ANC se Oos-Kaap kies voorsitter

Die lokaal nadat geweld uitgebreek het. Foto: Verskaf

Die uitslag van die stemmery om die ANC se nuwe provinsiale leierskap in die Oos-Kaap te bepaal is Sondag bekend gemaak.

Die verkiesingskonferensie is Saterdagaand in chaos gedompel toe ʼn bakleiery tussen twee faksies in die Oos-Londense Konvensiesentrum uitgebreek het.

Van dié afgevaardigdes het daarop aangedring dat Phumulo Masualle, die huidige uittredende voorsitter, in sy pos moes aanbly. Ander het Oscar Mabuyane, die uittredende sekretaris wat Masualle om die leierskap die stryd aangesê het, ondersteun.

Minstens agt afgevaardigdes is tydens die bakleiery beseer toe hulle met stoele en “ander gevaarlike voorwerpe” aangerand is. Volgens ʼn ooggetuie het een afgevaardigde ernstige beserings opgedoen toe hy “met ʼn mikrofoon in die gesig aangerand” is. Die beseerdes is per ambulans na hospitale geneem.

Mabuyane is later op die konferensie tot voorsitter van die party verkies.

Die Masualle-faksie het reeds aangedui hulle gaan ʼn dringende aansoek in die Oos-Londense hooggeregshof bring om die uitslag van die verkiesing ongeldig te verklaar.

Die ANC se nasionale leierskap het die geweld veroordeel.

Hier volg ‘n video van die bakleiery:

Dis mos hoe 'n ANC kongres moet lyk….

Posted by Elmarie Linde on Sunday, October 1, 2017

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

pieter ·

Dis nou mense wat die land wil regeer PATETIES. Waar is die uitvoerende gesag nou vd ANC. Wonder wat se ZUMA van sy mense. DOODSE STILTE.

SONNIES ·

Dit was die wit rassistiese stoele wat die spanning veroorsaak het.

Eish ·

So maak mens soos tannie Esmé Euverard van Springbok radio jare gelede sou gesê het. Ek verneem die klas optrede het ons eie politiek ook gekenmerk in die tyd van die Sappe. Dis dalk waarom Ace Magashule van die Vrystaat in gebreke gebly het om die streek se verkiesingskonferensie te hou. Ons sien met verwagting uit na die ander provinsies se aksies tydens die konferensies.

Callie ·

Dis lelik maar lekker. As jy so onder mekaar bedrieg en steel sal niemand, niemand vertrou nie en so sal dit alles tot niet gaan. Lekker man, lekker

Johann ·

So barbaars soss…nou moet ek mooi.dink voor ek iets sê….mmmmmm, so barbaars soos die ANC se ZUMAUKIES in ZUPTOPIA! ANC legacy!!!!!

Oe-la-la ·

Blyk dat hier n groot aanvraag na 1/4 en 1/2 bakstene aan die kom is

Piet Pompies ·

Daar is nie meer eenheid binne die ANC, lede gryp na gras halms terwyl die gras om hulle brand. As Suid Afrikaner sien ek uit na die volgende verkiesing om weer te stem en dan te sien hoe die regte mense ons land regeer tot voordeel van alle burgers.

piper ·

ek wonder hoeveel die skade beloop. hulle gaan seker moet wag vir betaling. gaan. gaan hulle weer toegelaat word by die plek. groot skande.

Apache ·

Hoe lekker lag ek nou en die res van die wereld lag saam, pragtig om te sien he he he he.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.