ANC se Wes-Kaap-sekretaris skuldig

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC in die Wes-Kaap het Woensdag gesê hy het Faiez Jacobs, sy provinsiale sekretaris, skuldig bevind aan aanranding.

Dit kom nadat Jacobs ʼn voormalige partywerknemer, Wesley Seale, by die party se provinsiale kantoor in Kaapstad aangerand het. Jacobs is vir 18 maande geskors. Die skorsing is egter vir drie jaar opgeskort.

Susan Shabangu, waarnemende voorsitter van die nasionale dissiplinêre komitee (NDK), het in ʼn 17-bladsy lange verklaring gesê die ANC is ʼn vrywillige politieke organisasie en “persone wat by die organisasie aansluit doen dit met die verwagting dat hul fisieke veiligheid gerespekteer en beskerm sal word”. Sy het gesê die aanranding van ʼn ander lid is ʼn baie ernstige oortreding.

“Boonop word aanranding binne die werkplek in ʼn ernstige lig gesien omdat dit die harmonie in die werkplek in die wiele ry,” het Shabangu gesê.

Sy het gesê die NDK het dit in ag geneem dat Jacobs berou het oor sy gedrag en daarvan wil afsien. Met dít in gedagte is daar besluit teen uitsetting uit die party of ʼn onbepaalde skorsing.

“Daar is daarom besluit dat die skorsing van 18 maande vir ʼn tydperk van drie jaar opgeskort word. Indien Jacobs skuldig bevind word aan enige wangedrag soos uiteengesit in die ANC- handves binne die volgende drie jaar, sal die sanksie van 18 maande in werking tree en sal Jacobs sy posisie as provinsiale sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap moet ontruim.”

Die NDK het die provinsiale uitvoerende komitee aangeraai om die hulp van godsdiensgroepe en kenners in te roep om die eenheid en bestuur in die organisasie te versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel Strydom ·

Net ‘n rookskerm omdat hulle geen ander keuse gehad het nie. Die ANC is nie rnstig teen geweld nie, word gereeld gebruik. Kyk na geweld tydens stakings en haar uitspraak. woorde maar nie dade nie.

Nico K ·

Hy het eintlik niks oorgekom nie. Sy hele vonnis is opgeskort. Ek weet nie hoe ernstig dit regtig was nie maar behoort hy nie eintlik ook krimineel aangekla te word nie.

charmaine ·

Na die week se JZ debakel en dat daar net reels en wette is vir sekere mense kan ons almal maar mal gaan. Dis die voorbeeld wat nou gestel is.

jaco ·

Jacobs is n kleurling, wat volgens die ANC se affirmative action wette “not black enough” is. As hy swart was, sou hy nie skuldig bevind gewees het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.