ANC se topses kanselleer afsprake

Argieffoto

Die ANC se topses-leiers het hul openbare afsprake vir Vrydag gekanselleer.

Khusela Sangoni, woordvoerder van die ANC, het bevestig die topses gaan nie meer besoek in Kaapstad aflê as deel van die Nelson Mandela-eeufeesvieringe nie. Sangoni wou egter nie meer besonderhede verskaf nie.

Ander media berig intussen dat die topses na Johannesburg ontbied is om “dringende kwessies” te hanteer. Die ANC het reeds vroeër bevestig Cyril Ramaphosa, die party se president, is nie meer deel van die eeufeesvieringe nie.

Die ANC het in ʼn verklaring gesê Ramaphosa is weens “ander verpligtinge” nie meer deel van die program nie.

Ramaphosa het vroeër aangekondig hy en Zuma het Dinsdagaand begin met gesprekke oor die oorgang en kwessies rakende sy posisie as president van die land.

Dit het daartoe gelei dat Woensdag se vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, waar daar oor Zuma se lot besluit sou word, uitgestel is.

Ramaphosa het gesê daar sal verder gekommunikeer word oor Zuma se posisie as president sodra tersaaklike aangeleenthede afgehandel is. Hy het gesê hoewel die huidige toedrag van sake die uitstel van die staatsrede, wat Donderdagaand sou plaasvind, genoodsaak het, gaan die regering en die parlement se bedrywighede voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Cherokee ·

Dan klap julle hande vir die blou bulletjies (wat eintlik kalfies is) en julle booèèè Zuma? Dink weer! Hy hou die die hele anc in sy hand en maak hulle selfs meer poppey as wat hyself is. Miskien het hy nog nie die woord ‘skaak’ gehoor nie en speel met klippies en mieliepitte en ‘n skets op ‘n sementblad, maar hy kan selfs die Guptas ‘n paar dinge leer.

Koos Ras ·

cherokee: Wie presies is jou “julle”? En wat beteken “poppey”? Ek kan myself help in Afrikaans en is heel handig in Engels, maar sal graag wil weet wat die cherokeaanse “poppey” is wat JZ die ANC maak.

Johann ·

Ek sidder om te dink wat STORTKOP als belowe word as deel van sy TATTAKOEBAI dag?

Alida ·

Handel die proses af en hou op uitstel CR !!!! Hoelank wil julle nog wag en intussen wankel die ekonomie.

Casper Labuschagne ·

“ANC topses-leiers”? Wat eerder van topbestuur, senior leiers, hoofde, hoës, amptenare, topleiers, senior of hoë lede, bestuuslei, topbestuurslede of selfs net indoenas?

Justice ·

Stem saam met jou Casper – Top ses klink vir my meer na die Taxi vereniging – Top six

John ·

Nee wat, Zuma speel met Cyril. Vyf van die ses is heel moontlik Zuma-vriende en Cyril staan alleen. As dit so aangaan regeer Zuma verder en Cyril word gefire.

Nettie ·

Wens hulle wil nou net klaar kry ……………………so n gesloer het ek nog nooit gesien nie………….
Lyk my almal is bang vir Z

Louw ·

Nou sal ons graag wil weet hoeveel “parties” nog? Eers Desember by Nasrec, Januarie in Oos Kaap met cANCer se verjaardag en nou Februarie Nelson Mandela Eeufeesviering. Waar kom al die lekker miljoene vandaan? Seker maar ons belastingbetalers se bydrae? Staatsrede word opsy geskuif. Begroting dalk ook uitgestel want die werk word nie gedoen en ons speel maar ook vir tyd.

Alida ·

Handel dit net af. Die hele spul is useless. Met 700+ klagtes behoory hy net met sy broek in die hand pad te gee. Genugtig wat is tog so moeilik. Hy het geen reg om eise te stel nie. Verwaandheid het geen perke nie. LOOP

Geen eer tussen skurke ·

Daar is geen eer tussen skurke nie. Oor 10 jaar gaan julle bly wees as Ramaphosa vervang word. Een groep skurke vervang net ‘n ander groep skurke. Ramaphosa gaan die anti-blanke, pro regstellende aksie, programme vermeerder. Die Naspers Hoofstroom media se anti-Zuma nuus het gewerk. Die publiek haat Zuma so baie dat hulle blind geraak het en nie die nuwe slang in die gras raaksien nie. Ramaphosa is dalk slegter as Zuma.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.