ANC sê oor Noordwes-premier

Noordwes-premier Job Mokgoro (Foto: ANA)

Die ANC het Maandag aangekondig hy het besluit om Job Mokgoro te behou as premier van Noordwes.

Die party het verlede week, ná die algemene verkiesing op 8 Mei, sewe premierskandidate aangekondig vir die provinsies waar hy aan bewind sal bly. Geen aankondiging is gemaak oor ʼn besluit oor Noordwes nie. Mokgoro is in die middel van 2018 in dié provinsie aangestel om Supra Mahumapelo te vervang wat bedank het ná weke lange gewelddadige betogings in die provinsie oor beweerde korrupsie en ʼn gebrek aan dienslewering.

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het in Kaapstad vergader en Maandagmiddag die besluit oor Mokgoro aangekondig.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die party het verskillende aanbiedinge oorweeg. “Daar was mense wat ons oorweeg het, maar hulle was nie op die ANC se lys vir Noordwes nie, so ons het gevolglik ingestem dat Job Mokgoro as premier van Noordwes sal aanbly om die provinsie te stabiliseer. Ek dink ons sal, op die regte tyd, weer die saak bespreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dries du Toit ·

Magashule hou sy agterdeur oop. Mgoro is nie een van sy Zuma kornuite nie. So hy sal graag die saak weer wil open as sy posisie dalk versterk. Hoop net dat dit nie gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.