ANC sê sy foute word oorskry deur die goeie

anc-vlagCyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, sê die regerende party se foute word oorskry deur die goeie wat die party in die afgelope 20 jaar bewerkstellig het.

“Foute is gemaak maar terselfdertyd het ons groot sukses gehad,” het Ramaphosa gesê. Hy sê die party se ledetal het tot 1,2 miljoen mense gegroei. “Ons het ʼn goeie storie om te vertel.”

Hy sê die regering belê in die land se ekonomie en het ʼn beroep op die privaatsektor gedoen om dieselfde te doen. “Die privaatsektor speel ʼn kritiese rol.”

Ramaphosa sê instellings soos Eskom het nie in die eerste vyf jaar wat die ANC aan bewind was in die ekonomie belê nie en het dit groei bemoeilik. Hy sê die instansies belê nou wel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Dit help nie die ledetal groei en korrupsie neem toe onder hulle nie praat nie eers van al die moorde en doodslag nie nee wat Bekeer julle na die God wat Hemel en Aarde ggeskaape het vir almal. Moenie probeer die toring van babel bou want julle gaan val en baie seer kry

Grassie ·

Hy sê die regering belê in die land se ekonomie. Sies, man `n mens lieg nie so nie. Al wat die regering nog aan die land se ekonomie gedoen het was om dit te plunder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.