ANC se planne om beter in parlement te vaar

Argieffoto

Die ANC het ’n groot beplanningsvergadering gehou om beter in die parlement te funksioneer. Die vergadering is bygewoon deur lede van die ANC se parlementêre koukus, die party se provinsiale sekretarisse, verteenwoordigers van ANC-koukusse in provinsiale wetgewers en lede van die party se nasionale uitvoerende komitee.

Die sentrale doelwit was om ’n vyfjaar‑aksieplan op te stel om ANC-LP’s se bydrae tot die parlement se oorsigrol, kiesafdelingswerk en die skryf en aanvaarding van wetgewing te verbeter, maar die terugvoer wat vanmiddag tydens ’n ANC-mediakonferensie by die parlement verskaf is, het heeltemal op ander dinge gefokus.

Onder meer is leedwese oor die afsterwe van oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe uitgespreek, geweldsmisdaad teen vroue asook die openbare vandalisme en geweldpleging wat tans in dele van die land voorkom is veroordeel, en steun is vir pres. Cyril Ramaphosa se planne in die verband uitgespreek.

Voorts het die koukuslede die planne om die ekonomie te laat groei en distrikgebaseerde monitering van die ontwikkelingstaat ondersteun. Die ANC en die land se internasionale rol is ook bespreek.

Etiek-opleiding gaan aan ANC-LP’s verskaf word en die ANC gaan in ʼn groter mate met burgerlike organisasies saamwerk om hul kiesafdelingswerk te verbeter.

Oor die beplande aksieplan ter verbetering van die funksionering van die parlement is egter nie veel tydens die mediakonferensie gesê nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johanna Botha ·

Anc is op alle gebiede swak …hoekom is die ekonomie so swak ek is daar oral opstande en optogte en geen werk …al waar hulle goed vaar is by korrupsie

John ·

Hoe om ‘n land te bestuur en watter rol parlementslede moet vertolk is duistere sake in Afrika. ‘n Koning wat opdragte gee, is eerder die gebruiklike… of ‘n sluwe leier soos Albashir met sy sweep. Doen of… Die mense in ons parlement wat meer rusdae as werksure het, sit net en ginnegaap tot dit weer mall-tyd is vir vet tjips en worsies en Gucci, liewe Gucci en… en… Oooo, maar jy ruik heerlik… Wat is dit? Op Dubai-lughawe gekoop? Oooo!… Ek moet juis…

marous ·

Beplan dikker kussings dan kan hulle nog lekkerder slaap …

colleen ·

Een vergadering gaan niks doen nie. Help nie jy sit dag na dag in ‘n vergadering en niks gebeur nie. Hulle beplan seker hoe om meer uit die gravy train te kry.

JohanL ·

Die groot probleem met die parlement is dat die ANC lede se intelektuele vermoe om te redeneer te min is. Ek praat nou van die ANC want die berig gaan oor die ANC. Ons almal weet dat die EFF lede sommer plein simpel, populisties en radikaal is en NIKS bydra tot enige iets nie. So dit daar gelaat.

Die opinie oor die ANC is iets wat al jare gelede oa deur Barry Gilder geskryf is in sy boek, asook Alex Borraine se boek. Besluite word in Luthuli huis geneem en die strooipoppe in die parlement word beveel hoe om te stem ens. Daar word nie veel debat toegelaat deur die ANC lede nie, in opdrag van die top ses.

Die ANC is duidelik besig om sy “beste kandidate” (??? LOL ???) te ontplooi na kabinetsposte, top staatsdiensposte, ens en die strooipoppe word parlement toe gestuur. So baie sterkte aan die ANC – ek weet nie hoe julle daarin gaan slaag om jul mense te kry om op ‘n beter vlak te debatteer nie.

Enigste advies is dit – probeer die LP’s leer om objektief te wees, wat natuurlik teen die grein van die ANC is. Maar dit sou my eerste advies wees. Tweedens laat WARE vryheid van spraak toe, wat weereens teen die konsep van “gesentraliseerde demokrasie” van die ANC is.

So om op te som – weet nie HOE die ANC dit gaan regrky nie?

koos ·

Ek sou so hoop ja. Hulle word immers BETAAL om daar te wees. En hulle is deur mense van die land verkies om daar te dien.
Verbeel jou dat jou werkgewer ‘n vergadering moet hou met al sy personeel en hulle mooi moet vra om asseblief by die werk op te daag en dan jou werk te doen???????

Miskien is dit tyd dat ons kiesstelsel verander dat die LP’s nie deur hulle partye aangewys word nie maar deur die kiesers, en dat hulle verantwoording doen aan die kiesers en nie hulle partye nie?

JohanL ·

Koos, jy is reg. Ek onthou nou net nie die detail nie, maar daar was oa sulke voorstelle in ‘n verslag wat geskryf is na ‘n ondersoek wat gelei is deur wyle Frederick van Zyl Slabbert. Die doel was dus om aanspreeklikheid te koppel aan lede in die Parlement. Die voorstelle het egter nie “goed afgegaan” by die ANC nie. Die ANC was nog nooit goed gewees om aanspreeklikheid of verantwoordelikheid te aanvaar nie.

Jerry ·

Alles wat die ANC doen is doelbewus en is vir die ANC. Die ANC is swak en die ekonomie is swak omrede die ANC doelbewus die rand laat val het om n intimiderende klimaat te skep vir verandering. Die ANC gaan beter vaar en die ekonomie gaan versterk omrede die ANC doelbewus die rand gaan optel vir die ANC deur n beleggers vriendelike klimaat te skep vir die implementering van verandering van kolonialistiese stelsels na kapitalistiese sosialistiese stelsels wat deur die ANC beheer gaan word. Die ANC het dus die ANC verryk deur die ekonomie wat hoofsaaklik aan wit monopolie kapitaal behoort het te laat val en indien die ANC kan verbeter en die ekonomie kan optel, dan beheer en behoort die ekonomie aan die ANC!

Dries Moolman ·

Julle kan begin deur actually WAKKER te wees in parlement.

Ella ·

Gister se n “agbare”minister op radio Suid-Afrikaners is”gullible”. Ek kan haar nie reguit sê nie maar, agbare minister, ek neem aanstoot oor jou stelling. Die publiek het n standpunt oor wat in die land gebeur wat meestal weggelaat of weggeredeneer word.
Ons GLO beslis nie alles wat politici verkondig maar daar is mense in die land wat wel “gullible” is omdat die politici so verkies.
Gaan kyk op Wikipedia wat die woord beteken.
Korrekte aksie en optrede spreek harder as woorde wat heeltyd herhaal word.
Baie van ons is nie so dom as wat politici dink en ons is beslis nie “gullible” nie.

Willie ·

ANC maak huis skoon, julle fasiliteer boewe.. Begin sommer met julle son of the soil, die VBS looter.. Toe wys ons dat julle erenstig is…

Alida ·

Vra ook sommet dat daar nie ge-eet en kougom gekou word nie. Dit is walglik en vieslik.

Matts ·

Dalk moet hulle begin deur almal wat kriminele rekords het, uit die parlement te verwyder ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.