ANC sê vandag oor NUK-uitkoms

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Terwyl die ANC se nasionale uitvoerende komitee voortgegaan het om oor Jacob Zuma se lot te besin, het hy gister sy amptelike pligte as president voortgesit en vanoggend na Kuba vertrek.

Zuma het gistermiddag die NUK-vergadering in Irene verlaat om met pres. Yoweri Museveni van Uganda te vergader. Zuma het vanoggend na Kuba vertrek waar hy Fidel Castro, wat Vrydag in die ouderdom van 90 oorlede is, se begrafnis sal bywoon.

Die ANC het Maandagaand laat bekend gemaak dat ’n mediakonferensie vandag om 14:00 by Luthuli-huis gehou sal word rakende die uitkoms van die NUK-vergadering. Die vergadering is Sondag tot Maandag verleng.

Derek Hanekom, minister van toerisme, het ʼn mosie van wantroue teen Zuma ingedien. Daar is ook bespiegel dat Zuma moontlik ʼn kabinetskommeling wil aankondig ten einde ontslae te raak van ministers wat hom nie steun nie.

Volgens berigte het Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, en Thulas Nxesi, minister van openbare werke, Hanekom se mosie ondersteun.

Zuma se ondersteuners, soos die premiers van die Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes, het die ministers glo versoek om te bedank aangesien hulle geen vertroue in Zuma se leierskap het nie. Die 86 lede van die NUK het glo elkeen ʼn spreekbeurt gehad waartydens hulle moes sê hoekom Zuma moet bedank of bly.

Hoewel daar eers vandag terugvoer gegee sal word oor die NUK word daar verwag dat Zuma in sy pos sal aanbly tot minstens einde volgende jaar wanneer sy opvolger tydens die ANC se verkiesingskonferensie gekies sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anoniem ·

Ek het gehoop dat daar anoniem oor hierdie saak gestem word, sodat daar ‘n eerliker uitslag kan wees. Die feit dat elkeen ‘n spreekbeurt gekry het, beteken Zuma weet presies waar elkeen se lojaliteite lê. Die swaard van ‘n kabinetskommeling oor hul koppe het tog sekerlik die spreekbeurte beïnvloed? Dis tog nie hoe ‘n ware demokrasie werk nie?

Vodka ·

Ek is bevrees daar gaan nou koppe rol. Zuma kan eenvoudig nie bekostig om sy mag af te staan nie. Hy het al die hulp nodig wat hy kan kry om uit die howe en tronk te bly. Die enigste manier is om sy beskermers in besluitnemende poste te hou.
Dit lyk vir my dit is moeliker om hom in n hoek te druk as om eierwit met twee vingers uit n bak op te tel.

Maria Van Dieweeck ·

Nou wat gaan soek die stommerik in Kuba? Ek dog die begrafnis is die naweek. Klink nie reg nie.

Hy gaan bly ·

Alhoewel ek baie respek het vir die Ministers wat hom wil uithê moet ek eerlik sê hy sal nie sommer net gaan nie. Geskiedenis uit Afrika het my geleer dat so ‘n man altyd mense het wat hom beskerm en ondersteun – bloot natuurlik omdat hulle ook ‘n voordeel daaruit trek – soos Mugabe wat al jare oor sy tyd sit, omdat die ouens nog werk het en salarisse verdien wat hom ondersteun, die ander leef in armoede. Zuma gaan sit solank as wat hy kan. Zuma sal NIE van sy troon afklim nie, in elk geval nie vrywillig nie, hy sal die hele kabinet skommel totdat hy NET sy vriende en ondersteuners oorhet, soos wat hy ook met die nuwe NVG se hoof gemaak het, hy het dalk nie matriek nie, maar hy het mense wat hom goeie raad gee oor hoe hy te werk moet gaan om die President te bly.

Johann ·

Soos die ondersteuners vir Zuma dit driftig gestel het, ek dink dit was ‘n ou uit die Vrystaat. Dit is vreemd aan die ANC se kultuur om tot stemming oor te gaan, hulle ken nie so iets nie. Daar MOET gedebateer word, almal moet saamstem. Nou ja, dit is Afrika en ons is in Suid Afrika. Eie daaraan, sal daar gedurig plannetjies sit en maak word en regverdiging vir hul optrede en sienswyses gesoek word.

Maria Van Dieweeck ·

O, ja, zuma asseblief, as jy mense daar sien huil, onthou hul huil oor hul verwoeste kinderjare danksy jul groot pel. Hul huil nie oor hul minagtende leier nie.

Jan maak n Plan ·

Derrick Hanekom en sy maatjies moet nou pasop vir n kabinet skommeling voor Kersfees. Hulle sit dalk dan op straat want nr1 verdra nie dat daar teen hom gegaan word nie.

Wonder ·

Moes hy Kuba toe vir die begrafnis?Hy kon bly,maar het n gaping gesien om te gaan asemhaal,vir nou

Fluffie ·

En wie ry saam vir ‘n hele week se vakansie op die staat se koste?

Juweel ·

O janee, ek wens net soos met Malema wil die media vir Max ook asb nou minder mediadekking gee. Wie en wat is hy nog in die nuwe bestel? Behalwe dat hy wittes kort kort pakgee en uitvaar teen WIT AFRIKANERS, doen hy niks positiefs nie. Wie luister in elk geval nog vir hom? Hy is regtig niks anders as ‘n lastige vlieg nie. Daar is nie meer plek vir hom in die nuwe SA nie, daar was ook nie eintlik in die ou SA nie, tyd vir hom om te gaan aftree en stil te bly.

Tannie ·

As die wonderwerk dalk gebeur en ons hoor 14:00 dat die ANC vir Zuma onttrek, bly hy dalk sommer in Kuba, want dan wag daar diep moeilikgeid vir hom in SA.

Theresa B ·

Ag almal weet wat dit tog gaan wees. Spaar julle eie tyd deur dit nou nog “amptelik” aan te kondig vanmiddag.

Jan ·

Ek sien in die media (Netwerk24 en News24) Max waarsku vandag oor wit kritiek teen Zuma. Hy haal dit ook op dat Hanekom die mosie teen Zuma gedryf het.

Askies vir die Ingels ·

When the river of logic runs dry, the race card is played….

Derek Hanekom is deur drie ander nie-wit ministers ondersteun. Wonder hoe die prez verby daai een gaan kom?

Lance ·

As hulle nou slim is en verder dink as die nou sal hulle weet daar is n life after zuma …so hulle moet nou mooi dink of hulle nog met hom wil staan want daar is n kraak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.