ANC se Yolanda Botha sterf

Yolanda Botha saam met haar medebeskuldigdes in die hof Foto: City Press

Yolanda Botha saam met haar medebeskuldigdes in die hof Foto: City Press

Yolanda Botha, die Noord-Kaapse ANC-lid wat beskuldig is van bedrog en korrupsie, is oorlede.

Botha, wat ook in die parlement se portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling gedien het, is Sondag in die Gariep Mediclinic in Kimberley oorlede nadat sy met ʼn velkanker gediagnoseer is wat na haar brein versprei het.

Botha het saam met Trifecta-direkteur Christo Scholtz en senior ANC-lede John Block en Alvin Botes tereg gestaan op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery wat verband hou met die verhuring van staatsdepartemente se geboue.

Die Nasionale Vervolgingsgesag voer aan die Trifecta-groep het ʼn aantal ooreenkomste met staatsdepartemente in die Noord-Kaap aangegaan waar ʼn verhoogde koste vir verhurings of huurspasie gevra is. Al die beskuldigdes het onskuldig gepleit op alle aanklagte teen hulle of hul maatskappye.

Die Noord-Kaapse hooggeregshof het in November ʼn tweede mening versoek oor Botha se gesondheid nadat haar dokter, Theodorus Smallburger, aan die hof gesê het sy is terminaal siek, het die SAUK in daardie stadium berig. Die hof het gehoor sy het velkanker en Smallburger het getuig sy het gewasse in haar brein opgedoen wat haar langtermyngeheue kan beïnvloed. Hy het gewaarsku dat pasiënte met hierdie toestand nie lank leef nie. Die saak is uitgestel na 9 Februarie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henk ·

Ja,uiteindelik seevier geregtigheid,jammer dit neem net so lank met sommiges! Sela!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.