ANC se verjaardagtoespraak: Ramaphosa open deure vir álle kragvoorsieners

ANC-president Cyril Ramaphosa lewer die ANC se jaarlikse verjaardagtoespraak. Die vieringe word vanjaar in Kimberley gehou. (Foto: @MYANC/Twitter)

Die regering gaan álle vorme van elektrisiteitsvoorsiening aangryp om Eskom se onvermoë in daardie verband aan te vul, het ANC-president Cyril Ramaphosa Saterdag in Kimberley belowe.

Hy het ondersteuners by die 108ste verjaardagviering van die ANC toegespreek en gesê onafhanklike elektrisiteitsvoorsieners, asook nuwe elektrisiteitsbronne soos gas, hernieubare energie en kragskepe sal as moontlikhede ingespan word.

Ramaphosa het nie aangedui of dit beteken dat die DA-beheerde Wes-Kaapse regering, wat reeds voorbereid is vir verskeie sulke alternatiewe en byvoorbeeld reeds die nodige internasionale ooreenkomste geluit het, nou uiteindelik toegelaat sal word om dit in werking te stel nie.

Die staatshoof het gesê alles moontlik word gedoen om Eskom te stabiliseer en hy het sy linkse kritici tegemoetgekom met die belofte dat Eskom nie geprivatiseer gaan word nie.

Hy het geen woord gerep oor of personeel by Eskom afgedank gaan word nie.

Ramaphosa het slegs een keer in die verbygaan na die plan vir die beoogde Nasionale Gesondheidsversekering verwys.

Oor onteiening sonder vergoeding het hy ʼn verdere aanduiding gegee dat die ANC verdeeld is oor die wyse waarop art. 25 van die Grondwet gewysig kan word deur alle ANC-strukture te vra om hul insette aan die parlementêre ad hoc-komitee oor die grondwetlike verandering te stuur.

Duisende mense het vir die ANC se verjaardagvieringe in Kimberley opgeruk. (Foto: @MYANC/Twitter)

Hy het aangekondig dat 2020 vir die ANC die jaar van versoening en nasiebou gaan wees. Ramaphosa het egter dadelik vrae oor die ANC se begrip daarvan laat ontstaan met negatiewe verwysings na die 200-jarige herdenking van die koms van die Britse Setlaars en deur na die 30-jarige herdenking van die ontbanning van bevrydingsorganisasies en die vrylating van oudpres. Nelson Mandela uit die tronk te verwys sonder ʼn enkele verwysing na die rol van oudpres. FW de Klerk.

Ramaphosa het gesê die ANC moet homself hernieu en ʼn vaardige staat bou, insluitend deur op te tree teen staatskapers en ander korruptes binne die ANC.

Hy het weer gevra dat mense betaal vir munisipale dienste sonder om aan te dui wat met hulle gaan gebeur as hulle dit nie doen nie.

Ramaphosa het uitgevaar teen geslagsgeweld en die teiken van die gay gemeenskap.

Hy het ook droogtehulp belowe aan dele van die Vrystaat, Noord-Kaap, Wes-Kaap en Oos-Kaap, waar die landbougemeenskap steeds baie swaar kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

JR ·

Hoop net die President maak voorsiening om die straate van Kimberley skoon te maak daar by Beaconsfield se Main Road
kan n mens nie eers uit jou motor klim om by n winkel in te gaan nie water en rommel stroom daar af langs die sy paadjie verder is die paaie so vol potholes dit is n skande wat word van die tax payers se geld dit is voorwaar n skande soos dit daar lyk

André André ·

Ek sien elders daar word berig dat daar 35,000 mense by die verrigtinge verwag was, maar daar het toe skaars 11,000 mense opgedaag.

Hannetjie ·

Nou toe nou…uiteindelik klink dit of die regering regtig ernstig kan raak

Gertryda ·

Sodra n politikus sy mond oopmaak tref n tornado ons…….

KO ·

Die ANC en Mnr Ramaphosa het die Nasionale Pary en klein de klerk lekker gevang.

Bolla ·

Moet ons jou glo meneer die president. Beloftes en nog beloftes. En jy weet mos aks wat jy belowe is een groot lieg.

