ANC se verwoestingspoor duidelik in dié Vrystaatse dorpe

Die verval van die Mantsopa- plaaslike munisipaliteit. (Foto: Verskaf)

“Dit is ontmoedigend om die miljoene rande en talle herinneringe te aanskou wat nou in puin lê.”

Só sê ʼn DA-raadslid van die Mantsopa- plaaslike munisipaliteit oor die absolute verval van Hobhouse, Excelsior, Tweespruit en Ladybrand ná ʼn onlangse oorsigbesoek aan dié vier Vrystaatse dorpe.

“Nie net het die Mantsopa- plaaslike munisipaliteit die afgelope vyf tot tien jaar paaie, stortingsterreine, riool- en wateraanlegte verwaarloos nie, maar ook geboue en openbare geriewe,” sê Tania Halse ná haar besoek.

Die DA wil nou ʼn brief aan die ouditeur-generaal stuur om te verseker dat alle munisipale geboue van die Mantsopa-munisipaliteit gedurende die volgende ouditsiklus in ooreenstemming met AERP-nakoming en munisipale wette ondersoek word.

Van wat eens ʼn saal in Hobhouse was, is daar nou omtrent niks oor nie, vertel Halse wat tydens haar besoek aan die saal net ʼn oop stuk veld en ʼn fondasie aangetref het. “ʼn Herinnering dat daar eens ʼn bate hier was wat ʼn inkomste vir die munisipaliteit kon voortbring en deur die gemeenskap geniet kon word,” sê sy.

ʼn Ablusieblok, eens deel van ʼn woonwapark nie ver daarvandaan nie, word intussen stuk vir stuk weggedra.

In Excelsior loop die gemeenskapsaal en kleedkamers by die plaaslike stadion ook deur onder vandale en in Tweespruit is daar nie veel oor van die Daan Neethling-saal en Borwa-gemeenskapsentrum nie.

Halse is egter veral bekommerd oor die vervalle munisipale woonstelle in Ladybrand en Tweespruit aangesien die woonstelle lewensgevaarlik vir huurders is. Tog verwag die munisipaliteit van inwoners om te betaal.

“Verlore is die inkomste vir hierdie munisipaliteit, maar selfs langer verlore is die geleenthede vir inwoners om deel te neem aan kulturele, sport, akademiese en sosiale geleenthede in ʼn veilige omgewing.”

Halse pak die skuld op die regerende party.

“Die ANC se sistemiese kultuur om af te breek, eerder as om op te bou, het ʼn negatiewe uitwerking op die inwoners en finansiële vermoë om nuwe geboue in stand te hou en te bou.”

Die verval van die Mantsopa- plaaslike munisipaliteit. (Foto: Verskaf)

Die verval van die Mantsopa- plaaslike munisipaliteit. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

domheks ·

Glad nie verbaas nie! As cANCer aan iets raak verander dit in BOLLIE! Sies…..

Lillian ·

Hoekom verbaas dit enigiemand? Ons het in mos in 27 jaar gesien hoe ons pragtige land in ‘n ashoop verander het onder beheer van die anc

Johan ·

Alles kon verhoed gewees het, as dit nie vir de klerk en sy bende se veraad was nie. Laat ons hulle so onthou, ja.

Harley Davidson ·

Sou die ANC volgende jaar die verkiesing wen of ‘n klein meerderheid behaal sal Suid-Afrika totaal vernietig word ek hoop die kiesers stel meer in die land se toekoms belang as die skuldgevoel om ANC te stem.

GWS ·

My hart bloei as ek hierdie goed lees. Ek het juis uit Brits uitgetrek as gevolg van die dorp se verval. So hartseer!

Kokerboom ·

Dis NOU tyd dat ons vir ALTYD ontslae raak van die verwoestende ANC sprinkaanplaag . Die leiers wat verwoesting toegelaat het moet gehok word en ANC vir reparasie aanspreeklik gehou word . Ons MOET ons dorpe terugvat en aaklige munisipale name verwyder word!!

MakersMark ·

Wat hul ookal aanraak verander in perdemis. Onmiddelik. Die res word gestroop.

Perdeby ·

Kom julle dit nou is agter? ………………… Ag nee man dis al vir die afgelope 25 jaar al so.

Magda G ·

Die ANC kan net vreet, optogte en byeenkomste wasr kos volop is. Verder as dit kan hulle nie dink ni
Raak ontslae van hulle.

Meinung ·

ANC-mense is goed geprogrammeer om net af te breek. Vooruitgang is om die bus wat jy gister afgebrand het môre te gebruik om iewers heen te ry. En dan het hulle nou planne om Vrystaatse paaie in ses maande te herstel. Foeitog. Oulike grappie. Hoop ek is verkeerd.

Frikkels ·

Hiier by ons op Stella in Noordwes gaan dit ook so, hulle het die Japie kotze saal op die beesfeesterrein so geplunder dat daaar net mure oor is van wat die gemeenskap en die boere met jare se swoeg en sweet opgebou het. Die plek kan glad niie meer gebruik word nie en niemand word daarvoor aansspreeklik gehou nie!

Marshall ·

So what did you expect when control of this country was handed over to the current majority. Go look at the rest of Sub-Saharan Africa. This country is about to implode.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.