Die ANC sal die stadion gebruik vir sy jaarlikse vieringe wat op 8 Januarie plaasvind.
Garreth Bloor, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir toerisme, spesiale gebeure en ekonomiese ontwikkeling, het aan die koerant gesê die ANC het die volle bedrag betaal vir die huur van die stadion. Volgens Bloor het hulle daarop aangedring dat die ANC die volle bedrag vooruit betaal en is daar nie met die party onderhandel vir afslag nie weens die regerende party se slegte kredietrekord met die stad.
Die ANC skuld die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum steeds R1,5 miljoen nadat hulle die sentrum in Februarie 2011 gehuur het, volgens die koerant.
Volgens bronne het die ANC se partyleiers met Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, probeer onderhandel om afslag te kry maar sonder sukses.
Mcebisi Skwatsha, voormalige voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap, was glo deel van die afvaardiging wat met De Lille onderhandel het. Hy het egter die onderhandelinge ontken. “Ek weet nie daarvan nie,” het hy laggend gesê.
Presies, so leer hul die kinders om op skuld te lewe en nie te betaal nie.. Hoe kry enige Anc lid dit reg om in die publiek te verskyn. Verskriklik !!!
Die 2.2 mijoen kom inelk geval uit die staats koffers
Is die geld al oorbetaal of moet dit nog betaal word?