ANC sê SA moet aan Internasionale Strafhof onttrek

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag bevestig dat die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) besluit het dat Suid-Afrika die Internasionale Strafhof moet verlaat.

Die hof het verlede maand ʼn lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van die Russiese president, Wladimir Poetin. As lid van die Internasionale Strafhof sal daar van Suid-Afrika verwag word om die inhegtenisnemings te doen, sou Poetin die land binnekom. Hy sal Suid-Afrika moontlik in Augustus vanjaar vir ʼn beraad van BRICS-lande besoek.

“Ja, die regerende party het die besluit geneem dat dit wys is dat Suid-Afrika aan die Internasionale Strafhof onttrek,” het Ramaphosa tydens ʼn nuuskonferensie saam met die president van Finland, Sauli Niinisto, gesê.

Niinisto is tans op ʼn staatsbesoek aan Suid-Afrika.

Ramaphosa sê die besluit is “grotendeels” geneem weens, volgens die ANC se standpunt, die hof se “onregverdige behandeling” van sekere lande.

“Ons wil graag hê dat die kwessie van onregverdige behandeling behoorlik bespreek word, maar die regerende party het intussen weer besluit dat daar onttrek moet word,” sê hy.

Ramaphosa het oor die kwessie of Poetin in Suid-Afrika in hegtenis geneem sal word, gesê “die saak word oorweeg”.

Ramaphosa en die Russiese pres. Wladimir Poetin tydens ‘n beraad in 2019. (Argieffoto: Sergei Chirkov/AFP)

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het egter vroeër aangevoer dat “Poetin enige tyd in hierdie land kan kom”.

“Die Internasionale Strafhof dien nie almal se belange nie, maar slegs die belange van enkeles,” het Mbalula op ʼn ander nuuskonferensie gesê.

Suid-Afrika het sedert die aanvang van die konflik tussen Rusland en Oekraïne geweier om Rusland se inval op die internasionale verhoog te veroordeel en gesê hy verkies om neutraal te bly om samesprekings te fasiliteer om die oorlog te help beëindig.

Ramaphosa het al by verskeie geleenthede met Poetin gepraat en volgens hom was die boodskap altyd duidelik: “Daar moet onderhandel word.”

Dit is ook nie die eerste keer dat Suid-Afrika die Internasionale Strafhof probeer verlaat nie.

Die land het in 2016 ʼn poging aangewend ná ʼn geskil ʼn jaar tevore oor die destydse Soedannese president, Omar al-Basjir, wat die land vir ʼn Afrika-unie-beraad besoek het, maar nie in hegtenis geneem is nie.

Suid-Afrika het geweier om hom in hegtenis te neem hoewel ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming deur die Internasionale Strafhof uitgereik is. Al-Basjir is van onder meer oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom beskuldig.

Die omstrede besluit om aan die hof te onttrek is omgekeer toe ʼn Suid-Afrikaanse hof beslis het dat so ʼn stap ongrondwetlik sou wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Matmiet ·

Die besluit is bloot geneem omdat die ANC, nie Suid-Afrika nie, nie neutraal kan bly in die oorlog in Oekraiene nie. Dit is omdat die mangaan myn wat die ANC saam met ‘n russiese oligarg besit in die Noordkaap, die grootste deel van die ANC se inkomste uitmaak. Weereens word SA uitverkoop deur ‘n skem regering wat nie by goeie beginsels kan staan nie. Dankie Cyril, dat jy vir ons gewys het wat jou ware kleure is.

Elméne ·

Ai tog, hy het mos nou al JARE GELEDE sy WARE kleure gewys! Ek dink hy is ook vrekbang dat HY by die Internationale Hof aangekla gaan word, daarom keer hy nou so vinnig. Sleg blik…!!!

Mieke ·

Natuurlik sal die ANC wil onttrek!! Hulle het so baie vuil wasgoed wat hulle probeer wegsteek – skending van menseregte, die onderdrukking van minderheidsgroepe, O ja… en as Putin gepraat het…. Dan maak jy soos hy sê!!

CHRISTINE ·

Ek kan eenvoudig nie glo wat die ANC alles die laaste 3 jaar kwytraak – en mee wegkom nie.
Al ons huidige probleme en elllende is agv China, Rusland en die ANC en ons kan net mooi NIKS doen nie.

