ANC sê parlement sal nie Guptas ondersoek

Jackson Mthembu Foto: polity.org

Jackson Mthembu Foto: polity.org

Die ANC het ontken hy het ingestem tot ʼn parlementêre ondersoek om die invloed van die omstrede Gupta-familie oor die regering te ondersoek.

Jackson Mthembu, die party se hoofsweep, het in ʼn verklaring die DA se “belaglike bewerings in die media” ontken en gesê die opposisieparty is opportunisties om te beweer ʼn parlementêre ondersoek na die Guptas sal gedoen word.

Nadat Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP en Mcebisi Jonas, adjunk-minister van finansies, beweer het die Gupta-familie het hulle op verskillende geleenthede na hul Saxonwold-herehuis ontbied en ministerposte aangebied, is verskeie ondersoeke van stapel gestuur te midde van vrese van ʼn moontlike “staatskaping” deur die Guptas.

Die DA het sedertdien die parlement versoek om die saak ook te ondersoek, maar Mthembu sê hy het nooit tot so ondersoek ingestem nie en sal ook nie.

“As algemene beleid moet die parlement as ʼn forum dien vir openbare debatte en multi-party debatte. Elke voorgestelde debat moet egter aan die vasgestelde parlementêre proses onderhewig wees en deur alle partye oorweeg en oor besluit word,” het Mthembu gesê. Volgens Mthembu het die DA ʼn wanopvatting van die beleid indien hulle dink die ANC se hoofsweep sal outomaties tot so ʼn parlementêre ondersoek instem.

“Die bewerings van die sogenaamde ‘staatsbeheer’ deur die Guptas word reeds deur sekere staatsinstellings, soos die Valke en die Openbare Beskermer, ondersoek. Die parlement moet homself nie in ʼn situasie bevind waar hy parallelle ondersoeke doen nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann Marx ·

Om die parlement te kry om so ‘n saak te ondersoek, is soos om ‘n krimineel te kry om homself te verhoor, skuldig te bevind en te vonnis….

Jan maak n Plan ·

Ek het mos vroeer gese daar sal absoluut net soveel kom, soos toe die SAPD Nkandla ondersoek het. LMGA

vernon ·

Ek stem saam mense. Zuma het klaar die land aan die guptas verkoop. Hy sal mos nie ‘n lat vir sy eie g… pluk nie. Dit is so maklik as jy onskuldig is en niks het om oor te bekomer nie om die ondersoek toe te laat. Versterk net mens se vermoedens.

GES ·

Soos iemand reeds gesê het dat Zuma die beste president is wat geld kan koop. Hy is ook baie knap met die skep van presidente.

Penellope Jones ·

Natuurlik nie! Hoekom sou hulle dit ondersoek? Soos met alles, sal dit ook net saggies verdwyn.

Karolis ·

As jy iets teen ‘n anc kader uitlaat, (hetsy humor of nie) dan word jou kommentaar verwyder. Is Maroela Media ook deel van die anc?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.