ANC se steun vir internet-sensuur kommerwekkend

Argieffoto

Argieffoto

Die VF Plus het Woensdag gesê die feit dat Suid-Afrika nou in ʼn sitting van die Verenigde Nasies (VN) probeer het om internasionale internet-sensuur afdwingbaar te maak, is kommerwekkend.

Volgens die VF Plus het die regering dit duidelik ten doel om perke te plaas op vryheid van spraak gesien teen die agtergrond van beoogde wette.

Dit volg nadat Suid-Afrika Vrydag by die VN saam met lande soos China, Rusland en Kuba teen ʼn resolusie gestem het wat daarop gemik is om vryheid van uitdrukking op die internet te verskans. Meer as 70 lande het die resolusie gesteun.

“Suid-Afrika en sy bondgenote het voorgestel die resolusie moet so verander word dat dit vrye toegang tot die internet vir hul inwoners beperk. Dié lande het ook versoek dat die term ‘vryheid van uitdrukking’ uit die resolusie verwyder word,” het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, gesê.

Volgens Mulder is dit veral kommerwekkend dat Suid-Afrika se verteenwoordiger by die VN se raad vir menseregte, Ncumisa Notutela, tydens die sitting gesê het die Suid-Afrikaanse Grondwet verskans wel vryheid van uitdrukking, maar dat die uitoefening van vryheid van uitdrukking en opinie nie ʼn “absolute reg is nie”.

Mulder het gesê huidige wetsontwerpe wat vryheid van spraak in Suid-Afrika aan bande kan lê is die Wetsontwerp op Kubermisdaad en Kubersekuriteit wat verlede jaar afgekondig is. Die doel daarvan is om internetvryheid en die besit van inligting vir veral joernaliste aan bande te lê.

“Daar dien tans ook wetgewing voor die parlement wat aan die minister en die president meer magte sal gee in terme van die Uitsaaiwet.

“Die Rolprent-en-publikasieraad (RPR) het verlede jaar regulasies voorgestel wat ʼn verbod sal plaas op die vrye plasing van digitale inhoud op die internet, selfs deur individue. Dié wetsontwerp en regulasies dien steeds voor die parlement en die VF Plus sal dit op elke manier moontlik teenstaan,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rynhardt ·

Die feit dat die Anc sensuur wil he vir internet wys hy hou nie van die waarheid nie.Dit eindig nie hier nie! Hillary Clinton en talle Europese leiers wil he dat sensuur toegepas moet word op internet! Opdrag kom van die grootbaas, die nuwe wereldorde wat wereldleiers beheer! Jy sieb, mense moet oningelig en dom gehou word in hierdie bose wereld!

Noeline ·

Rynhatdt ek stem volkome saam. Maar hier kpm groot probleme.

E.K. ·

Hul probeer allerhande maniere om ons vryheid in te perk. Hier gaan groot nonsens kom as hulle voortgaan daarmee. Waar is hul kammige vryheid van spraak, godsdiens ens ens dan wta so in die grondwet beskryf is?

Steven Siege ·

Sogenaamde demokrasie wat soos mis voor die son verdwyn.

johann cb ·

Binnekort gaan net sekere individue in die Parlement internet hê en dit vir hulle eie doel misbruik. Jan en San Alleman is mos ‘n ronde nul op ‘n kontrak.

rudi ·

ANC beheer al klaar die massas net soos China en Rusland se leiers d.m.v. die media. Net soos groot maatskapye media gebruik om verbruikers te kry om hul produkte te koop. Verbruikers is dom en lui en beinvloedbaar. Daar is min van ons wat vrye denkers is.

Theresa M ·

O flippit dit klink sleg! En dat so baie lande dit wil he/ondersteun. Dis seker in elk geval net ‘n kwessie van tyd. Alles stuur mos af op een wereldorde. En dit is dan die begin van die einde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.