ANC sê hy is seker daarvan dat selfs die gevestigde boere van vandag ook al foute in die verlede gemaak het wat die gesondheid van hul vee, die produktiwiteit van hul plase en hul winste in gevaar kon stel.

Die ANC het dié uitlating gemaak in reaksie op mediaberigte dat talle diere op Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies se plaas gevrek en in haglike omstandighede geleef het.

Stone Sizani, die hoofsweep van die ANC, het gesê hy deel Modise se sentiment dat dit ‘n ongelukkige voorval is en nooit moes gebeur het nie. “Ons is tevrede dat sy die nodige stappe neem om die situasie reg te stel en te verseker dat dit nie weer in die toekoms gebeur nie,” het Sizani gesê.

Hy sê hy het egter opgemerk dat hierdie situasie nou verpolitiseer word, en dat die party se teenstanders nou gebruik maak hiervan om die party aan te val en te diskrediteer rakende sy beleid oor grondhervorming.

“Ons is gewalg deur die pogings van strukture soos die DA wat hierdie voorval opportunisties gebruik om die grondhervormingsprogram te diskrediteer en swart boerdery inherent te projekteer as ‘n mislukking. Hierdie siening poog om nie net die belangrike en dringende nasionale program vir die regstelling van die ongeregtighede van 1913 te ondermyn nie, maar getuig ook van rassistiese ondertone,” het hy bygevoeg.

Sizani sê hy is seker dat, indien gevestigde boere soortgelyke foute gemaak het, dit nie aan ‘n soortgelyke mediaskouspel of politieke aanstellerigheid onderwerp sou wees nie, maar het dit benadruk dat enige lyding wat diere beleef het, nooit geregverdig kan word nie.

Volgens Sizani maak die DA hom egter aan “obsene skynheiligheid en rassisme” skuldig.

Hy sê die DA het voorheen ‘n oorverdowende stilte gehandhaaf wanneer geweldsdade teenoor mense op plase gepleeg is. “Soos die misbruik van plaaswerkers en die moord op swart mense omdat hulle glo vir bobbejane aangesien is.”

Die ANC sê hy sal nie afgeskrik word rakende sy besluit om die grondherverdelingsproses en landelike ontwikkeling te bespoedig nie.

Lees ook:
Video: ‘Ergste geval van dieremishandeling in 20 jaar’
‘Modise moet van dieremishandeling aangekla word’
Varke verhonger, vreet glo mekaar op Modise se plaas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Willie ·

Dit is n al om bekende feit dat gruwelike nalatigheid hier betrokke is.Die belange op Modise se plaas aktiwiteite wys dat sy weke laas aandag aan haar boerdery gegee het.As sy betrokke was sou die gruwelike gebeurtenis verhoed kon gewees het.Sy sou na n dag of wat geweet het haar vee wagter is weg of het gedros.Geen aktiewe boer los sy diere net so nie en sal deurgaans in voeling bly met plaas aktiwiteite.Daar is eenvoudig geen verskoning nie.Gaan kyk maar na hervestigings plase! Boerdery is n bysaak en word oor gelaat aan die elemente terwyl bakhand gestaan word vir regerings bystand om hul haglike bestaan te help verlig.Dit is hier waar daar op die politieke bus gespring word om vure aan die brand te steek om oposisie partye uit te kryt as rasiste en terselfde tyd oe toe te knyp om hul eie onvermoe te verdoesel.

Paul Smith ·

Wys jou net hoe min die ANC van wit boere weet, net die anderdag het Zuma stortkop uitgevaar teen witmense wat vir hulle honde meer omgee as vir die swartes op hul plase.

Meneer ·

Verwaarlosing is nie ‘n fout nie, dis ‘n keuse. Blatante dieremishandeling!

Satdig oor die klippe, anc. Be careful what you wish for.

Rob Malan ·

Ons nooi die ANC en die regering om saam met die pers die plaas te besoek wat ons in 1997 aan benadeelde swartes verkoop het. Kom kyk hoe lyk daardie plaas vandag. Dit is geen wonder dat diere op hierdie wyse gemartel word nie. Die mense kry alles verniet en het geen benul van produktiwitet nie, nog minder van diere mishandeling.Kry die mense nie skaam nie.Sies man.

PURE BOER ·

WAT maak Thandi Modise met n plaas maar is nooit da nie??????
Gee die plaas vir n boer en laat Thandi Modise verder met TAX geld speel. Waarom wil hulle nog BOERE se grond vat as hul niks weet van BOER????

“Uit die blou van onse hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes
Waar die kranse antwoord gee.
Deur ons vêr verlate vlaktes
Met die kreun van ossewa.
Ruis die stem van ons geliefde,
Van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
Ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe,
Ons vir jou, Suid-Afrika.”

PURE BOER ·

“Ons is gewalg deur die pogings van strukture soos die DA wat hierdie voorval opportunisties gebruik om die grondhervormingsprogram te diskrediteer en swart boerdery inherent te projekteer as ‘n mislukking.”

My liewe mens,,, gaan kyk na Zimbabwe en dan sal jy sien die DA is reg,,,, swart boerdery is n mislukking. Kry verniet, eet alles op, verkoop alle toerusting, dan plant hy net genoeg om hom aan die lewe te hou. Dis Vrot appels wat so boer en swak regering wat dit toelaat!!!