Lorette ·

Ai mense, ek kan maar net lag! Ek kyk bv na die koek wat vir die geleentheid gebak is! Bevraagteken mens die bedrag, dan word jy aangevat. Hier is duisende mense in Kimberley wat nie kos het om te eet nie, maar verseker ook nie van daardie koek ‘n stukkie gaan kry nie. Verder vermy ons maar vandag die winkels, want net om dit op die paaie met hul potholes te waag, is ‘n risiko! Hoop nie mense val vir al die beloftes wat vandag gemaak word nie. Daar is selfs die herdenking van die koms van die Britse Setlaars ‘n negatief – my voorgfeslagte, maar ons moet almal juig oor ANC se herdenking! Help nie om kwaad te word nie, ons lag maar! Ons moet betaal vir munisipale dienste, maar lede van ons eie “dierbare SP Mun” skuld derduisende rande! Ek gee op!

Petrus ·

Toe sê hy niks van Frikkie (wigte en teenwigte) nie? Sjym. En betaal tog asseblief julle Munisipale rekeninge, of los dit maar wat. Foeitog. 2020 gaan ‘n jaar van “nasiebou en versoening” wees. Dit hoor ons elke jaar.

daniel ·

Solank as wat die ANC gaan kleef aan die kommunistiese idees vir solank sal SA nie sukses behaal nie. Ons sal beweeg van armoede tot totale bankrotskap.

André André ·

Jan-jan, soos elke keer in die verlede is daar in Kimberley ook vandag mooi stories aan die gehoor met diamantskitterende oë vertel oor wat Cyril vir die toekoms uitspel. Vir my bly dit drome tot die dag dat dit realiseer en hy dit self uitleef sodat hy ‘n voorbeeld vir die mense kan wees, dit nou ook betreffende nasiebou. Hoeveel van die wat hom toegejuig het verstaan wat hy sê? Net hulle sal weet.

Dit is nou meer realisties as sy Superstad en die Brulpadda gasveld, maar hy het sy 8-Januarie toespraak vandag, 11 Januarie gelewer. En as dit enigsins ‘n aanduiding is oor watter kalender hy mee werk, dan wonder ek of ons binne die volgende paar jaar enige datums sal sien waartoe hulle hul sal verbind om dit in die praktyk daar te stel. Hierdie toespraak is dan al vergeet.

Vir die ANC moet daar altyd twee eksamens wees om met hul voornemens te kan slaag, een, ‘n teoretiese eksamen met ‘n slaagpunt van hopelik meer as 80% en ‘n tweede eksamen vir die praktiese waaraan hulle aan sekere doelwit- en sperdatums moet voldoen.

Die voorwaarde vir bogemelde moet deur wetgewing onderskryf word en dit is dat enige kader moet verbied word om deel van die proses te wees.

Tensy dit wat hy als vandag voorgelees het, fopnuus is.

De Klerk is in alle geval nie ‘n faktor nie, dus of hy hom sou onthou, maak nie ‘n vaal kol nie.

André André ·

Dit sou nogal baie gehelp het as die president vandag die mense kon ingelig wanneer die land se gradering bokant rommelstatus sou uitstyg. Ek meen, dan het hy als sommer in ‘n neutedop saamgevat.

Incompetent ·

Na 25 jaar bly dit nog steeds net beloftes, beurtkrag, korrupsie en nog beloftes! Viva comrades!

Werner ·

En net more maak hy weer ander beloftes dan het hy al klaar hierdie vergeet en kry arme ou Jan weer die skuld vir als

Walesa ·

Ooit gewonder wie het n oorlog begin ? Kyk aan wie behoort alles na die tyd . Evkom is nie veronderstel om heel te wees nie .

skurweberg ·

Hulle gaan “al hoe meer met ‘n ander man se kallers ploeg” en so bly hulle aan bewind. In die onderwys het hulle dit gedoen en gaan nou stelselmatig uitbrei na ander sektore. Tragies verby.

Stephanus ·

Nasiebou en versoening?? Jy praat en lieg alweer Cyril!!

Gertryda ·

Sodra n politikus sy mond oopmaak tref n tornado ons…….

Willehond ·

Ons is MOEG vir hierdie eindelose se gebla bla en pla nne wat soos mis voor die son verdwyn! Ons is almal dom. Of so dink hulle!

