ANC se topses vergader met Zuma

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Ace Magashule, die sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die topses van die ANC het Maandag met oudpres. Jacob Zuma vergader. Die vergadering het van 09:30 – 17:30 plaasgevind.

Volgens Magashule was dit ʼn “positiewe, baie konstruktiewe vergadering”. Die vergadering is belê om onder andere Zuma se besluit, om nie voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn nie, te bespreek.

Magashule het verwys na die Grondwet en die Handves van Menseregte as ʼn baie belangrike instrument in die lewens van alle Suid-Afrikaners.

“Zuma het ʼn omvattende voorlegging gemaak oor die besluit wat hy gemaak het. Hy het gepraat oor sy regte soos vervat in die Grondwet. Hy het ook gesê dit is nie sy bedoeling om die Grondwet te ondermyn nie,” het Magashule bygevoeg.

Zuma glo hy word onderwerp aan onregverdige vervolging. “As ʼn wetsgehoorsame burger respekteer hy die Grondwet en hy is geregtig op basiese regte, soos uiteengesit in ons Grondwet,” het Magashule gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Pieter ·

Die land se regstelsel is n grap man as dit ek was dan was ek al klaar in die tronk.

Nie Verbaas ·

Die hele ANC is n grap en hulle dink dat die nasie hulle moet respekteer vir hulle “briljante” leiding.

Herms ·

Strategie sekerlik bespreek. Zumpie moet sekerlik die res beskerm. Hy hoort in die tronk.

Nie Verbaas ·

Strategie om die land verder te vernietig sonder gevolge.

Keith ·

Stem saam. Die “ding” sal nooit tot n’ regverdige einde kom nie. If he does have his day in court, all of the “6” will probably also be standing in line with him. CR was his deputy when Zumpie was stealing all the country’s money.

Sarel ·

Zuma….Magashule..saam. Hoekom meng die ANC in met die Regsproses.
Gaan daar nou een of ander opdrag hieruit voirtspruitbwznt dit sal ook totvoordeel.of nadeel van Magashule wees. Gazn Rhamaposa Zuma vryspreek? Dan volg Magashule en al die ander

Nie Verbaas ·

So Zondo kommisie n R700miljoen klug gefinansier deur belastingbetaler? Dit gee regtig nie om hoe Zuma voel nie. Die bewyse is ooglopend. Magashule net so skuldig soos Zuma aan korrupsie. Watter basiese regte het jy as jy deel was daarvan om n land te verwoes vir eie gewin? Magashule sal volg as niks met Zuma gebeur nie en so sal ander. Hoe meer ooglopend kan die ANC die kader beskerming nog maak? Julle is n totale grap en elke korrupte sal nou verwys na regte in grondwet en absoluut niks oorkom nie. Die ANC grawe elke dag die gat net groter waarin die land en sy wette stort.

Dirk Mostert ·

Is dit nie al R800 miljoen waarvoor niks gewys kan word nie? Kan netsowel die kommissie afskaf.

Misky ·

Hulle het hulle strategie beplan, want almal is skelm en as Zuma sing, dan sit almal in oranje. En dan noem hy homself `n wetsgehoorsame burger….. hy beskou homself bo ander en die wet

Androclus ·

Ag wat klomp kaders hulle dag sal kom.Ace kan nie eers menseregte of grondwet spel nie.Daars iets wat Zuma weet wat hulle nie wil hê moet uitkom nie.Klomp skelms.

Jannie van Niekerk ·

Almal weet dat Zuma en Magashule nie tronk toe sal gaan nie. Dis hoe die Mafia werk, en die topses is almal deel van die Staaskapingmafia. Nommer een inegsluit.

Suzette ·

Hierdie spul gaan niks oorkom nie. Hier kom ‘n presidensiële kwytskelding….

Hennie J ·

Natuurlik is daar n gekonkel uit die boonste rakke uit, besig om te ontvou. Binne die volgende paar dae gaan hulle met n absurde oplossing na vore kom en hulle poep aan ons voer en verwag die met n greintjie intellek moet dit sluk. Vir solank ons ongeorganiseerd is en elkeen die haan op sy eie mishoop wil wees, sal hulle ons onderdruk en net eenvoudig maak soos hulle wil. Viva piesangland, viva

Jessey ·

Wel, ek glo nou ook dat mense onregverdig vervolg wor en hulle grondwetlike regte aangetas word met al die reels wat inggestel is op die oomblik. Kan nie sien hoe mense nog ge-arresteer word nie, veral blankes want ons sal nie regverdig verhoor word nie. Dankie Meneer Zuma dat jy ons die pad wys. Ek kan geen rede sien hoekom ons onder die wette van die land verdulk moet word nie. Dis teen ons Grondwetlike regte.

