ANC se verkiesingsveldtog by Kaapstadse Jazzfees

cape_town_jazz_fest-2014ANC-hoës sal na verwagting hul verkiesingshoede opsit tydens die Kaapstadse jazzfees wat hierdie naweek plaasvind.

Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, het Saterdag gesê dit is ʼn “toeval” dat die party se nasionale uitvoerende komitee juis in die Moederstad vergader terwyl dié vermaaklikheidsgebeurtenis plaasvind.

“Ons het kontak met alle sektore van die samelewing, insluitend musikante en kunstenaars. Die toeval is wonderlik vir die ANC,” het hy gesê.

Kaartjies na die jazzfees is uitverkoop nog lank voordat die konserte begin het. ʼn Naweekkaartjie kos R795 per persoon en ʼn dagkaartjie kos R490 per persoon. Maatskappye borg gereeld hul kliënte en spesiale gaste soos politici met kaartjies. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Slim Jan ·

Zille moet wakker word die ANC kan niks eerliks doen nie hule het baie by Zimbabwe geleer het seker reeds duisende of meer swartes ingevoer in die Weskaap om die Provonsie te verower in die verkiesing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.