ANC sê vandag oor NUK-uitkoms

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Terwyl die ANC se nasionale uitvoerende komitee voortgegaan het om oor Jacob Zuma se lot te besin, het hy gister sy amptelike pligte as president voortgesit en vanoggend na Kuba vertrek.

Zuma het gistermiddag die NUK-vergadering in Irene verlaat om met pres. Yoweri Museveni van Uganda te vergader. Zuma het vanoggend na Kuba vertrek waar hy Fidel Castro, wat Vrydag in die ouderdom van 90 oorlede is, se begrafnis sal bywoon.

Die ANC het Maandagaand laat bekend gemaak dat ’n mediakonferensie vandag om 14:00 by Luthuli-huis gehou sal word rakende die uitkoms van die NUK-vergadering. Die vergadering is Sondag tot Maandag verleng.

Derek Hanekom, minister van toerisme, het ʼn mosie van wantroue teen Zuma ingedien. Daar is ook bespiegel dat Zuma moontlik ʼn kabinetskommeling wil aankondig ten einde ontslae te raak van ministers wat hom nie steun nie.

Volgens berigte het Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, en Thulas Nxesi, minister van openbare werke, Hanekom se mosie ondersteun.

Zuma se ondersteuners, soos die premiers van die Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes, het die ministers glo versoek om te bedank aangesien hulle geen vertroue in Zuma se leierskap het nie. Die 86 lede van die NUK het glo elkeen ʼn spreekbeurt gehad waartydens hulle moes sê hoekom Zuma moet bedank of bly.

Hoewel daar eers vandag terugvoer gegee sal word oor die NUK word daar verwag dat Zuma in sy pos sal aanbly tot minstens einde volgende jaar wanneer sy opvolger tydens die ANC se verkiesingskonferensie gekies sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anoniem

Ek het gehoop dat daar anoniem oor hierdie saak gestem word, sodat daar ‘n eerliker uitslag kan wees. Die feit dat elkeen ‘n spreekbeurt gekry het, beteken Zuma weet presies waar elkeen se lojaliteite lê. Die swaard van ‘n kabinetskommeling oor hul koppe het tog sekerlik die spreekbeurte beïnvloed? Dis tog nie hoe ‘n ware demokrasie werk nie?

Vodka

Ek is bevrees daar gaan nou koppe rol. Zuma kan eenvoudig nie bekostig om sy mag af te staan nie. Hy het al die hulp nodig wat hy kan kry om uit die howe en tronk te bly. Die enigste manier is om sy beskermers in besluitnemende poste te hou.
Dit lyk vir my dit is moeliker om hom in n hoek te druk as om eierwit met twee vingers uit n bak op te tel.

Maria Van Dieweeck

Nou wat gaan soek die stommerik in Kuba? Ek dog die begrafnis is die naweek. Klink nie reg nie.

Hy gaan bly

Alhoewel ek baie respek het vir die Ministers wat hom wil uithê moet ek eerlik sê hy sal nie sommer net gaan nie. Geskiedenis uit Afrika het my geleer dat so ‘n man altyd mense het wat hom beskerm en ondersteun – bloot natuurlik omdat hulle ook ‘n voordeel daaruit trek – soos Mugabe wat al jare oor sy tyd sit, omdat die ouens nog werk het en salarisse verdien wat hom ondersteun, die ander leef in armoede. Zuma gaan sit solank as wat hy kan. Zuma sal NIE van sy troon afklim nie, in elk geval nie vrywillig nie,… Lees meer »

Johann

Soos die ondersteuners vir Zuma dit driftig gestel het, ek dink dit was ‘n ou uit die Vrystaat. Dit is vreemd aan die ANC se kultuur om tot stemming oor te gaan, hulle ken nie so iets nie. Daar MOET gedebateer word, almal moet saamstem. Nou ja, dit is Afrika en ons is in Suid Afrika. Eie daaraan, sal daar gedurig plannetjies sit en maak word en regverdiging vir hul optrede en sienswyses gesoek word.