Darkwing Duck ·

Seker maar hulle ou geldjies kom opeis voor Zumpie in oranje geklee word. Almal is tog soooo bang hy maak sy mond oop en praat.

Natasha67 ·

Die 2 eerlikste lede van die ANC vergader! Magashule en Zuma. Wat ‘n grap! Zuma bespreek sy opsies – ek en jy sou maande terug al in hegtenis geneem wees. Verbeel jou ‘n gewone burger in SA weier om voor ‘n kommissie te verskyn wat jóu korrupsie ondersoek.

Gert K ·

Dis ‘n siek spul! Nie dat ek verbaas is nie. Misky is heeltemal reg. Hy weet van sy maatjies se geraamtes in die kas, en dit maak hul benoud.

koos10 ·

Hoe onosel kan die ANC top ses wees? Hulle is besig om ‘n situasie te skep waarin honderde mense oor die volgende 100de jare gaan verwys oor hoekom hulle nie die land se wette nagekom het nie!
Zuma het vir sy dag in die hof gevra, en dit nou gekry, en nou vra hy sy politiek maatjies om hom te help??????

Hoekom ·

In ‘n republiek werk die regering vir die burgers.

Lyk my in ‘n demokrasie is die regering en mense verbonde aan die regering verhewe bo die wet en korrup. Nie net hier nie maar in enige land wat ditself as ‘n demokrasie beskou.

Demokrasie word met mooi en soet woorde verkoop, dit lyk my is ‘n slinkse regeerings tipe, dit bedrieg sy burgers. Dit is die slang wat sy eie stert kou.

Lank lewe die republiek, lank lewe die militêre oligargie!!

Dirk Mostert ·

Die simpatieke behandeling wat Zuma van die top-ses onder, aangevoer deur Magashula, kry is ‘n klap in Regter Zondo se gesig, ‘n mosie van wantroue in CR en weerspieel die ANC-leiers se minagting van die regstelsel.

Jakes ·

Ag shame, die arme Zuma. Die regte oplossing hier is sluit die top 6 saam met hom toe dan het hy immers maaitjies. Kan n mens dit glo dat hierdie manne n land regeer?

Philip ·

Dit is so duidelik soos daglig dieselfde patroon wat Robert Mugabe gevolg het .Klou vas aan jou eie dikvelligheid en dreig totdat jy die versekering hetdat jy met rus gelaat sal word absoluut geen entegriteit of respek vir die verarmde bevolking van SA.nie.

Michael ·

Zuma en die topses beplan n staatskaping . Wat hulle vir die publiek of koerante se, isn ander ding.

Boer ·

So die ANC top 6 korupte lede moet met die nommer een Korupte Zuma vergader om in die hof te verskyn. Ek hoop net die regters wat in die hof in beheer is van die saak gee vir hulle n oranje pakie om te dra.!!!!!!!!!!

fs ·

wets gehoorsame burger….hahahahahahahahahahahahahahahah…… dink die man hy is in isolasie op MARS of iets…….enige “normale” burger van hierdie land wat aangekla word van soveel misdade as ou Zoompie, sou lankal sonder borgtog in die tronk gesit het om te verseker hy kry sy dag in die hof — hy word met handskoentjies hanteer omdat hy die hele lot korrupte goed saam met hom sal laat val… so hulle beskerm die knapie….

Pietertjie ·

Zuma ís wetsgehoorsaam. Sy eie wette en die ANC s’n, nie die Romeins-Hollandse wette soos ons mag hoop nie.

Veronika ·

Asseblief!! Al wat hy doen is om alles te ondermyn en dis al wat hy gedoen het!! Banggat, weet hy sal met sy agterwereld in die tronk sit!!

Jacobus ·

So there ís honour amongst thieves! Ou Acie, julle steur julle nie aan grondwet nie waarom daarop beroep. Uitslag volkome voorspelbaar!
Groot dag vir die wettiging van kriminaliteit…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.