“Uit die blou van onse hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes
Waar die kranse antwoord gee.
Deur ons vêr verlate vlaktes
Met die kreun van ossewa.
Ruis die stem van ons geliefde,
Van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
Ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe,
Ons vir jou, Suid-Afrika.”

Theresa ·

Verskonings, verskonings. Julle kan mos niks verkeerd doen nie. Julle het nie ‘n clue waarvan julle praat nie. Hou op om julle blerrie slim te wil hou en aanvaar verantwoordelikheid vir al die gemors wat julle aanvang!

estelle ·

sizani as dit ‘n foutjie was, doen dieselfde met HAAR, sit haar op dieselfde plaas, sonder vervoer, kos en stem om vir haarself te praat! Dit is blatante diere mishandeling en sy gaan skotvry kom!!!! Hoop sy vergeet om haar kinders te voer!

Belinda ·

Ag en in elke liewe sin van die woord moet die woordjie rassime ook wees dis maar altyd die verskoning sodra hulle in n hoek gedruk word…………….maar sy het geen benul van dit wat sy verniet gekry het nie en klaar mens kan net nie vir iemand breins gee as jy in die 1ste plek sonder n brein gebore is nie……………….dis mos nou logies as mens n dier het moet jy na dit kan kyk daar is geen dink werk daaraan nie………………….maar ja as jy dom en onnosel is kan jy nie dink nie en het niks met swart en wit te doen nie……………….

Dominique van vuuren ·

So al vrek die vee op die plase kan daar niks aan gedoen word nie. Want dan is dit weer n saak van rassisme. Hoe de hel kan die boer van die plaas dit toelaat en dit nie erken as n fout nie. Want sy is dan n BOER. sy wil BOER en BOER wees. Vat daai verantwoordlikheid op jouself.

hester muller ·

Hulle moet net nie nonsens praat die ANC nie ek het op karooplaas grootgeword in Calvinia distrik en droogte tye moes my pa maar die diere voer met mielies en lusern is plein verwaarloosing – weet niks van boer nie grond hervorming kan nie werk nie een vand die dae is daar nie kos vir ons in hierdie mooi land van ons nie. Die ANC sal nooit die fout by hulle gaan soek nie altyd by die witman

joey ·

Ja nee kyk, weereens word rassisme of apartheid genoem! Skrik wakker, kyk wat met Zimbabwe gebeur het……

pop ·

Waar het die ANC gehoor dat boere swartes mishandel en vermoor het in vorige bedeling> Ek kom van n plaas af, en het net plaasmense geken, en ek het nooit van so iets gehoor, of gesien nie. Maar nou hoor ek sommer van 4 moorde op witmense oor een naweek. God het ons oor diere aangestel om hulle te versorg, so ek dink daar is n spesiale hel vir die barbare wat weerlose diere enige kwaad aandoen. Wat jy saai ! ! ! ! ! ! !

Elizabeth ·

Ja, ja ANC, enigeen maak foute, mens moet leer maar – nie ten koste van diere se welsyn nie! Om te maak of boere in die verlede sulke gruwelikhede gedoen het is growwe veronderstelling en van alle waarheid ontbloot. Ek is seker enige boer sal erken hul het al foute gemaak deur so en so iets te plant en dan werk dit nie ind aardie area en sal hul dan liefs iets anders plant – maar hul plant nie iets en los dit sonder water of kunsmis en hoop dit bly groei nie! Selfde met diere, ‘n boer sal dalk met een of ander dier wil boer en dan vind die area is nie geskik vir dit, maar sal hy dan nou maar die diere los om te vrek?? So hy sal sy verkeerde besluit dan regstel en daardie diere verkoop en iets anders probeer so om nou te maak asof wit boere dieselfde as hierdie Modise gedoen het is twak. Dis absolute leuens – geen wit boer sal ooit diere net los om te vergaan nie. ‘n Boer sit in elk geval nie in die stad êrens en werk of watookal en gaan nie gedurig plaas toe om te sien of als regloop nie! Foute maak enigeen, maar nog nooit gehoor van ENIGE wit boer wat sy diere willens en wetens aan “oppassers” oorlaat en nie nou en dan gaan kyk of als regloop nie. Volgens vroeëer berigte het Modise se bestuurder verlof geneem en iemand anders is aangestel – nou enige mens met breinselle sal dan JUIS kort-kort gaan seker maak als loop reg siende die bestuurder mos nou nie daar is nie. Nee wat, sy moet weet God slaap nie…

Belinda ·

Net baie snaaks is dat iemand na jou diere kyk en jy lewer voer af vir jou diere elke liewe week en na 2 weke het jou HELPER nog niks laat weet nie is daar mos n probleem dan is dit mos logies daar is fout …………..maar ja DOM is nie die woord nie!

Adri van Zyl ·

My oorlede pa was sy lewe lank n boer. Nog nooit het hy sy diere laat honger ly. Enige boer wat sy naam ‘boer’ werd is sal nie so n ‘nalatige fout begaan ni. Hy het NOOIT met vakansie gegn ni want di ‘windpomp’ kan dalk breek of daars koeie wat moet kalf. Nie eens Sondae het hy gerus ni. Hy was defnitief ni n stoepboer ni! Sy leuse: n ander se genade is n verdomde genade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.