ANC sê opposisiepartye ‘oorreageer’ oor Nkandla-uitspraak

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC se “top ses” het Vrydagaand in hul reaksie op die konstitusionele hof se uitspraak oor die Nkandla-sage gesê opposisiepartye “oorreageer” deur ʼn mosie te bring om pres. Jacob Zuma uit sy amp te laat verwyder en probeer om die hofuitspraak te “sensasionaliseer”.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het kort nadat Zuma die nasie toegespreek het namens die ANC gereageer op die konstitusionele hof se uitspraak Donderdag. Mantashe het begin deur te sê die ANC verwelkom Zuma se verskoning en glo niemand het kwaadwillig opgetree nie. Volgens Mantashe is die saak met Zuma bespreek en het hy onderneem om te voldoen aan al 11 vereistes wat in die hofuitspraak uiteengesit is, onder meer om ʼn gedeelte van die staatsgeld wat aan nie-sekuriteitsopgraderings by sy private Nkandla-woning bestee is terug te betaal.

Mantashe het die opposisiepartye gekap oor hul uitsprake dat Zuma uit sy amp verwyder moet word en gesê die ANC is nie verras oor die opposisie se “oorreaksie” nie. “Om te sê dat die ANC Zuma moet afdank is dieselfde as om te sê die ANC moet homself uitmekaarskeur. Dit is ons siening,” het hy gesê. “Ons gaan nie doen wat ander vir ons sê om te doen nie, maar wat ons dink gedoen moet word.”

Mantashe het gesê ʼn vergadering sal Maandag met die lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gehou word, waarna hulle met die ANC se provinsiale leierskap in gesprek sal tree. “Daarna is ons bereid om met enige sektor van ons demokrasie, tradisionele leiers, alliansie-groepe van die party of enige ander groep wat kommer oor hierdie saak het in gesprek te tree,” het hy gesê.

“Dit help nie dat ons nou emosioneel reageer nie. Ons moet deur die kwessies en uitdagings werk. Dit help nie ons staan in ons verskillende hoeke en skree op mekaar nie. Ons moet in gesprek tree,” het hy gesê.

Zuma het vroeër die aand gesê dat hy die konstitusionele hof se uitspraak aanvaar en respekteer, maar dat hy nooit bedoel het om die grondwet te verontagsaam nie. Hy het gesê hy en sy kollegas “het baie uit die hofuitspraak geleer”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Will i am ·

Lieg en bedrieg nog steeds en hul aanhangers glo hul. Wat n klomp snert

Ansie Janse van Rensburg ·

En terwyl almal wat nie bedoel om skelm te wees nie in elk geval skelm is en miljoene rande steel, skuus sonder dat hulle dit bedoel vergaan duisende mense van die honger in ons land. Miskien is dit ook nie opsetlik nie.

Ouman ·

‘n Hanvol skurke hou die land en al sy mense gyselaar. Wonder hoe lank kan dit aanhou voor die hel los bars

Pietertjie ·

Yeah, right… G’n wonder die Regter het gepleit vir geleerdheid in die Regering nie!

Johann ·

Aangename kennis; dis my 5 broers en susters genaamd GEK; hul lieg net soos ek. Ons lieg SO goed…ons glo nie net ons self nie; ons glo mekaar. En as die TOP 6 saam; dink ons ons lieg só goed dat almal ons glo.

Johann ·

Voorstel: wat van ‘n aksie in georganiseerse massas. Van skole; Universteite; strate in woonbuurte. Tot politieke Partye en Sosiale Drukgroepe. Maar meeste. INDIVIDUE wat in solidariteit letterlik saamSTAAN en as n teken van disrespek en ontkenning van en vir Zuma en wie ook al hul by sy leuns skaar: POST VIDEO CLIPS VAN JOISELF/GROEP/GESIN waar jy in totale stilte letterlik jou rug draai op hom en sy teenwoordigheid. Ontken hom en sy trawante fisies! Johann

Winston ·

Stem saam Johann. Genoeg is genoeg. As daai April maand bokram op TV kom gaan drink ek tee, eerder as om na sy bokborrelbollierol luister of kyk.

Melanie ·

Dit was nog ‘n hartseer dag vir Suid-Afrika…. Ai en ons almal verwag steeds Zuma moet soos ‘n eerbare man optree en bedank. Dis arrogansie en miskenning van die intellekualiteit van Suid Afrikaners. Ten minste het KPMG die Guptas laat gaan.

Tersia ·

Eish!!!!!!!!! Laat my so dink aan die ses se Broeder in die land noord van SA!!!!!

Han ·

Voor die Almagtige God gaan hulle nie wegkom met hulle leuens en bedrog nie. Hulle dag kom.

Pieter.v ·

So kom Mantashe en smeer maar weer toe ,die hoof ontkenner in die anc ,n doktors graad i n ontkenning aan die anc universiteit behaal.

Frederik ·

Al baie gewonder wie is nou eintlik die top 6. Is Nammawan nie dalk self een van hulle nie? En in wat is hulle tops? Kwalifikasies, leierskap-eienskappe, korrupsie, diefstal, lieg……………….??

John ·

As die hoof van ‘n stad se verkeerspolisie aldag oor rooi verkeersligte jaag en die inwoners daag hom na 5 jaar voor die hof oor sy misstappe waaroor hy gereeld aangespreek is. Die hof bevind hom skuldig. Maar dan kom al die ander verkeersbeamptes vir hom op deur aan die stadsburgers te se hulle oorreageer. Wow!

Wat-ek-lees ·

Mantashe . . . altyd reg met ‘n antwoord, al kan mens dit ruik.

Pieter dp ·

Jamerlik het die leiers in die land ge val. Hoop iemand het die het die kennis en moed om hul te verklaar om geondersoek te word en voor n hof gebring te word. Eerstens het hul hul eed as leiers van SA verbreek. Twee dens veryk hulhul self uit die skatkuste van die land. Derdints pleeg hul bedrog om hul self te veryk. Omkoop op sy beste.. daar is nie n uinde aan hul wan dade nie.

Kobus ·

Ai, ons land is darem in sy kanon in! Hoe kan enige burger met verstand (al is dit net ‘n bietjie) hierdie “Top 6” ter harte neem. Weereens verontagsaam hulle die hofuitspraak wat duidelik hulle wandade uitwys. Pleks van die eerbare ding te doen en almal om verskoning vra en bedank, pamperlang hulle die nr1 skelm met verskonings van “nie doelbewus” opgetree nie. Was dit nie doelbewus toe hulle die polisieminister se “verslag” aanvaar het bo die Openbare Beskermer s’n nie? Waar is die eerbare lede van die ANC? Almal kan tog seker nie korrup wees nie? Of is dit maar hoe die ANC aanmekaar gesit is?

Louis ·

Dit beteken ook dat daar niks sal kom van die Guptas ondersoek deur Mantashe nie. Gaan net so ‘n groot grap wees.

Flippie ·

Al wat duidelik is, is dat die gekonnekteerders in die ANC daarop uit is om die land te plunder. En plunder gaan hulle – hulle voel ‘n veer vir die land..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.