TruthDealer ·

Nee al ons huidige probleme is agv die ANC alleen. Al die blaam kom Hulle toe. China en Rusland regeer nie die land nie. As Rusland hierdie land beheer het, het dinge baie beter gelyk hier rond en ons blankes sou veiliger wees.

Hennie Biebouw ·

Mens sidder om te dink watter menseregte vergrype dié spul Kaders beplan….

Marius ·

Hoe kan jy teen die hoof borg van jou wapens draai ??
ANC en Russe is presies dieselfde net in n baie mooier land en warmer.
Siestog anc , hoe pateties kan jy wees in die lewe en jou land weg gooi ??

Papsak ·

Wat krap Ramaphosa en sy anc kaders by rusland rusland doen niks vir ons nie hoekom hou hulle hulle nie daar uit nie niks met hulle te doen nie wat kom Putin maak in SA se my

Stofdonkie ·

Ek dink die artikel sê duidelik wat hy kom maak in SA, hy kom woon die BRICS beraad by

Watsenaam ·

Ag Wat, dit help nie ons wip ons nie. Vir die een wat nog wonder , daar is nou groter rasse diskriminasie in SA as in die aparte-ontwikkelings jare. Maar dit help nie ons kla nie die skoen is nou aan die ander voet. Geen wonder die jong mense met n IK wat hoër as 69 velaat die land nie.

Chris dupreez ·

Sê jy nou die jongmense wat in die land bly het n ik van minder as 69. ?

Perdeby ·

Dan moet die lande wat wel aan die Internationale strafhof behoort geen ANC kader in hulle land toe laat nie. Baie maklik!

JJ ·

Dit is tyd dat ons die Internasionale Strafhof verlaat. Hulle pas selektiewe vervolging en is maar net ‘n nuttelose instrument van die NWO…

domheks ·

Bang julle kaders is dalk volgende in die Internasionale Strafhof se visier!

marius ·

Dan moet die res van die wereld hierdie hool totaal afskryf . Geen sent vir die bakhand niksdoen goed nie . Ook geen NRO geld nie.

melaney ·

Geeneen van hulle se handtekening is die papier werd waarop dit aangebring is.

Chris dupreez ·

Is dit nie die kriminele wat nie aan die internasionale strafhof wil behoort nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hier kom onaangename pret. Sit terug en geniet. Maar nou ja, Amerika en Brittanje het die ANC befonds en Afrikaners bedinges. Nou draai hulle maaitjies teen hulle.

Frikkels ·

Dit was in 2016vongrondwetlik. Wat het intussen gebeur dat dit nou grondwetlik sal wees. Hulle voorneme om die internasionale strafhof te verlaat is net nog ñ stap vorentoe vir die mafia regering se onverantwoordbaarheid! Dit mag nie gebeur nie!

Aggie ·

Dit maak nie regtig saak as hulle bedank nie. Die strafhof beteken in elk geval niks vir die verdrukte minderhede in SA nie!

annie ·

Die VSA het Afrikaners steeds aan die glo dat hulle teen Marxisme in die bosoorloë te staan gekom het, terwyl hulle eintlik Angola se Unita-party van Jonas Savimbi in die beheer van die olievelde gehou het. Die Kubane was aan die kant van die oppossie. En dat James Bond glo ‘n ‘werklikheid’ was wat ‘slegte’ kommuniste beveg het. Die VS het SA met sanksies op sy knieë gedwing, maar die meeste witmense (die DA veral) is ingenome met Zelensky se regering omdat hy glo Joods is.

Leon ·

Ek sal so dink , dan kan julle moor en roof en plunder soos julle wil !!!!!!! Tragies absoluut tragies

Piet ·

Ja Frikkie Mbalula, dis in die belang van enkeles in die ANC, glad nie ons nasie as geheel nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ongelukkig lyk dit of die meerderheid van die nasie die ANC steun.

Carolina ·

Dankie, julle moes lankal ontdek het van daardie korupte hof wat net vir sekere lande geld! Amerika wat die grootste kulprit is met oorloë wat hulle begin wat niks met hulle te make het nie is nie deel van die sogenaamde strafhof nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.