Jimmy ·

Ramaphosa, Radebe en Motsepe sal seker die kitaar slaan en goed geld maak.

leser ·

maar as ek my eie krag maak, opwek, en niks van die netwerk af vat nie moet ek vir die niks gebruik, betaal ?????????????????

Elizabeth ·

Ek dink dit het nou tyd geword dat ons die president en die betrokke minister hof toe neem indien die toestemming nie terstond onderteken word wat alternatiewe kragopwekking wettig en moontlik maak nie. Voetesleep hiermee kom neer op hoogverrad.

pan ·

Hoekom sal hy nou enige verwysing gee aan ou fw hy beskou hom dieselfde as wat ek doen en dit is te lelik om hier te skryf.

John ·

Ons grootse nasie-verbouing is al teen Kersfees besing… net ver soen is onbekend. Moet dit nie naby soen lees nie? Is daar nie aangekondig dat 10%+ van ‘dit en dat’ in die toekoms staatseiendom sal word nie en dat BEE altyd moet geld nie. Vergeet dit om krag op te wek sonder ‘n handjie in jou geldlaai. Eskom gaan nou eers skep of die fondse droog of nat is.

A Mac ·

Mnr. Ramaphosa, pragtige toespraak, net wat jou volgelinge wil hoor. Maar teen die tyd weet die wat beter weet dat dit wat jy sê en dit wat gedoen moet word so ver van mekaar is soos die ooste van die weste.

skurweberg ·

Wanneer baklei ‘n roofdier terug, as hy in ‘n hoek vasgekeer is, nie as voor ‘n afgrond staan nie.

Pietie lekker lieg ·

En daar is nog niemand ivm die voorval in hegtenis geneem nie

Vranet? ·

Mnr Ramaposa, jy is nou al hoe lank in die stoel. Wanneer gaan jy die regte ding doen en die staatskapers en korrupte kaders, wat deur verskeie komisies uitgewys is, laat vervolg? Zuma, Ace, Mbete, ens. Hulle moet almal geskors word sonder vergoeding en dadelik aangekla word. Indië hulle onskuldig is, dan kan hulle hulle geld kry. Dit sal meebring dat sake baie vinniger in die hof gaan beland en die skuldiges agter tralies kom.

Johanna Botha ·

Neewat ons wag nie nog vir die anc nie …ons verwek nou ons eie krag …kom net weg van die spul wat net alles opneuk !

Sarel P ·

Sou wonder waarom NW uitgesluit word by verklaring van rampgebiede. Het dit miskien waar dit wel gereen het kits gras, diere aanwas en graan en geld ook gereen?

Strandloper ·

Laat my dink aan n seemeeu…soms irritating maar deel van die natuur…

John ·

Dit klink of Gordhan ook die pad sal moet vat. Die vraag is net, wie gaan nou die poste vul. Gaan die unies besluit want Eskom volg reeds hul opdrag om nie Eskom te privatiseer nie. Wie se spaarvarkie gaan gerob word? Miskien moet die unies-grootbek uithaal en wys as hulle alles wil beheer. Die rooi ligte het destyds al geflits toe die Oosterse Eskom-baas meer belang gehad het by die verkoop van plastieksakkies en Eskom gloeilampies soos taai toffies uitgedeel het…

Annatjie ·

As deure geopen gaan word vir álle kragvoorsieners… waarom beoog Nersa wetgewing om álle gebruikers van sonpanele en/of kragopwekkers te verplig om dit te registreer én lisensie fooie daarop te betaal?!
Word verbruikers gepenaliseer om onafhanklik van die krag netwerk te wees??
Verbruikers behoort beloon te word!!
Maar gesonde verstand en redenasie vermoëns is duidelik afwesig by sommiges…

DaandieHaan ·

Deals and more deals that will only lead to more corruption.

Stof ·

Elders raakgelees by ‘n kommentaar oor ‘n soortgelyke saak:
“Politici, sowel as babadoeke, moet beide gereeld
verwissel word, om dieselfde rede…”

Christo ·

Ek wonder hoeveel T-shirts en KFC daar weer uitgedeel is……..dis al hoekom die mense die byeenkomste bywoon….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.