ANC se ‘rassistiese lid’ veroordeel

Suzanne Govender. Foto: Facebook.

Prema Naidoo, lid van die Ahmed Kathrada-stigting se raad en anti-apartheid-struggleveteraan, het Vrydag vir Suzanne Govender, nou voormalige sekretaris van die ANC-jeugliga (ANCYL) in wyk 73 in Chatsworth in die eThekwini-munisipaliteit en lid van die streek- uitvoerende komitee, veroordeel.

Maroela Media het vroeër berig Govender het glo in ʼn WhatsApp-boodskap die k-woord gebruik om na ʼn ander ANC-lid te verwys. Jarad Naicker, voorsitter van die ANCYL in wyk 73, het verlede Maandag in ʼn verklaring gesê die ANCYL distansieer hom heeltemal van Govender se “rassistiese uitbarstings” en sal toelaat dat interne dissiplinêre prosesse voortgaan sonder vrees of vooroordeel.

Zaakirah Vadi, woordvoerder van die stigting, het gesê Naidoo het in Soweto by die bekendstelling van die publikasie oor die lewe van Rita Ndzanga, ʼn struggleveteraan, gepraat. Naidoo het gesê dit is diep kommerwekkend dat ʼn lid van die ANCYL, ʼn organisasie wat hom beywer vir die stryd teen rassediskriminasie en apartheid, ʼn lid het wat beskuldig word daarvan dat sy die k-woord gebruik het.

Neeshan Balton, die stigting se uitvoerende direkteur, het Naidoo se sienings beaam en gesê dit is teleurstellend dat iemand wat in die ANCYL se streeksleierskapstruktuur dien glo sulke rassistiese sienings huldig.

Balton het egter die organisasie geprys dat hy Govender geskors en aangedui het dat ʼn dissiplinêre verhoor sou volg, die tak ʼn saak teen haar aanhangig sou maak en die saak na die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) verwys het.

“Hoewel Govender bedank het, maar ontken dat sy die opmerkings gemaak het, dink ons dis belangrik dat die ANC haar sal berispe as die aantygings waar is. Politieke partye moet sterk leierskap toon oor kwessies waar hul eie lede betrokke is.”

Die stigting meen rassisme moet “duur” gemaak word vir rassiste.

“Ons het gister (Vrydag) van [Adam] Catzavelos gehoor. Hy het basies erken dat hy ʼn rassis is, maar nog nie vir die Suid-Afrikaanse publiek gesê wat hy gaan doen om daarvoor te vergoed nie. Oor Govender – as sy op grond van die uitkoms van die onderskeie ondersoeke skuldig bevind word, hoop ons ons kry nie ʼn leë, halfhartige verskoning soos wat ons al vroeër gesien het nie.”

Balton meen dit is belangrik dat mense rassisme by die horings pak en so by die kern van die probleem uitkom en dit bekamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Patriot ·

Ons wag vir die tronkstraf. As sy so voel… hoekom is sy by die ANC , wonder maar net …

koos1 ·

Wat eintlik verstom is dat al hoe meer persone van kleur die uitlatings maak.
Is die nie dalk ‘n teken van die algemene gevoel in die land nie?
Hier is ‘n ANC lid wat die uitlating na bewering maak. Die ANC moet in diepte gaan kyk na homself. As ‘n organisasie se eie lede teen sy beleid draai is hy met spoed besig om te gly. Die DA en andere moet ook maar kennis neem.

Hannelie ·

Die ANC word deur alle kleure verteenwoordig. Maar glo my daar gaan niks van kom nie. Was dit nou ‘n blanke wat dit gesê het……was jou tasse namens jou gepak. Rassisme sal nooit ophou nie, want party mense dra hul bagasie saam…..dis eintlik hartseer.

Nettie ·

Ja, “rassisme” word net veroordeel deur die ANC en hul volgelinge as dit komende van enige ander persoon, van enige ander ras (bv. blank, Asiër, bruinmense) is as die swart ras. Meer swart-op-wit/ander ras rassisme vind plaas, maar word letterlik onder die mat ingevee.

Dit is selde dat jy hoor/sien/lees van ‘n swart persoon wat deur die MRK vervolg is vir rassisme ……..

Callie ·

Wat is rassisme. Kan enige kenner dit verduidelik. Kry jy ernstige en minder ernstige rassistiese uitsprake. Kan iemand rassisme verduidelik of is dit iets wat almal behalwe swartes kan doen. Is ek nou rassisties as ek dit vra. Asb, ek glo nie iemand in die land verstaan dit nie.

Alida 2 ·

Ek is nie ‘n kenner nie maar volgens HAT is rassisme:
“Veronderstelling dat karakter en bekwaamheid bepaal word deur ras — ‘n denkrigting wat aanneem dat ‘n besondere ras meerderwaardig is en die reg het om ander rasse te oorheers.”
O wee!!
Ons was moontlik rassiste maar word op die oomblik oorheers en as minderwaardig geag.
Wonder wie is dan nou skuldig aan rassisme?

Katerina ·

Nou pak asb ook vir Julius Malema, Andile Mngxitame, Velaphi Khumalo en die res wat ongelooflike rassistiese uitsprake teen witmense maak.

Pietie ·

Wat my baie hartseer maak is die feit dat die regering 100% meer bekommerd is oor die K woord as die moorde op plaasboere en hulle werkers.

Justice ·

Die k-woord gaan nog die rede wees dat die doodstraf weer ingestel word.

Stuiwer ·

Solank daar nie dubbele standaarde toegepas word nie. ALLE vorme van rassisme teen ALLE mense moet veroordeel word.

Andre ·

@Stuiwer – dit gaan nie gebeur nie. Dubbele standaarde is aan die orde van die dag en dit gaan so bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.